Ons praat met

‘Noot vir Noot’ se Johan van Rensburg oor sy uittrede

“Natuurlik sal ek dit mis. Sedert 1991 was dit my voltydse werk saam met Johan Stemmet en sy span. Ek het net in die nag van 27 Oktober 2011 gedink: Dalk moet ek maar sê môre is my laaste dag. Dit was toe ons die laaste twee episodes van reeks 37 opgeneem het. Geen spesifieke rede nie, behalwe dat ek 67 is en gedink het dis tyd om plek te maak vir ’n jonger geslag in die Musiekfabriek.

Dit was al die jare my en Johan se beleid om voor en agter die kameras aan te pas om die program vars te hou. Ons het geglo mense is nooit belangriker as die program nie. As ons oor ‘aftree’ gepraat het, het Johan altyd gesê: ‘Jy sal weet as die tyd daar is.’ Ek het daardie aand geweet.

Ons het nooit gedink dié program sal so lank aanhou en uiteindelik die belangrikste ding in ons daaglikse lewe wees nie. Om saam met die Musiekfabriek musiek te maak was die lekkerste. Hierdie ouens is briljante musikante en boonop nice mense. Ons het altyd baie grappies tydens oefeninge en opnames gemaak. Die kameraadskap tussen my, Johan en die span was kosbaar. Dís my grootste afskeidsgeskenk van die Musiekfabriek.

My en Rina [Hugo, sy sangeres-vrou] se nuwe huis in Midstream, suid van Centurion, is heelwat kleiner as die vorige een, maar daar is wel ’n gerieflike musiekateljee – daar is nog báie musiek wat ek wil maak en ek gaan my nuwe vryheid skeppend gebruik.

Vroeg volgende jaar as die nuwe Noot vir Noot-reeks opgeneem word, gaan ek beslis in die ateljee wees. En ek sal ’n traan wegpink vir al die lekkertes wat daar was . . .”

  • Amanda van der Merwe

    Johan, ons het jou en die res van die span deur al die jare baie geniet. (veral omdat Charlotte, Louis se vrou, my niggie is) was dit elke Vrydagaand ‘n hoogtepunt in ons gesin om Noot vir Noot te kyk. Vir ons het dit gevoel of ons darm iets van die familie (wat ‘n celeb) is geniet, alhoewel jy ons nie eintlik goed geken het nie, ons het mekaar wel al ontmoet by geleenthede. Maar, ek dink julle ontmoet soveel mense dat ‘n mens kan verstaan. Ons "bless" jou met jou aftrede en uittrede en bid net die seen van die Here op julle as gesin, ons gaan jou mis, maar gelukkig weet elkeen van ons wanneer dit vir ons die regte tyd is om te laat gaan. Geniet jou aftrede, en meskien eendag sien ons mekaar weer wanneer ons saam met Charlotte en Louis kuier. Jy tree af op ‘n hoe noot en dis hoe ‘n mens jou altyd sal onthou ………

    Groete
    Amanda en Frank van der Merwe

  • Liezl

    Ek dink Noot vir Noot kan nou ook maar tot ‘n einde kom!

  • Linda

    Sal vreemd wees om Noot vir Noot sonder jou te kyk Johan, maar as dit iss wat jy begeer wensek jou en jou gesin net die allermooiste toe vir die toekoms! Ek glo daar is nog sommer BAIE musiek in jou! Bless you vir jare se wonderlike musiek.

  • Annatjie

    Ek dink EEN EN ALMAL wat LIEF is vir musiek het dit geniet en kom jare al saam met die program mag die pad vorentoe vir jou vol vreugde wees, ek hoop die persoon wat gese het die program kan ook maar tot n einde kom het dit in n goeie lig bedoel

  • Marie Bird

    Ons geniet nog elke Vrydag-aand Noot vir Noot. Tot my 6 jarige seuntjie, kyk nou al opgewonde saam, en wil net die heel tyd weet of hy "eerste reg was"…

  • Lydia du Plessis

    Nou kan ons seker uitkyk vir die volgende klavier-CD

  • beryl

    johan, geniet elke oomblik, wens ju alles wat mooi is tu, was n plesier om ju gesig elke vrydagaand opi kasi te sien

  • Karin

    Lekker rus Johan! Maar Jaconell is uiters bekwaam en talentvol, en boonop mooi ook!

  • petrusa

    hi Johan my hart is seer maar aan die ander kan bly omdat ek so baie van jou gesien het op noot vir noot hoop en bid net dat niks anders nog gaan verander en hou aan om jou musiek te geniet want n mens kan sien jy lewe vir musiek

  • Hans

    Johan jy is n ware gentleman in musiek in S A Jy was nog altyd n uitstekende voorbeeld van n man.Some people is born great,other people achieves greatnes,other people gets greatnes thrust upon them but johan van rensburg he is just great

  • Henk

    Henk Brackenfell.

    Soos ons Riaan Cruywagen mis so ook vir jou Johan.
    Ek en my vrou was saam op PU vir CHO toe die Alibama koor begin het. Elke optrede by gewoon en geniet, wonderlikke dae!!
    Lekker aftrede Johan, hoop Rina tree nog baie op, maar dat jy nie te alleen sal wees nie!!

    Alles wat goed is
    Groetre
    Henk Vermeulen