Ons praat met

Nadia Valvekens: Watter voorbladfoto verkies jy?

Om ‘n voorblad über-perfek te kry, is élke keer ‘n stryd en ‘n proses wat baie nabetragting vra. Dan word verskillende opsies in verskillende kleurskakerings in rye teen die muur geplak en die hele redaksie en wyer genooi om te kom kyk en kies. Soms spring DIÉ voorblad eenvoudig tussen die ander uit en ander kere stem elkeen vir iets anders.

Nou is dit julle beurt om jul stem te laat tel. Regs is die amperse voorbladfoto vir die Junie-uitgawe. 

En onder is die uiteindelike keuse. Op die een wat ons toe wel gekies het, is Nadia sagter in grys, effens warmer en meer toeganklik. Daar is ons ook mal oor haar deurmekaar hare!

Nadia Valvekens - Junie voorblad

Watter een sou jy op die voorblad wou sien? Stem hieronder

Lewer gerus ook kommentaar in die kommentaarboks hieronder

 

* Kyk ook hier vir Fanie Cronjé, styl- en sosiale redakteur, se wenke oor hoe jy Nadia se veelsydige haarstyl kan regkry.

* Kuier agter die skerms by die voorbladsessie met Nadia.

  • ISABEL BEZUIDENHOUT

    FOTO NR 2!!

  • izette smit

    definitief die een met grys

  • Karen

    Jinne sy is pragtig! Meg Ryan kan maar gaan slaap, hier kom ons Nadia!

  • Uitstekende keuse!

  • Wilma

    Ek hou nie van die krullerige effek nie, hoe meer reguit hare is hoe mooier lyk die persoon vir my.

  • Helmien

    Die reguit haartjies is stunning en natuurlik

  • Teresa Tamine

    Sy lyk effens ondeund en goed versorgd!

  • Elsabé Venter

    Julle het reg gekies

  • Charleinne Fryer

    Ek verkies beslis die een wat jul nie gekies het nie. Haar glimlag lyk half aangeplak by die grystrui foto. Steeds is sy ‘n pragtige vrou!

  • Cheryl Montgomery

    Ek dink die foto wat gekies is, is defnitief die beter keuse. Sy lyk net mooier,sagter en sprankelend, en die ander foto is vir my ‘n bietjie "hard".

  • Henriëtte de Villiers

    Ek verkies beslis die 2de foto, mal oor die deurmekaar hare en seksie foto!

  • Definatief die deurmekaar-haarstyl foto…sy lyk dromerig en sensueel in hierdie foto.

  • Mariet Rabie

    Ek verkies die eerste foto.

  • Pamela

    Ek is meer die casual persoon, dus is die foto vir my meer aantreklikker

  • Hyla Olivier

    Ek dink julle keuse is 100 %. Nadia is so ‘n mooi mens, die keuse was moeilik, maar sy lyk definitief sagter en verruklik op julle keuse.

  • Michelle van Heerden

    Die "deurmekaar" styl pas haar uitstekend ek is mal daaroor!

  • Burnadette

    Albei foto’s is pragtig, maar ek verkies foto 1.

  • Louise Gerber

    Ek dink sy lyk pragtig in enige uitrusting of met enige haarstyl.
    Dankie vir ‘n puik tydskrif!

  • Rene Kleinhentz

    Hierdie is ‘n baie meer gemaklike, vriendelike foto – ek is mal oor haar lekker los haarstyl !!

  • In die foto waar Nadia die grys trui het, straal sy warmte uit. By die ander foto is haar gesig te strak. Haar deurmekaar hare verteenwoordige ‘n aardse speelsheid wat aanklank by die leser vind.

    Haar liggaam verdwyn binne-in die swart kledingstuk, dus kan ons net haar gesig waarneem. Vroue verkies voorblaaie van ander vrouens wat toeganklik en nie-bedreigend voorkom.

    Sarie, is soos ‘n vriendin vir elke vrou. In die foto met die grys trui, word Nadia soos ‘n vriendin voorgestel. Hierdie voorblad en die notaboekie het my oortuig om die tydskrif hierdie maand te koop!

    Ek is mal oor Sarie se voorblaaie. Die skoon ontwerp en die gebruik van kleur in die straplines.

  • Gizelle vd Westhuizen

    sjoe enige styl pas haar so goed maar die krullebos verkies ek. Lyk lyk BAIE na Sharon Stone op altwee fotos.

  • Sanmari

    Die tweede foto is pragtig! Dis defnitief meer toegankliker. Weereens ‘n uitstekende keuse, soos ons net van julle kan verwag! Baie dankie!

  • Taschja

    Fanie het wonderlike smaak en was in die kol met die grys nommertjie en die sagte deurmekaar hare.

  • ycVWcG cvbmpipnuwko, [url=http://ixaiobkkskwz.com/]ixaiobkkskwz[/url], [link=http://oolcfafcuojl.com/]oolcfafcuojl[/link], http://xoszofowvrpe.com/

  • Marika

    Foto 2 is definitief die beste. Hoewel ek baie van die haarstyl en grimering in foto 1 hou, is die "bulte" wat die klere maak nie vleiend nie. Die naby skoot van foto 2 konsentreer ook meer op die gesig en haarstyl… en hoe mooi is sy nie!

  • Mads

    Ek hou van foto 2, maar wonder of foto 1 met ‘n ANDER KLEUR AGTERGROND nie mooier sou gewees het nie? Die helder blou werk nie met haar donker rok nie, ek dink ‘n sagter herfs rooi/oranje sou baie beter gelyk het!
    Altwee haar haarstyle lyk vir my pragtig en pas by haar verskeie uitrustings – maar ek verkeis die sexy en meer volwasse look.
    Maak nie saak nie, sy’s pragtig.

  • Helene

    Beslis die krullebol haarstyl fot! Sy lyk speels en sensueel in hierdie foto. Mooi gekies Sarie!

  • Marieka Swart

    Foto 2 definitief. Sy lyk op ‘n druppel na Sharon Stone. Nadia kan maar ‘n goiingsak ook dra, sy bly pragtig.

  • Helene

    Die foto met die krullebol want daarop lyk dy speels en sensueel gelyktydig! 100% reg gekies Sarie!

  • Heloise

    Die 2e Foto!!PRAGTIG

  • Clivé

    Julle het reg gekies. Sy lyk jonger, speels, informeel. Ek hou van die vorentoe blik meer as die skuins. Die kontraste in kleur is te groot in die eerste foto. Tweede een is sag. En ja die krulle is oulik!

  • Stephanie

    Ek stem ook vir die foto wat wel gekies is…
    Dit is bietjie ‘n ander sy van haar

  • hallo! ja nee jong nommer twee is die wenner – kom ons gee ons gehoor ‘n R50 randtjies daar! sjoe sy is baie mooi!