vic_rykie_erika_en_salmon_word_skrik_gemaak_met_water_deur_timus_02
Ons praat met

Nóg ‘n nuwe Afrikaanse fliek – SARIE kuier agter die skerms van Paul Eilers se Roepman

Dis die toneel wat my begroet waar ek kuier op die filmstel van “Roepman” by Rovos Rail se rangeerwerf en stasie in Pretoria. Dié nuwe Afrikaanse fliek is gegrond op die roman, Roepman deur Jan van Tonder.

Die storie speel af in ‘n spoorweg-gemeenskap in Durban tydens die sestiger jare, toe Hendrik Verwoerd nog aan die hoof van die regering gestaan het. Joon is die roepman wat almal wat op skof moet gaan vir hul onderskeie werke by die spoorweg elke oggend moet wakker maak. Hy is ‘n eenvoudige mens met ‘n uitsonderlike uitkyk op die lewe en maak baie dinge beter in die lewens van dié klomp mense. Nie dat dit hom gewild maak by almal nie.

Die verhaal word grotendeels vertel uit die oogpunt van Timus (gespeel deur die nuweling Paul Loots), ‘n jong seun wat nog op laerskool is. Hy vertel die verhaal van die mense van die gemeenskap – almal se liefdes en hoop op liefde. Almal se doen en late merk hy op sy kinderlike manier op. En so kom die storie van ‘n gemeenskap en sy mense bymekaar, die goeies en die slegtes … En die goeie dinge wat gebeur en die slegtes …

Daar is Timus se gesin, die Rademans. Die pa, Abram, word gespeel deur Deon Lotz, sy ma, Ada (Rika Sennett), ouma Makkie (Lida Botha), sy broer Braam (Eddie de Jager) en sy sussies, Rykie (Beate Olwagen) en Erika (Desiré Manthey van Binneland Sub Judice). Hul huishulp is Gladys (Kholeka Dakakda) en haar vyfjarige seuntjie, Boytjie (Sibusiso Enock), woon ook nog op die erf. Die Gouwsfamilie is Harry (Paul Luckoff), Marie (Isabella Mostert), Melinda (Andea Volschenk) en June (Amber-Lynn Beukes), die twee sussies en die huishulp, Goolshan gespeel deur Kate Thumbiran. Die karakter waarom die gebeure draai, Joon, word gespeel deur John-Henry Opperman van Klopjag-faam. Sy ma Rosie word gespeel deur Petro Wessels. Die baddies is Hein Ahlers (Andrew Thompson) en Zane (Altus Theart). Die boyfriends is Vic (Neil Bennett) en

John-Henry Opperman oor hoe hy betrokke geraak het by Roepman:

Ek het John-Henry Opperman gevra hoe hy betrokke geraak het by Roepman.
Vyf jaar gelede was ons op toer op pad terug vanuit die Oos-Kaap (Cradock) en ek het die boek agterop ‘n bakkie gelees terwyl ek en die tromspeler die elemente moes trotseer.
Toe ons ure daarna by vuil Gauteng inry – Grasmere, was ek klaar gelees en ek was só meegevoer met die boek dat ek net daar en dan vir Jan van Tonder (vir wie ek nie geken het nie) ‘n brief geskryf het om te sê dankie vir ‘n mooi boek.

Ek was onbewus daarvan dat gemeenskaplike vriende van my en Jan reeds besig was om te gesels oor die filmregte…

By die daaropvolgende KKNK het ek terloops vir Van Tonder en die De Jagers raakgeloop met my eie kopie van Roepman in my rugsak en hy het dit vir my geteken.
My bek het oopgeval toe ek besef dit is DIE Jan.

Later het ons bevriend geword en hy het van ons optredes bygewoon.
Van Tonder het die vervaardigers gevra om vir my ‘n kans te gee as Joon (Die Roepman) omdat ek hom herinner het aan die regte Joon… Divine timing :-)

Salmon (Ivan Botha).

Waarom juis hierdie fliek, wou ek weet van Piet de Jager, die uitvoerende vervaardiger. Hy was mal oor die boek en beskou dit as een van die boeke wat ‘n voorloper was met die omkeer van die Afrikaner se siening van die kerk, politiek en die lewe.

