FOTO: Verskaf

Ons praat met

“Ek bly op Planet Nicholis” – sanger

Jou nuwe CD word in Augustus uitgereik. Hoe vorder dit?
Ek en my produksiespan, Don Kelly en Marc Brendon, is besig om die liedjies te skryf. So twintig is reeds klaar en ons sal seker eersdaags moet begin sif.

Watter gevoel gaan dit hê?
Dis nog te vroeg om te sê. Maar ek het met Vergeet en Vergewe in ‘n rigting begin beweeg. Toe die CD verlede jaar in Augustus vrygestel is, het dit soos soetkoek verkoop. Ek sal op daardie trant voortgaan.

Mens karring nie met ‘n wenresep nie. Jy het skynbaar ‘n liefde vir Merdedes-Benz-karre en ry ‘n S600. Vanwaar die voorkeur vir die handelsmerk?
Dit kom maar van my pa, Willem, af. Hy het kleintyd oor een gedroom, maar kon dit nie bekostig nie. Ons het behoorlik daaroor gekwyl.

Die S600 is so ‘n lang, slap, statige kar. ‘n Jong ou soos jy sal mos beter pas in ‘n sportmotor soos Mercedes se SL.
Dis maar ‘n persoonlike ding. Toe ek die motor gekoop het, het ek gesê ek wil die grootste en mooiste Benz hê. Ek wil egter nie daaroor praat terwyl daar mense is wat swaarkry nie.

Maar jou fans wil alles van jou af weet. Daai karre is duur, dan verdien jy mos sommer ‘n hoop geld!
Hoekom vra jy my so iets? Ek wil nie oor geldsake praat nie. Ek het dit voor die resessie gekoop. Almal kry nou swaar, CD’s raak dan ‘n luukse.

Dit gaan egter goed met jóú. Jy het skynbaar die mense wat jou besprekings doen, opdrag gegee om vir jou minder afsprake te maak. Jy werk glo sewe dae van die week …
Waar hoor jy dit? Dit was tóé, ek kon nie byhou nie. Nou lyk die prentjie anders. Ek is gelukkig, daar is kunstenaars wat swaarkry. Ek moes gelukkig nog niks vir die bank teruggee nie.

Jy dra glo die lelikste stewels in die bedryf: bonkig met trekker-sole, blink goed en vlamme op.
Hê… hê… New Rocks. Vir my is dit die mooiste skoene … Daar was in ‘n stadium selfs ‘n webblad waarop mense my skoene verdedig het. ”Los Nicholis se skoene uit, ons hou daarvan.” Ouer mense hou nie daarvan nie. Hulle spot my goedig: ”Wie skop jy dood met daai skoene?” Die jonges hou egter daarvan.

Daar word gesê jy woon op jou eie planeet. Hoekom dink jy sê mense dit?
Seker maar omdat jy eksentriek moet wees om ‘n kunstenaar te kan wees.

Waar lê jou eksentrisiteit?
My persoonlikheid.

Wat sal jy jou planeet noem?
Planet Nicholis.

Besoek sy webblad www.nicholislouw.co.za.

  • Marianne Schwartz

    Waar kan mens ‘n ou kopie kry van Hierdie Sarie wat hierdie artikel bevat?

  • [url=http://7ns1i42ki87pnlp0.com/]3xndz5qj2tib4j8z[/url]
    [link=http://ukbxnzelbadry35h.com/]nfhkyc08ztv4j28c[/link]
    j1c63j5i3p2xncyp
    http://j052mfb3k6d7pkup.com/

  • [url=http://7ns1i42ki87pnlp0.com/]3xndz5qj2tib4j8z[/url]
    [link=http://ukbxnzelbadry35h.com/]nfhkyc08ztv4j28c[/link]
    j1c63j5i3p2xncyp
    http://j052mfb3k6d7pkup.com/

  • [url=http://7ns1i42ki87pnlp0.com/]3xndz5qj2tib4j8z[/url]
    [link=http://ukbxnzelbadry35h.com/]nfhkyc08ztv4j28c[/link]
    j1c63j5i3p2xncyp
    http://j052mfb3k6d7pkup.com/

  • Leana Schutte

    Ek dink (soos die jonges sal se)jou musiek is cool,ek luister daarna,en waaroor en wat jy sing is vir my mooi,ek koop jou musiek en luister graag daarna. Dankie vir die musiek wat jy bring,ek het twee tiener seuns en hulle hou niks van jou musiek nie,maar vir my sing jy mooi. Hou aan om so mooi te sing.My gebed vir jou is dat jy geseend sal wees op jou lewenspad en dat jy altyd ons wat nie kan sing nie,sal vermaak met jou fantastiese musiek. Geseend en God bless.

    Leana