nico_paris
Ons praat met

Nico Panagio ontmoet Paris Hilton en wys sy foto’s van Cannes

Paris se dokumentêre prent Paris, not France, is by die fees bekend gestel.

“Sy is nét so mooi soos op foto’s. Die Paris wat ek ontmoet het, was ordentlik en sweet, ’n effense introvert met ’n sagte stem. Heeltemal anders as die beeld wat ’n mens van haar kry uit sekere tydskrifte waar sy in klubs afgeneem is ná ’n drankie of twee.

Sy was goed versorg en het elke keer dat ons haar op partytjies gesien het iets uit haar eie haarband-reeks gedra. En nee, haar hondjie was nie saam nie! Ek het haar (nou eks-) kêrel, Doug Reinhardt, ontmoet. Hy’s ook baie vriendelik.

Ons ontmoet baie glanspersoonlikhede, maar my lewe is nie so glam soos dit lyk nie. Ons moes aan die buitewyke van Cannes parkeer en ver stap. Ek moes in my pak klere met ’n driepootkamera en ’n rugsak met ekstra batterye rondloop.

Natuurlik is ’n mens effens senuweeagtig voor jy enigiemand op die rooi tapyt ontmoet, want jy moet dit die eerste keer reg doen. Maar hoe meer jy dit doen, hoe meer verloor jy daardie adrenalien-rush.

Paris het gesê sy hou van SA en is gemoeid met die Louis Botha- en Jakaranda-kinderhuise in Pretoria. Sy’t ook al stil-stil in SA kom kuier.

Waar ander celebs die paparazzi probeer ontduik, gebruik sy hulle tot haar voordeel – sy’s ’n slim sakevrou. Ons het haar ’n paar keer op ander partytjies in Cannes raakgeloop en sy het ons elke keer vriendelik kom groet.

Ek het ook die sangeres Kylie Minogue ontmoet en sý het my asem letterlik weggeslaan: petite maar sterk. As jy dink dat sy kanker oorwin het . . . Sy’t soveel selfvertroue en is mooier as ooit.

Albei celebs was eintlik ernstig. Wat ’n mens oor hulle lees, is dikwels hype.”

Nico wys sy Cannes-foto’s

  • http://www.beijingescortbeijingescort.info beijing escort

    elegant beijing escort,strategy beijing massage,enthusiastic shanghai escort,gravity shanghai massage,plausibility shanghai escort,rouse shanghai massage,position beijing escort,fresh beijing massage,disagree.