“Dis ‘n mens se storie oor onskuld en verlies van onskuld te midde van geweld. Joon is ‘n allegorie vir Christus en dis hoekom sy lewe die pad loop. Ek is geweldig opgewonde oor die film. Ons gaan ‘n kunsfilm maak. Die boek was van die begin af filmies geskryf en ek, Jan van Tonder en Salmon de Jager het die draaiboek geskryf. Ons moes ‘n paar karakters laat val, maar die essensie van die gebeure is behou.”

Piet vertel dat hulle op twee regisseurs vir die projek besluit het. Paul Eilers doen die spelleiding vir die akteurs en Josua Malherbe is die tegniese regisseur. Om die twee in aksie te sien is nogal indrukwekkend. Hulle hou die produksiespan van 35 mense op die rangeerwerf soomloos bymekaar en werk as ‘n geoliede span tussen die treine, akteurs en rekwisiete. Verder moet hulle kophou met spesiale effekte wat digitaal in post-produksie ingevoeg gaan word.

Dit het goeie inkleding gekos om die stelle vir die verfilming voor te berei. Rovos Rail se stasie en rangeerwerf dateer nog uit 1930 en daarom is die sinjale en loko’s histories korrek en is dié agtergrond geloofwaardig. Maar om die dorp te skep, moes hulle Springs oordoen. En die binnekant van die Rademans se huis is nie in Durban nie, maar eintlik in Linden in Johannesburg! Die hele binnekant moes in sestigsdekor omskep word. Vir die spoorwegkamp is agt huise in Springs oorgedoen om die hele stasie-effek te skep.

Marlé Drotsky van die garderobe sê sy het heelwat kostuums gehuur, maar kon sekere goed darem cheat omdat hulle in spesifieke kleurskemas gewerk het. Die hoofkarakters is aangetrek in beiges, bruin en groen, Timus in ligblou, Rykie en Melinda in donkerblou en die twee baddies, Hein en Zane, in pikswart. “Al die verkrampte karakters is in natuurlike kleure en dié wat verder droom, is in donkerblou geklee. Timus, Erika en Joon se onskuld word verteenwoordig deur hul ligblou klere. Erika beweeg later oor na swart soos sy haar onskuld verloor. Rooi simboliseer konfrontasie. O ja, en ons moes spesiaal kontaklense vir Joon laat maak. Twee wat se kykers boontoe wys, want Joon is erg skeel en vandaar sy bynaam, “Sterrekyker”, vertel Marlé.

Quinn Lubbe wat die spesiale effekte doen vir die film sê dit is tegnies nogal ‘n uitdaging, want hulle moet ‘n digitale walvis bou wat op ‘n spesifieke spasie op ‘n treintrok inpas. Verder moet alles korrek wees, wat die teksture en die speel van lig daarop aanbetref. Hy vertel ook om ‘n skoot van die Durbanse hawe van 1966 te skep moet hulle die skoot in Springs skiet en die see dan weer eens digitaal inkarteer in die toneel. Hulle het ook elemente in Durban self geskiet wat hierby ingevoeg sal word.

  • Angelique Liebenberg

    Welgedaan! Fantasties om te sien dat Afrikaans so ‘n herlewing bevind. Kan nie wag om die ware jakob te sien nie.

  • Elena de Villiers

    Kan nie wag dat hierdie film op die lappe kom nie! Hoe wonderlik is dit dat daar soveel passievolle mense is wat Afrikaans net meer en meer die lig laat sien!

  • Susanna Weyers

    En die natbroeke het gesê Afrikaans is besig om dood te gaan. Waar is hul geloof?

  • Marthie

    Kan nie wag nie! AFRIKAANS KOOK! Dankie ! maar nogal jammer vir ons Afrikaanse akteurs wat moet terugstaan vir ons "nuwe" sangers/akteurs!

    In elk geval trots op hulle almal! Doe so voort!

  • csjvbu

    bvyW0G uwhedlfklpul, [url=http://wfzmzsghvamq.com/]wfzmzsghvamq[/url], [link=http://lzhzeqshxtba.com/]lzhzeqshxtba[/link], http://ikuiscwkvxsn.com/

  • johann

    Ja. Dankie aan die skrywer van die boek om vir ons op so n mooi manier te wys hoe verkeerd die kerk ons geleer het ons is gered deur Jesus wat vir ons aan die kruis gesterf het en nou moet ons die koningkryk. Van God lewe
    Was n ongelooflike movie
    Baie dk
    Johann