sr1012cover2rz
Ons praat met

Natasha Sutherland se pad na vergifnis – sy maak hart oop

Ek het dié V-woord-aanwysings gevind op my pad na vergifnis:

Vrees en swakheid
Mense is bang om te vergewe, want hulle neem aan dit brandmerk hulle as swak en beteken dat hulle kwetsende gedrag verskoon. Nog voor ons selfs die voor- en nadele oorweeg, begrawe ons vergifnis op die ashoop.
Braam Beetge (Gautengse sielkundige en trauma-berader) sê vergifnis is ’n teken van ’n innerlike pad na beheer oor jou lewe en dat jy nie ’n slagoffer van omstandighede is nie.

Vreeslik seer!
Vergifnis verg dat jy deur jou “pyn” moet werk sodat jy meer oor jouself kan leer. Volgens Braam beteken om nié te vergewe nie dat “. . . jou psige uit balans sal wees en simptome sal ontwikkel wat jou heeltyd gaan herinner aan onafgehandelde sake – soos angstigheid in liefdesverhoudings, depressie en ‘n gebrek aan vertroue in ander mense.” Kortom, nog méér pyn.

Vriend of Vyand?
Die Amerikaanse digter Henry Longfellow het gesê: “As ons die geheime geskiedenis van ons vyande kon lees, sou ons in elkeen se lewe genoeg seer en lyding vind om van al ons vyandigheid te vergeet.”

Ons leef nie in storieboeke waar karakters óf slagoffers óf vyande is nie. Mense het vele dimensies en ons moet gemeenskaplike terreine van menslikheid en empatie vind. Deernis beteken nie jy verskoon swak gedrag nie. Dit help jou wel om op te hou om jou dinge persoonlik aan te trek en só die greep te verswak wat iemand anders se oortredinge op jou het.

Vertroue en Vergeet
Vertroue is voorwaardelik en as dit verbreek word, verg dit werk van albei partye om dit te herstel. Die Engelse prediker Thomas Fuller het gesê: “As ons gebonde is om ‘n vyand te vergewe, is ons nie gebonde om hom te vertrou nie.” Vergifnis en vertroue is nie deel van dieselfde begrip nie. Braam meen om te vergewe beteken groei en transformasie.

“Om nie te vergeet nie beteken jy leer uit jou foute en ontwikkel gesonde grense.”

Vooraansig
Vergifnis gee jou kans om jouself te leer ken. As jy verantwoordelikheid neem (waar jy kan) vir jou aandeel in ‘n negatiewe situasie kan jy jou eie gedragspatrone wat nie konstruktief is nie, begin raaksien. Dis selfbemagtigend om uit die slagoffer-rol te klim.

Vryheid of Vuur?
Hoe kan ons ons drome laat waar word as ons besoedel is met woede en skuldgevoelens? Vergewe jy jouself genoeg om weer jou keuses te vertrou? Die joga-asemhalingstegniek wat kapalabhati genoem word, leer jou om koolsuurgas uit jou longe te kry sodat suurstof ingeneem kan word. Vergifnis het dieselfde effek. As ons wil hê ons drome moet wortel skiet, moet ons ruimte skep deur nie angs, hartseer en wroeging in ons rond te dra nie.

Vergifnis is ‘n verbintenis tot gesond word.Dis jou keuse. Vergifnis het minder te doen met die een wat vergewe word (die persoon wat hierdie dilemma in jou gemoed veroorsaak het) as met die een wat vergewe (jy).

Wil ek vir ewig rondploeter oor my huwelik nie in ‘n happily ever after geëindig het en my lyf en humorsin nie genoeg was vir my eks-man nie? Of wil ek dalk ophou om hom as die boef en myself as die slagoffer te sien en besef ons is eintlik net twee perfekte, onperfekte mense wat deur die lewe probeer kom? Ons het albei in ons huwelik misluk, albei bagasie na die mengsel gebring.

Ek kán ‘n selfregverdigende ondersoek doen oor wie verantwoordelik is vir watter deel van ons mislukking. Maar wat sal dit my baat? Ons het misluk. Ek kan óf verslaan word daardeur, óf my mislukking gebruik en my bes doen om iets goeds daaruit te laat groei. My ondersoek na vergifnis het my aangespoor om ‘n stuk oor “onafgehandelde bagasie” te skryf in die tweede druk van my boek, Bittersoet (Carpe Diem Boeke)*. “Ek besef ek het onafgehandelde bagasie met mnr. Y. As ek iets aan hom kon sê voor ek op ‘n heilige wolk weggevoer word (ambisieus, is ek nie?), sal ek vir hom sê ons het die geleentheid gehad om vir mense te wys ‘n egskeiding hoef nie ‘n gebroke huis vir kinders te beteken nie.

“Ek sou vir hom gesê het ek het hom nooit gehaat nie. Dat hy nooit my vyand was nie. Dat ek nie baie van hom hou nie, maar dat ek hom altyd sal liefhê.
“Ek sou aan hom vertel het dat hy vir my bestem was, dat dit alles saak gemaak het. Dat dit steeds saak maak en dat ek hom liefde en vreugde toewens. En vrede.
“Ek sou die woorde van Rumi, ‘n beroemde Persiese digter uit die dertiende eeu, in sy oor fluister:

Out beyond ideas
Of wrongdoing and rightdoing
There is a field.
I’ll meet you there.”

Wil ek steeds soms die glimlag van sy gesig afvee? Ja! As ek sy CD-plakkate sien, kry ek die begeerte om snaakse snorre daarop te teken? Ja! Wens ek sy rugbyspan verloor? Ja! (Ek ondersteun immers die Sharks.) En dink ek hy wil ook bogenoemde dinge aan my doen? Ja, waarskynlik!
Maar wens ek hom iets leliks toe? Nee.

Haat ek hom? Nee. Ek het hom lief!

Vergifnis is nie ‘n opoffering of ‘n edele daad deur ‘n martelaar nie. Dit maak jou nie swak, pateties, reiner of beter nie. Dit anker jou eerder op ‘n manier wat hierdie egosentriese, mededingende, teenstrydige wêreld nie kan doen nie. En met die ou jaar wat ten einde loop, hoop ek hierdie hoofstuk is, wat my betref, afgesluit.

  • Elmarie Niemand

    Ek hou baie van Natasha Sutherland en dink dat sy reeds soveel mense gehelp het met haar boek en deur dit wat sy steeds doen en se! Het n dames tee ook by gewoon waar sy die spreker was en sy was wonderllik!! Dankie Natasha!!!!

  • LynnGORDON

    A lot of specialists say that home loans help a lot of people to live the way they want, just because they are able to feel free to buy necessary things. Moreover, some banks offer car loan for all people.

  • WalterAdrian

    It’s perfect that people can receive the loans moreover, this opens new possibilities.