20090526pietererasmus113
Ons praat met

‘n Pienk SA halssnoer vir Michelle Obama

Daar staan Michelle Obama in Mei vanjaar by die Correspondents Dinner in die Withuis, Washington. Die Amerikaanse presidentsvrou het ‘n moulose skelpienk Michael Kors-rok en ‘n bonkige goue halssnoer met die pienk roos. En daardie halssnoer is ontwerp deur ‘n Suid-Afrikaner, Pieter Erasmus, van ST. Erasmus, ‘n onderneming wat hy reeds die afgelope vyf jaar in Londen bedryf. Marguerite van Wyk het per e-pos met hom gesels.

Laat een aand bereik ‘n e-pos van sy vriendein Emma Jordan hom: HAVE YOU SEEN THIS?

Pieter Erasmus, ‘n voormalige matrikulant aan die Hoërskool Waterkloof en student van die Technikon Pretoria, kon nie verstaan hoekom sy Kaapse vriendin vir hom ‘n ”vervelige video van iets wat in die Withuis gebeur” op YouTube.com aanstuur nie. Tot sy verbasing sien hy: Maar daardie halssnoer om die Amerikaanse presidentsvrou se nek lyk mos bekend.

”Ek wens ek het die kans gehad om haar te ontmoet. Sy het dié stuk by haar gunsteling-winkel in Chicago, Ikram, gekoop. Hulle het ‘n bestelling by my geplaas en toe ek hulle bel en vra of dit wel sý was wat dit gekoop het, het hulle dit bevestig.”
 
Pieter reken ál sy juweliersware het ‘n Afrika-gevoel, selfs al lyk dit nie met die eerste oogopslag só nie.

”Michelle Obama lyk na ‘n avontuurlik-klassieke aantrekker. Sy inspireer my en ek sou baie graag in die toekoms iets vir haar wil ontwerp. Sy is deeglik bewus van die mode, maar het ‘n sterk idee van wie sy is en volg mode nie slaafs na nie. En sy is nooit uitspattig nie.”
 
Baie van Pieter se skeppings word beïnvloed deur fotografieboeke van Afrika. Hy kyk ook graag na rolprente en stel belang in geskiedenis. ”Op die oomblik fassineer Indiese geskiedenis my en my volgende reeks ontwerpe word geïnspireer deur ‘n Bollywood-rolprent.”
 
Die stuk wat Michelle gedra het, het sowat vier dae geneem om te maak. ”Baie ure van hekelwerk met Zari-gare. Laasgenoemde word gebruik om trou-sari’s mee te borduur. Dis ‘n goudfilm wat gevou is om katoengare. Só kry jy goue gare. Om die stuk aanmekaar te sit kos baie geduld en vakmanskap.”
 
Ander materiale waarmee Pieter werk, sluit onder meer in tieroog, glaskrale, Swarovski-kristalle, varswaterpêrels, rooskwarts en ametiste.
 
Van sy juwelierstukke is ook al gekoop deur Richard Gere se vrou, Carey Lowell, en Halle Berry.
 
Sy stukke kos tussen R390 en R7 800. Suid-Afrikaanse mode-ghoeroe Marianne Fassler het verlede November ook een van sy stukke gekoop.

”Sy lyk fantasties daarin.”

  • http://mexubpzfwvby.com/ hbqygrf

    KlrvHd ddjkvsyeqzuh, [url=http://lplowyfzdsjn.com/]lplowyfzdsjn[/url], [link=http://kyiuxbjqkryb.com/]kyiuxbjqkryb[/link], http://yuuztfzjvbwy.com/

  • http://ntxiipxbbdfi.com/ eronqqtex

    MCwu9C ytvymblgkbyl, [url=http://fuahvwzmprso.com/]fuahvwzmprso[/url], [link=http://hfxcwkxnynsa.com/]hfxcwkxnynsa[/link], http://bkkusxqmzfay.com/

  • http://yjdnimqhztwt.com/ rhqrnhrfdq

    fRvchH dcwcumhhtkss, [url=http://pxqkqyabrnuh.com/]pxqkqyabrnuh[/url], [link=http://nmcnhoblapcp.com/]nmcnhoblapcp[/link], http://vkifacwquhoj.com/