Gallo Images / Getty Images

Gallo Images / Getty Images

Ons praat met

Nico Panagio is ons eie Bond + Adele se Skyfall-temalied

Hoe voel dit om ons plaaslike James Bond te wees?
Dis ’n eer, veral omdat ek al jare lank ’n aanhanger is. Ek dink die meeste ouens begeer om ’n paar van sy talente te bemeester.

Jy het Steve Hofmeyr, Jay, Bobby van Jaarsveld en Ryk Neethling uitgestof. Hoekom dink jy het jy gewen?
James Bond kan nie sing nie, so die eerste drie kandidate is uit, en ek is in, en Ryk drink wyn, nie martini’s nie . . .

Natuurlik dink ons lesers jy’s slim, aantreklik, welsprekend en selfversekerd, nes Bond. Sien jou vrou, Christi, jou ook so?
Wat van haar die oulikste vrou maak, is dat sy my grootste aanhanger is. As Christi van my werk hou, weet ek alles is in die haak. So, ja, sy stem vir seker saam!

Wie’s jou gunsteling as James Bond?
Ek was nog altyd mal oor Sean Connery, hy was ’n klassieke Bond. Hy het ouwêreldse sjarme gehad – en sy Skotse aksent was net eenvoudig cool.

*Lees die volledige onderhoud in jou Augustus-uitgawe, ons vier ook 50 jaar van Bond in SARIE

Sien vir Nico by die Afrikaans is Groot-konsert in Oktober

Op 11,12 en 13 Oktober 2012 hou Afrikaans is Groot vir die eerste keer konsert – ‘n trefferparade van SA se grootste sangers, almal op een verhoog by die Moreletapark-Gemeente in Pretoria.

Met Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Robbie Wessels, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay, Karlien van Jaarsveld, Riana Nel, Lianie May, Jannie Moolman, Arno Jordaan, Corlea Botha en Jak de Priester.

Kry jou kaartjies nou by bookings.pnptickets.co.za

Hier’s die legendariese toneel uit Dr. No waar Sean Connery daardie bekende Bond-frase sê

ADELE SING DIE TEMALIED VAN DIE NUWE JAMES BOND-FLIEK, SKYFALL.

Skyfall


  • Yvette

    Op hierdie dag in 1962 was die eerste James Bond vrygestel!

  • Leon

    Julle maak seker n grap – Nee wat, dit verg baie om n Bond, James Bond te wees – sorry Nico

  • Virgil

    plegh nee nee asb.waar kom julle aan die twak.

  • Bond-fan

    Ag nee regtig . Riaan Cruywagen sal n beter Bond maak !!

  • Annie

    O my hel!!!! James Bond???? met DAARDIE aksent???? Asseblief tog!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!1 LMGA

  • Rika

    Neeeee1!!!

  • Megan Oberholzer

    Beslis die beste kandidaat vir SA se James Bond!!

  • Sarie

    WAT ‘n GRAP!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    HOE COMMON IS JULLE OM SULKE VERGELYKING TE MAAK………………..

  • Jimmy

    Nee, Nic is te veel van ‘n pissie en showboat.

  • Marie

    ek dink julle het suur druiwe want hy het dit om S.A. se James Bond te kan wees

  • Annie

    @Megan Oberholzer- Wat???? Jy is nie ernstig nie!!!! Bhwahahahahahahahahaha!!!!!!!, Nee wat jong, NOU gaan S.A se naam g*t wees.

    Luister na die aksent tydens die "Survivor S.A" – James Bond??? Ek herhaal "O my hel"

  • annie

    bepaal jou by jou huwelik Nico…en hou op om so n flurt te wil wees,ai tog mans wat net nie kan aan vaar hulle word ouer nie.en sal enige iets doen om gesien te word,wel Nico as jy so graag ge sien wil word,pas asb jou huwelik op,en sien om na jou VROU.

  • Koekie

    O ja, ou nico is so sexy ekke sal hom hom breek in n james bond uitrusting

  • Gert Olivier

    Stem saam hy moet SA se Jams Bond word

  • Annie

    En wat is die "Dit" wat hy het om S.A se James Bond te kan wees?????

    "Bond…. James Bond" – a fictional Legend

    "Nico… Nico from South Africa" ???????????????

  • Annie

    Ja, so waar, nes ons gedink het.!! As hierdie ou nie met die heuningkwas hier "geprys" word as ‘n "James Bond" gelyke nie, dan word jou mening oor die storie nie meer geplaas nie. Tipies S.A. …Kan nie kritiek hanteer nie, al is dit duidelik,dat ander mense (lande – akteurs,aktrises) se idees gebruik word, wat basies elke dag se "norm" is.

    En WEER eens. S.A se EIE "James Bond"?????? GRAP VAN DIE JAAR!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • Hein

    Og Tjorts?

  • Elsabe

    Uitstekend! Hy is die regte kandidaat.Sexy, sag op die oog en stylvol!

  • Alet

    Nico is Suid Afrika se perfekte kandidaat en baie stylvol en verdien volpunte!