FOTO: Grant Smithers

FOTO: Grant Smithers

Ons praat met

Nataniël se kleinsus, Madri, oor 2 soorte Ma-wees …

Twee kleingoed – een met sorg uitgekies, die ander met sorg in die lewe gebring. Nataniël se suster vertel hoe hul dogtertjies haar en haar nuwe man, die jazz-musikant Ike Moriz, se lewe verander het …

’n Ma bly ’n ma

Eers was daar ’n baba: Kateline, die Kongolese aanneemdogtertjie wat almal se hart gesteel het: dié
 van ma Madri, pa Aleit Swanepoel en Nataniël. Maar daar was ook ’n egskeiding – en vir Madri weer ’n bruilof. Nou het Sofia Marie, ’n nuwe dogtertjie en sussie vir Kateline, haar opwagting gemaak in Madri en haar nuwe man, Ike Moriz, se lewe.

[...]

Tydens die wagtydperk voor
haar twee kinders se geboorte
was Madri emosioneel,
opgewonde en senuweeagtig.
“In die geval van Kateline
dalk nog meer senuweeagtig,
ingeval haar biologiese familie
dalk sou besluit om haar terug te neem voor die aanneming gefinaliseer is. Met Sofia Marie was ek weer senuweeagtig oor die geboorteproses. My liggaam het met die aanneming én met die geboorte oksitosien [goedvoel-hormoon] afgeskei, ek het dadelik met albei ’n baie sterk moederlike band gevoel.”

Ná die geboorte was alles makliker, sê sy. “In albei gevalle is dit ’n nuwe klein mensie wat jy nog nie ken nie, maar as jy daardie baba in jou arms hou en vir die eerste keer in haar oë kyk, weet jy jy is haar ma, biologies of nie …

[...]

Ike lewer ook sy bydrae: “Ons is ’n gesin. Elkeen speel ’n belangrike rol. Die dogters bring soveel vreugde en liefde in ons lewe en dis ’n voorreg om hul ouers te wees. Elke dag leer hulle ons iets nuuts oor hulself, oor ons, oor die lewe. Die belangrikste ding is dat ons mekaar het. Ek glo ons is almal bedoel om saam te wees.”

LEES DIE VOLLEDIGE ONDERHOUD IN DIE SEPTEMBER-UITGAWE VAN SARIE – nou op die rakke!