Ons praat met

Nuwe biografie onthul: Janie du Plessis se skok-seer agter haar glans

“Die moeilikste deel was om te praat oor wat binne die intimiteit van my huwelik gebeur het, want ek het dit nie net van die wêreld weggehou nie maar veral ook my kinders daarteen beskerm,“ vertel dié sakevrou en gewese TV-aanbieder in ‘n openhartige eksklusiewe onderhoud in SARIE se November-uitgawe.

Van buite het Janie se lewe in Europa saam met die skatryk Italiaanse multimiljoenêr Massimo Beltrami soos ‘n sprokie gelyk. Deur die jare het ons hul ervaringe  in tydskrifte gevolg – die huise, die jagtogte, die vakansies vol adrenalien en opwinding, twee seuntjies wat haar en Massimo se lewe vervolmaak het.

Nou, vir die eerste keer, ontvou die verhaal van Massimo se kokaïenverslawing wat hul gesinslewe verwoes het — en van die uiterstes waartoe Janie gegaan het om haar huwelik te probeer red. (Sy en Massimo is uiteindelik uitmekaar nie lank nie nadat sy in 1997 met borskanker gediagnoseer is. Sy het met niks nie uit die huwelik gestap en moes van voor af ‘n lewe vir haar en haar seuns in SA kom bou).

In die jare dat sy terug is in SA het sy agtergekom daar is baie vroue wat soortgelyke situasies in hul huwelik beleef, vertel Janie in die SARIE-onderhoud. “Dis ook hoekom ek nou daaroor praat. Dis die sielkundige aftakeling wat jou op ‘n verkeerde pad kan sit. As jy boonop soos ek geïsoleerd oorsee was, is dit nie so moeilik om te verstaan dat jy in ‘n situasie kan kom waar jy byna jou persoonlikheid verloor nie.

“Gelukkig kon ek met vriende en my ouers se ondersteuning deurdruk. Ek weet hoe dit voel om heel onder in die put te wees en daaruit te kom.“

*
Lees die volledige artikel, asook ‘n boeiende uittreksel uit die biografie Janie du Plessis: ‘n Keuse vir die lewe deur Martie Retief Meiring (Human & Roussea, R160) in SARIE se November-uitgawe met Janie op die voorblad.

* Lees ook haar blogs op sarie.com oor die Journey of Hope-motorfietsrit vir borskanker-bewusmaking waaraan sy vanjaar vir die derde keer deelgeneem het.

NUUS: Janie gaan voortaan gereeld vir ons blog – gesels saam met haar hier op sarie.com

VIDEO: DIE REVLON/JOURNEY OF HOPE SE AANKOMS IN KAAPSTAD – sarie.com was daar!


  • Sarie De Wet

    Sy is darem maar ‘n pragtige vrou. Stylvol en elegant, maar sy lyk net so mooi in haar jannas ens. Haar mooi straal uit haar uit, dis nie aangeplak nie….

  • Jamie

    Altyd die slagoffer……met niks uitgestap nie, maar skielik skatryk is? Leuens in tydskrifte,leuens leuens, ek glo nie meer vir J nie. Hoop seker die boekie bring ‘n paar sente in met ‘n soetsappige storie ens ens.

  • Martie Deysel

    Sy is so pragtige en beeldskone mens.Dit is net hartseer dat so ‘n mens so baie seer moet hê.Janie jy is ‘n vegter en ‘n inspirasie vir ons vroue.Baie sterkte vir die toekoms.

  • French

    Ek wil nie lelik wees nie maar wanneer kom Janie uit die kas? Ek verstaan dis uit jou seer met mans maar kragtie mens, is dit die beste wat jy vir jouself wil hê?!

  • helene vandermerwe

    en toe loop ek janie raak – nogal op haar harley – op pad na ‘n vergadering. gesels so op straat en eers later besef ek , dis jul voorbladmeisie! (jul fotograwe en mooimaak mense doen uitstekende werk…)

  • Jansie

    Ek wens jaloerse mense wat ander in die lewe niks gun nie, wil net gaan stil word en bietjie dink oor hul lewens – waar hulle hul op die oomblik bevind, is net aan hul eie toedoen te danke! Is jy suksesvol of `n sukkelaar – dis jou eie skuld as jy bereid was om onder te begin en jou pad met harde werk, oopgewerk het, kon jy ook ryk en suksesvol gewees het!

    Hou op andere veroordeel wat `n doel in die lewe gehad het en hard gewerk het! Ek ken Janie du Plessis slegs van tydskrif artikels en ek het baie respek vir haar. Mense moet besin voor hul ander mense in openbare tydskrifte of koerante aanval en kritiseer. Beheer jou tong sê die Bybel in Jak.3:5-10. Neem `n tydjie en gaan lees gerus hierdie verse en besin jou en hou op ander kritiseer wat eerbaar probeer leef. Gun elke mens `n plekkie in die son!

    Hou aan Janie jy doen goed en ek bid jou alle geluk, sukses en gesondheid toe.

