FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Ons praat met

Só het Nadia Beukes gewig verloor

Aktrise en sangeres Nadia Beukes glo nog altyd as jy groter klere moet begin koop, is jy op die verkeerde pad wat jou gewig betref. Dis waarom sy ’n plan gemaak het toe haar klere al hoe stywer begin span het. Sy vertel aan SARIE.com hoe sy gewig verloor het.

Vandag, byna ’n jaar nadat sy besluit het genoeg is genoeg, is Nadia, wat in Pretville gespeel het en ’n beoordelaar was op kykNET se Jy is my liefling, sowat ses kilogram ligter.

“Vir my lengte en my liggaamsmassa-indeks handhaaf ek nóú ’n gesonde gewig,” vertel sy.

Nadia het begin gewig aansit nadat sy deur ’n emosionele tyd in haar lewe gegaan het. Sy vertel dat sy depressief begin voel het en dan opgehou het om te eet. Sodra sy weer beter gevoel het, het sy meer geëet. Daarom kon sy nie ’n konstante gewig handhaaf nie.

Vandag is dié neerdrukkende emosies onder beheer en sy volg ’n gesonder leefstyl.

“Ek voel trots, gemakliker in my klere en het meer selfvertroue. Dis lekker om klere te kan dra wat vroeër nie my figuur sou vlei nie,” sê Nadia.

FOTO: Twitter

Nadia (regs) sê vandat sy gewig verloor het, voel sy beter oor haarself. FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Nadia het ‘n jaar gelede besluit om gesonder te leef. FOTO: Twitter

Vir Nadia, wat nie vreeslik oorgewig was nie, was die probleem eerder dat haar leefstyl nie baie gesond was nie. “Ek het beter na myself begin kyk,” sê sy.

Haar geheim? ’n Glas louwarm water voordat sy in die oggend die huis verlaat, een proteïenskommel as ’n maaltyd en spesiale tee van Herbex. Selfs as sy reis, pak sy dit in. Dan weet sy dat sy darem een maaltyd reg eet. Nie dat sy vreeslik bekommerd is oor wát sy eet nie …

“Ek eet waarvoor ek lus is. Ek is mal oor smoothies en roomys,” verklap sy.

Uiteindelik gaan dit vir Nadia oor hoe sy vandag voel. “Dis meer as net jou gewig – jy moet goed voel oor wie jy is en hoe jy lyk.” En deesdae voel sy fantasties!

Nadia Beukes en Lindi Delport van die sangduo, Anders. FOTO: Gloria Cilliers

Nadia Beukes en Lindi Delport van die sangduo Anders.
FOTO: Gloria Cilliers

Hoe doen Nadia dit?

  • Drink elke oggend ’n glas louwarm water.
  • Maak ’n proteïen-melkskommel vir ontbyt – gebruik melk as jy baie honger is, anders sommer water.
  • Eet rondom elfuur ’n peuselhappie soos neute of ’n vrug.
  • Dan kan ‘n jy bietjie later middagete eet.
  • Eet ‘n lekker, gebalanseerde aandete.
  • Drink deur die loop van die dag en in die aand ’n verfrissende tee van Herbex.
  • Bly aktief en probeer 1 tot 2 keer ’n week by die gimnasium uitkom.
  • Gaan slaap vroeg en staan vroeër op.