Screen Shot 2015-07-21 at 8.36.31 AM
Ons praat met

Nataniël en Suzelle gesels oor die advertensie, mekaar en lag totdat die trane loop

’n Nuwe Checkers-advertensie met Nataniël en Suzelle, die skreeusnaakse selfdoen-vlogger, is bekend gestel. Ons het met dié twee gesels om uit te vind wat hulle van mekaar dink en volgens Suzelle is hulle nou beste vriende. Ons wonder wat sê Marianne daarvan?

Nataniël

Screen Shot 2015-07-20 at 3.16.03 PM

SARIE: Het jy dit geniet om saam met Suzelle te werk?

Nataniël: Baie, sy is vreeslik snaaks, maar ook doelgerig. Dit was ’n ongelooflike lang shoot, van 7-uur die aand tot 7-uur die oggend, en sy was die hele tyd vol energie en gereed om te werk. Ek het verskriklik gelag (en ek lag nooit kliphard nie).

Wat was jou eerste indruk van haar?

Ek het haar eers glad nie herken nie. Sy is modern en funky, met lang hare wat oor haar skouers hang, en saggeaard. Sy is heeltemal anders as haar karakter. Baie gemaklik en baie professioneel.

Is sy regtig soos sy in die video’s is?

Glad nie. Sy lyk eerstens heeltemal anders, sy is bloedjonk en baie mooi. En sy is baie bedagsaam en nie skaam nie, maar stil. Sy ken ook haar plek op die stel en hoe dit werk. Sy verskyn in baie ander bekende advertensies en is heeltemal onherkenbaar.

Watter een van Suzelle se DIY-video’s is jou gunsteling?

Ek dink die een met die boor en appels, maar hulle is almal snaaks.

Wat was vir jou die hoogtepunt om saam met Suzelle te werk?

Die feit dat sy geen ego of nonsens het soos baie kunstenaars nie. Sy is ook seker van haarself, ’n uitstekende aktrise, sy kan binne ’n sekonde haar hele houding, stem en gesig verander. Dis baie snaaks en indrukwekkend.

Waarna kan kykers die meeste uitsien in die nuwe advertensie?

Dis vars en vinnig en snaaks en het trefkrag en jy weet presies wat geadverteer word. ’n Mens sien dikwels baie mooi of indrukwekkende advertensies en kan dan glad nie onthou wat die produk is nie. Dit is dan heeltemal sonder doel.

Het daar iets snaaks agter die skerms gebeur wat ons vir die kykers kan vertel?

Wanneer ons die geskrewe lyne klaar verfilm het, het hulle ons kans gegee om te doen wat ons wil. Dit was baie snaaks, maar hulle kan niks daarvan gebruik nie want ek het gelê soos ek lag. Suzelle verloor NOOIT haar pose nie. Al gebeur wat, sy sal nie ’n spiertjie roer nie.

(Suzelle het in karakter geantwoord, dus het ons dit in Engels gehou.)

Suzelle

Screen Shot 2015-07-21 at 8.03.27 AM

SARIE: Het jy ooit verwag dat Suzelle DIY só suksesvol sou wees?

Suzelle: Not in a million years! I can’t believe it.

Hoe het jy met die Suzelle DIY-konsep vorendag gekom? 

I really just wanted to find a way to share my creativity and make new friends. My neighbour Hennie showed me how YouTube works and that’s when I started making little DIY videos. I already had a flip file full of ideas and tricks so it was perfect.

Wat was jou eerste indruk van Nataniël? 

I was a bit scared at first as he is such a big celebrity! But once we started shooting, I realised he was really relaxed and funny! By the end we were basically best friends.

Wat was vir jou die hoogtepunt toe julle die advertensie vir Checkers geskiet het?

I loved being in the supermarket at night! It was so much fun, it reminded me of staying up all night on New Year’s Eve. I also loved meeting Nataniël and the rest of the crew.

Was dit lekker om saam met Nataniël te werk? 

It was so much fun! We laughed a lot.

Was dit baie moeilik om nie te lag terwyl julle geskiet het nie? 

It was so hard! I kept on forgetting my lines because Nataniël was making such funny jokes. The director had to say cut a few times because we were laughing too much.

Het daar iets snaaks agter die skerms gebeur terwyl julle die advertensie geskiet het? 

So many funny things happened! Nataniël made a lot of jokes about boerewors and cheeses. It was such a wonderful experience.

Waarna kan jou aanhangers nog uitsien? 

We are making a lot more fun and exciting DIY videos this year so keep watching! I am also bringing out a DIY book in October!

Screen Shot 2015-07-21 at 8.04.04 AM

Lees ook