  • Belinda Schafer

    Ja, welkom tot die statistieke ,Janie. Mens weet nie altyd wat le
    op jou lewenspad vir jou voor nie,en elkeen stap die paadjie en hoop
    op n gelukkige einde.Myne was soortgelyk aan joune,ek het my hart vir
    die Here gegee drie jaar gelede en ek het vinnig en maklik geheel en is
    verstom hoe selfs mans nooit heel nie en in DAAI GROEF wegsink en daarin
    verdwyn. Wanneer jy snap "click"in jou kop dat geluk en vervulling in jouself le en nie in n man nie, dis die oomblik wat jy ware geluk begin
    proe en die lewe vir jou n fees raak.En net soos Janie,het n vrou my gehelp
    genees ,met God se Liefde.Hy het Sy netwerk,want Hy gee regtig vir ons om.

  • Belinda Schafer

    JANIE,so bitter bly jy het dit gemaak, dit is so swaar om daardeur te
    gaan. Ek was ook in jou skoene en my man is ook n jaar gelede oorlede.
    En al wat oorbly , is om ander te help ,ons wat geheel het,besef wat die
    hulp van ander vroue vir ons beteken het en bied dit ‘tipies n ware vrou’
    opreg aan vir ander. Hoop hulle waardeer jou opreg,Janie.God bless you.

  • Belinda Schafer

    Die "uit die kas-storie" is ook van my gelowige vriendin wat my help heel
    het gese, dit is alles deel van die ou duiwel wat nie n "loose" kan vat
    nie en dit moet jou glad nie raak nie,Janie,want God’s Favour is on you
    en jy is nou "untouchable" and blessed. En die skryf van die boek,help om
    ander vroue te heel,en dis presies wat ek ook gaan doen,want dit heg waarde
    en maak ons meer heel ,wanneer ons n boek skryf oor ons SURVIVAL. Dit is
    wat jy doen wanneer jy as n WENNER UIT DIE STRYD tree,en slegs mense wat daardeur is,sal dit verstaan. Die ander sal dit hopelik gespaar bly.

  • Dankie vir jou boek Janie. Dit is eerlik geskryf, sonder sensasionele emosie. Omdat mens nie altyd met jou seer op jou mou loop nie, dink mense dit bestaan nie. Terloops: Sonder dat jy weet, het jy my ongeveer 15 jaar gelede beïnvloed met ‘n baie belangrike besluit was ek moes neem, en daardie paadjie het gelei na ‘n plek in my lewe waar ek waarlik gelukkig en tevrede met my lewe is. Happy and content. Dit kon sóveel anders gewees het. Daarom moet elke mens maar net doen wat hy doen, wat reg is vir jóú, en daardeur beïnvloed jy ander mense se lewens ten goede, sonder dat jy eers daarvan bewus is. Gooi ‘n klippie in die dam, en vergeet waar die rimpels heengaan.
    Liefde en sterkte vir jou lewe vorentoe.

  • Angelique Schoeman

    Janie, I have great respect for you and just want to wish you lots of blessings and love. I read your article in the Sarie this morning and it really touched me, I can’t wait to buy your book and will share it with my family and friends. Just wanted to know if it would be printed in English?

  • Nicolene

    Kom ons wees eerlik met mekaar. Wil julle regtig oor haar seks en dwelms eskapades lees? Wanneer gaan die bekendes en berugtes ophou om hulle lewensverhale in die publiek se keelgatte aftedruk en dit net om geld te maak. Get a life. Julle vuil wasgoed het niks met ander uit te waai nie. Daar is definitief beter maniere om jou geld te spandeer.

  • Janie…jy Rock…!

  • Genade! Hoekom so bitchy girls????? Sarie is ‘n verligte tydskrif. Die lesers daarvan duidelik nie!

  • Annie

    Jammer Janie, mens moet nooit te eerlik wees nie, jy hoef nie jou hele lewe uit te lap nie, who cares? Soms saal mense ander mense op met hul ontboeseminge sodat hulleself beter kan voel. Ek wonder hoe Janie se seuns en familie regtig voel oor al die goedjies wat hul nou moet weet van haar en hul oorlede pa. Jinne, wees regverdig en "ontboesem" wanneer alle partye betrokke nog leef en hulself kan verdedig.

  • Lucille

    Nicolene jy hoef dit nie te lees nie. Waarom so suur wees.Waarom skryf jy nie ‘n boek oor jou verlede nie, miskien sal ons dit ook lees. Dan kan jy ook ‘n gledjie maak.

  • Hilda

    Dit moes baie moed van Janie gevat het om op die vliegtuig te klim, en ‘n lewe en man – vir wie sy lief was ten spyte van baie hartseer – agter te laat, en van voor af – met niks – te begin nie. Dit slaan my net dronk dat sy al hierdie persoonlike detail in ‘n boek publiseer?? Haar arme kinders wat dit moet lees, en al die intieme detail – waarvan sy hulle ten alle koste wou beskerm – vir die wêreld publiseer? Dit bly jou eie keuse om dwelms te gebruik en aan seks-orgies deel te neem – ek het nie daarvoor simpatie nie. Ek was regtig teleurgesteld met die artikel, want anders as die vrou wat haar man laat vermoor het na jare van gesinsgeweld, en wat by herhaling sê dit was ‘n verskriklike fout, en niks regverdig dit nie, is dit asof Janie ‘n geldige verskoning het vir wat sy verkeerd gedoen het. Niemand is perfek nie, en ek veroordeel haar nie, ek dink net sy is ‘n sterk vrou wat nie nodig het om na haar eks-man se dood ‘n boek te skryf en al hul vuil wasgoed vir die publiek ten toon te stel nie. Beweeg aan, en moenie ‘n slagoffer wees nie. Ongelukkig is daar nou ‘n boek om haar en haar nageslag altyd aan hierdie "skok-seer" te herinner. Dink dis swak smaak.

