selfportret
Ons praat met

Nina Swart wys haar mooiste portretfoto’s

In ‘n destydse onderhoud met SARIE sê sy:

“Stilte is wonderlik, ek herlaai in stilte. Maar dit gee my nie woema nie. Dáárvoor het ek mense nodig. Die mensdom fassineer my. Omdat elke mens uniek is. Van hul hare tot hul siel. Hul detail betower my. Want hulle is anders as ek.”

As sy eendag terugdink aan haar lewe, wil sy weet sy het ander goed laat voel.
“Mense onthou nie soseer wat jy gesê het nie, maar hoe jy hulle laat voel het.”

Sy hou haar nou besig met die oorklanking van radiodramas, vryskut-fotografie en -regiewerk. “Ek glo die grootste waagstukke in die kleine is om daagliks ongefilter met ander te kommunikeer en jouself bloot te stel. Op groter skaal is dit om ten volle kreatief te wees en my beste te lewer. Of dit nou die regie van ’n studenteproduksie, die skryf van ’n toneelstuk of die neem van ’n mooi foto is.”

  • Tanya

    Gek daaroor!!

  • Michelle McKay

    Hi Daar,

    Is dit moonlik om Nina Swart se kontak besonderhede te kry? Ons wil haar nader om n spreker by n paar Dames seminare te wees, in 2012. My kontakbesonderhede is 021 689 8975 of 083 261 3373, alternatief mmckay@ptrust.co.za. http://www.personaltrust.co.za

    Groete

    Michelle McKay en Loren le Roux

    Personal Trust International