Louw Venter en Nico Panagio in die fliek Konfetti
FOTO: verskaf

Louw Venter en Nico Panagio in die fliek Konfetti FOTO: verskaf

Ons praat met

Nico Panagio en Louw Venter speel weer saam in fliek – hoe goed ken hulle mekaar?

In die nuwe fliek Konfetti speel Nico Panagio en Louw Venter beste vriende. Hulle het ook goeie vriende in Semi-soet gespeel. Maar hoe goed ken dié twee akteurs mekaar werklik? SARIE.com het gaan uitvind …

Hoe goed ken Nico vir Louw?

Wat is die eerste ding wat Louw doen as hy in die oggend opstaan?

Nico antwoord: Hy kyk met bewondering in die spieël en sê oor en oor vir homself hoe mooi hy is … hoe ongelooflik en onvermydelik mooi hy is.

Verkeerd!

Louw sê: “Ek eet altyd voor ek enigiets anders doen. Eet en bad.”

Wat is sy grootste prioriteit in die lewe?

Nico antwoord: Sy pragtige vrou en crazy, beautiful kinders én om vir homself te sê hoe mooi hy is.

Reg (soort van)!

Louw sê: “My vrou en my kinders.”

Louw by sy vrou, Janine, met die première van Konfetti FOTO: verskaf

Louw by sy vrou, Janine, met die première van Konfetti.
FOTO: verskaf

Hoe leer hy sy karakters se dialoog ken?

Nico antwoord: Ek dink hy gebruik byna dieselfde metode as ek. Ons laat die teks ‘insink’ deur ’n proses wat uit verskeie lae repetisie bestaan. Eers lees jy dit, dan neem jy dit in, dan voel jy of dit reg sit en maak veranderings indien nodig, dan speel jy hom deur totdat dit reg voel en teen daardie tyd is die teks gewoonlik lekker gevestig. Jy kan dan die karakter speel sonder om aan hom te dink.

Reg!

Louw sê: Met moeite. Ek werk altyd met die teks as geheel eerste en dan meer in detail soos ’n dag se scenes nader kom.

Waarvoor lag hy altyd?

Nico antwoord: Louw lag vir homself. Hy is een van daardie ouens wat van sy eie grappies hou, máár hy kan maar, want hy is ongetwyfeld een van die snaaksste mense wat ek ken. Hy weet presies hoe om enige oomblik op ’n komiese manier uit te beeld sodat ander mense ook sy perspektief kan sien.

Reg!

Louw sê: Ek het nie ’n clue nie … alles? (En lag vir homself.)

Louw en Nico in nog 'n toneel uit Konfetti FOTO: verskaf

Louw en Nico in nog ‘n toneel uit Konfetti.
FOTO: verskaf

Hoe hanteer hy spanning?

Nico antwoord: Hy praat baie – vreeslik baie – en maak grappies en dans en sing. En hy komplimenteer mense se oë en veral hul tande. En dan rap hy ook … (Sien die video in dié artikel.)

Verkeerd!

Louw sê: Ek kyk movies.

* Nico het 3 uit 5 vrae reggekry *

Afrikaanse sterre in nuwe fliek Konfetti

Louw Venter in die nuwe fliek, Konfetti FOTO: verskaf

Louw Venter in die nuwe fliek Konfetti.
FOTO: verskaf

En nou Louw se beurt …

Ken Louw vir Nico?

Wat is sy gunsteling-kos?

Louw antwoord: Pizza saam met sy vrou op hul cheat-dae.

Reg!

Nico sê: Ek is mal oor pizza, spaghetti bolognaise en my vrou se designer-slaaie, maar ek kan jou amper belowe Louw gaan sê ek eet net een of ander health food, want hy dink ek is ’n fitness freak.

Wat is sy grootste prioriteit in die lewe?

Louw antwoord: Sy vrou en sy kinders.

Reg!

Nico sê: My vroutjie en kinders … En dan ook om vir Louw te bel en te sê hoe ongelooflik mooi hy is.

Links is Louw en sy vrou, Janine, met Nico en sy aktrise-vrou Christi aan die regterkant. Die paartjies staan by Zaheer Goodman-Bhyat, Konfetti se regisseur FOTO: verskaf

Links is Louw en sy vrou, Janine, met Nico en sy aktrise-vrou, Christi, aan die regterkant. Die paartjies staan by Zaheer Goodman-Bhyat, Konfetti se regisseur.
FOTO: verskaf

En sy gunsteling-item in sy klerekas?

Louw antwoord: Hy’s nogal erg oor sy skoene.

Verkeerd!

Nico sê: My baadjies. Ek versamel baadjies en Louw probeer hulle altyd steel, maar die arms is te kort.

Hoe hanteer hy spanning?

Louw antwoord: Hy gaan ry seker daai mountain bike van hom. Nico is so cool, dis moeilik om te sien wanneer hy gespanne is.

Verkeerd!

Nico sê: Ek doen dieselfde rap as Louw – so tipe ‘anti-rap‘ met woorde wat eintlik nooit rym nie. Daar is ’n video op YouTube …

Wat was sy mees vernederende oomblik?

Louw antwoord: Om ’n bed met my te deel. (In die romantiese komedie Semi-soet moes Louw en Nico se karakters een naweek lepellê.)

Verkeerd!

Nico sê: Ek hoop ek het die vermoë om te verhoed dat enige oomblik my vernederd kan laat voel. Humour covers a multitude of sins!

Louw Venter, Kim Engelbrecht en Nico Panagio is almal te sien in Konfetti FOTO: verskaf

Louw Venter, Kim Engelbrecht en Nico Panagio is almal te sien in Konfetti.
FOTO: verskaf

* Louw verloor dié keer. Hy het net 2 uit 5 vrae reg *

Konfetti begin Donderdag landwyd in teaters draai. Dié fliek gaan oor ’n Afrikaanse man wat met ’n Joodse vrou trou. Maar met ’n strooijonker wat te diep in die bottel kyk, kan daar niks minder as chaos op dié troue verwag word nie. Nico en Louw is saam met Casey B Dolan en Kim Engelbrecht te sien in die rolprent. Kyk na die lokprent van Konfetti HIER.

Agter die kameras op die stel van Konfetti

  • Louw Venter

    Nico speel nie mooi nie. Hy het filosofies geantwoord!!! Nee a Panagio, jy’s ‘n agterbakse bliksem. The tribe has spoken. (Maar jy rock nog steeds)