  • Nicoline v.N.

    Ja,ek se ook-moenie lees as jy nie belangstel nie.Ek lees GRAAG outobiografiee en ware verhale.Flieks wat op ware gebeurtenisse gebaseer is,is ook soveel interessanter!So,die van ons wat daarvan hou,wil graag oor pragtige Janie se hartseerlewe lees.Sulke dinge laat my baie diep oor die lewe nadink en maak my meer dankbaar dat dit nie met my gebeur het nie.Dit kon jy…of nog erger,jou pragtige,lieflingdogter gewees het!Hoe sterk sy daaruit getree het,is ‘n bewys van haar sterk karakter!!!EN,natuurlik het sy nou weer geld om ‘n lewe te voer,want sy’t talent.Onthou,sy het niks van haar skatryk lewe in Portugal kon saambring nie.Ek persoonlik hoop die volle waarheid word vertel in haar boek-want net dan sal ek dit koop om te lees.Op my ouderdom van 53,het ek nie meer lus vir Goue Lokkies en die 3 Bere nie!EN!!!!!Geen mens op aarde mag ‘n ander verag wat deur so iets is EN daarna bevry is nie!!!!Se liewer dankie vir die wat ‘n beskermende en maklike lewe op hierdie aarde het en ondersteun die wie nie so gelukkig is nie.NS:Hoop iemand in Hollywood/Amerika lees dit ook en maak vir ons ‘n ‘movie’ daarvan!!!!Lief-vir-my-naaste-vrou.

  • Sonya Kaiger

    I was at school with Janie and experienced a similair situation within my marriage – I chose however never to participate! Dealing with a drug-user is not for the faint hearted and we are never prepared for this in our lives so I can understand how it can impair ones judgement. Janie has to deal with this in whichever way she feels is right for her and her sons. I also felt the need to write and I did but I did not try to publish because I do feel that the co-dependants need to put this horrific experience behind them as soon as possible and I think by re-hashing the situation, be it, verbally or by reading about is just prolongs an already painfull situation. Addicts choose to waste their own lives and steal huge portions of ours if we allow them to. As mothers it is our duty to provide our children – who are victims of this senselessness – with enough information to empower them and to protect them from the evils of addiction but also to shield them and allow them to flourish as valuable additions to society without having to deal with any additional issues.

    My best wishes to Janie and her family. May God guide and protect you.

  • EVELYN WASSERFALL

    Janie, ek weet hoe dit is om in so ‘n huwelik te wees, ek wil ‘n voorstel maak skryf jou volgende boek "GETROUD MET LUCIFER" met stories van vrouens wat met sulke mans getroud is en nie altyd so sterk soos jy is om daar uit te kon kom nie. Die seks in my geval het bietjie afgekoel, my man is 19 jaar ouers as ek, maar toe ons jonger was, moes ek saam verbeeldingtogte met hom deurloop om seks vir hom tevrede te hou. Ek moes toneel speel om vrede te bewaar, Ek het so baie gebid vir bevryding en het dit nou eintlik na jare. God antwoord mos in sy eie tyd. Janie ek is seker ons sal miljoene briewe kry"

  • Petro

    Ag nee hoor, julle stel teleur (julle being die girls van die land) Gaan lees die blerrie boek en lewer ‘n objektiewe opinie man! Sy het gewerk vir haar geld Werk werk werk want sy kan sy het die krag en wilskrag en die ondersteuning Duh!!!! Trek liewer julle eie sokke op as julle sukkel man. Janie het haar man en haar huwelik bymekaar gehou met haar keuse en glad nie oor eskepades gepraat nie Nicolene Sou jy kon! Ek twyfel, jou man loop seker self rond nou gooi jy met klippe. Grow Up! Jou tyds berekening vir die boek is uitstekend, die seuns is nou groot genoeg om die goed te kan verwerk en sou jy vroeer hulle dad as goor afgemaak het was daar soveel meer probleme, ek se weer well done jy het hulle mooi groot gemaak Ala Boerestyl! U go girl.

  • Corne Loringett

    Well done Janie! Wonderlik dat jy vertel het en dinge gese kon kry wat gese moet word! Baie goed dat jy jouself daarvan kon bevry en huis toe kom en ‘n nuwe lewe kom bou het vir jouself en jou kinders!

    Ek ondersteun jou en cheer vir jou! Ek wens jou goeie dinge in jou lewe toe!

    Stem saam Petro, U go girl!