sr0901nadine_9_
Ons praat met

Nádine

Nádine het Saterdagaand haar 27ste verjaardag saam met vriende en familie in ‘n restaurant in Sandton gevier. Die tema was goud en sy het onder meer rose laat goud spuitverf vir die geleentheid. Charis Labuschagne het met haar gesels

Hoekom het jy besluit om die tema goud te maak?
Dit voel of hierdie jaar vir my ‘n goue jaar gaan wees. Goud is ook ‘n suiwer metaal en dis hoe ek hierdie jaar wil leef – met eerlikheid.

Hoe voel 27?
Baie erg. Eintlik traumaties! Ek is nie meer tussen 20 en 25 nie. Ek is nou tussen 26 en 30. Ek voel vreemd, asof ek nou begin oud word. Ek dink ek sal my ouderdom oor so ‘n paar dae aanvaar.

Wat beplan jy vir jou loopbaan hierdie jaar?
Ek wil veral konsentreer op die bemarking van my nuwe album, This time I know. Ek is oorweldig deur die reaksie wat die album kry. Dis die eerste keer in my loopbaan dat ek my musiek op so baie radiostasies hoor: 94.7 Highveld Stereo, Jacaranda 94.2, KFM, Algoa FM. RSG… Die produksie van die album is in Europa gedoen en ek besef watter verskil goeie produksie maak. Ek sal ook graag my album in Europa wil uitreik.

Wat beplan jy in jou persoonlike lewe?
Dis die deel van my lewe waaraan ek nie te hard beplan nie. Ek wil baie tyd aan my verhouding bestee. Ek het nog nooit voorheen tyd gekry vir liefde nie. Dit is ‘n baie spesiale deel van my lewe en ek wil dit koester.  

 

*Besoek Nádine se webtuiste by www.nadinenadine.co.za
Vir besprekings bel Carine Crystil by 082 893 7836 of e-pos: eamworld@wol.co.za