Ons praat met

Nuwe SARIE-stem!

Digter, saxofoonspeler en SARIE se eie webjoernalis! Lou-Ann Stone is gekies om deel te neem aan Tafelberg-Uitgewers se Nuwe Stemme-reeks, ‘n projek om nuwe digters aan te moedig.

Twintig deelnemers is vir die vierde reeks aangewys. Dit dien as ‘n platvorm vir jong digters wat nog nie genoeg gedigte het vir ‘n selfstandige bundel nie om hul gedigte in druk te sien. Vanjaar se samestellers is Ronel de Goede (Foster) en Danie Marais. Vorige samestellers sluit Petra Müller, Antjie Krog en George Weideman in.

Onder die 20 skrywers is ook ‘n paar van oorsee, en ‘n lid van die ‘Polisiekarre’, Hunter Kennedy.

Die volledige lys is: Fourie Botha (Kaapstad), Lewies Botha (Beacon Bay), Corné Coetzee (Johannesburg), Jan A.F. du Plessis (Pretoria), Marike Groenewald (Kaapstad), Francilié Hoek (Bryanston), Pieter Hugo (Beaufort-Wes), Willem Jansen (Bellville), Hunter Kennedy (Brackenfell), Annie Klopper (Brackenfell), Heidi Papadopoulos-Pienaar (Johannesburg), Bibi Slippers (Nieu-Seeland), Adél Steyn (Stellenbosch), Lou-Ann Stone (Kaapstad), Marius Swart (Stellenbosch), André Trantraal (Matroosfontein), Karlien van der Merwe (Pretoria), Niel van Deventer (Ifafi) en Lize Viljoen (Suid-Korea).