klein_karoo_fliek_2
Ons praat met

Nóg ‘n nuwe Afrikaanse fliek, 7de Laan-ster in hoofrol

Klein Karoo is ʼn nuwe Afrikaanse romantiese drama wat tans in die Swartberge, by die Swartberg Manor net buite Oudtshoorn, verfilm word. Donnalee Roberts (wat drie werk verlof geneem het by 7de Laan) vertolk die romantiese hoofrol.

Groot drome, groot liefde, en groot moeilikheid

“Ek sit nou hier, en ek kyk uit oor die mooiste berge. Die fliek het ongelooflike hart en siel,” sê Donnalee.

“Dit laat jou weer glo aan die grootheid van drome. Soos, as jy jou ware liefde ontmoet, iemand wat soos jy voel, dan bestaan daar byna nie ‘n groter droom. Dít is die groot tema van die fliek – dat jou drome kan waar word. Die manlike hoofrol word deur ‘n nuweling, Tim Theron, gespeel.”

Vir die regisseur van Klein Karoo, Regardt van den Bergh, het Donnalee net lof: “Hy het ʼn hart vir akteurs. En jy kan sien hoe mooi hy met die mense werk.”

Ander spelers sluit in Anel Alexander, Leandie du Randt, Marion Holm, Hykie Berg en Jak de Priester. Amalia Uys, Donnalee se 7de laan-kollega en vriendin, het ook ’n rol.

Klein Karoo word in Februarie 2013, net betyds vir Valentynsdag, uitgereik.

Besoek Klein Karoo se Facebook-blad vir meer inligting

Cybil Ferreira (Donnalee Roberts)

Cybil Ferreira (gespeel deur Donnalee Roberts)

Frans Coetzee (Tim Theron)

Frans Coetzee (gespeel deur Tim Theron)

Sophi Ferreira (Anel Alexander)

Sophi Ferreira (gespeel deur Anel Alexander)

Meyer Labuschagne (Hykie Berg)

Meyer Labuschagne (gespeel deur Hykie Berg)

Karel de Villiers

Karel de Villiers (gespeel deur Jak de Priester)

Jackie (Leandie du Randt)

Jackie (gespeel deur Liandie du Randt)

Bongi Mazibuku (Sisanda Henna)

Bongi Mazibuku (Sisanda Henna)

Brian (Bouwer Bosch)

Brian (Bouwer Bosch)