FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Ons praat met

Nuwe TV-reeks se sterre gesels

Die nuwe Afrikaanse TV-reeks, Swartwater, begin Dinsdagaand. SARIE gesels met Louw Venter, Annie Malan en Viljé Maritz, wat almal in die reeks speel.

TV se ‘Saartjie’ oor Swartwater

“Toe ek die oproep kry dat regisseur Johan Trengove, wat al ’n Emmy vir regie in TV-reekse soos The Lab gewen het, saam met my wou werk, het ek besef daar wag ’n nuwe lewensroete.
My karakter, Annalien Steyn, getroud met die baddie, Philip, het uiteindelik ’n affair met die hoofkarakter, joernalis Francois le Roux [gespeel deur Louw Venter].
Ek het my eerste sekstoneel in dié reeks… drunken alley-seks. Ek doen geen naaktonele nie, en die een regisseur, Jozua Malherbe, wat hierdie toneel se regie hanteer het, moes dus skeppend werk. Die sekstoneel is rou, vol energie. Ek het my ouers, Jeanette en Hendrik, vooraf gewaarsku.”

UIT: SARIE, Februarie 2014

Lees meer oor Annie Malan hier

Groot jaar vir snaakse Louw

Louw saam met Jana Strydom, wat sy vrou in Swartwater speel. FOTO: Twitter

Louw saam met Jana Strydom, wat sy vrou in Swartwater speel. FOTO: Twitter

“2014 is my jaar, want ek’s mal oor my werk! Dit begin met allerlei vrystellings: Alles wat mal is, en ’n eksperimentele fliek, Love the One You Love, wat reeds aandag by verskeie filmfeeste trek. Ek’s veral opgewonde oor Kite, waarin ek Samuel L. Jackson se arrogante polisiekaptein speel! Ek werk ook aan satiriese weergawes van Riaan Cruywagen en Steve Hofmeyr vir die nuwe seisoen van die omstrede aanlyn-nuuskanaal ZANews.co.za, wat op TopTV te sien is. Ek sien egter die meeste uit na my gesinsvakansie in April. Dis tog dié tye wat die meeste beteken!”

UIT: SARIE, Januarie 2014

Louw speel vanjaar in die nuwe fliek Konfetti

Boeke-kennis vir Viljé Maritz

Viljé Maritz, Noluthando Meje, Louw Venter en Jana Strydom. FOTO: Twitter

Wie se snor is die grootste? Viljé Maritz is grappig saam met Noluthando Meje, Louw Venter en Jana Strydom. FOTO: Twitter

“Ek verfilm tans aan drie flieks, waarvan een Die Pro is. Dit gaan oor ’n branderplankryer wat sy maat in die see verloor. ’n Toneelstuk en nog ’n verskyning in Binneland is in die pyplyn. Ek sien veral daarna uit om in Londen te gaan skiet vir een van die flieks. Ek wil 2014 selfs besiger en beter maak deur in te skryf vir die graad BCom Regte. Om te swot sal ’n uitdaging wees – ek het laas in matriek probeer! Om ’n storielyn en woorde te leer vir ’n fliek is interessanter as om feite in jou kop te kry. Maar ek glo dat niemand ooit kennis van jou af kan wegneem nie.”

UIT: SARIE, Januarie 2014

FOTO’S: Agter-die-skerms by Swartwater

Dié nuwe TV-reeks gaan oor ’n getroude paartjie wat ná die afsterwe van hul jong seun na ’n klein kusdorp verhuis. Ander bekendes in die reeks is Jana Strydom, Dirk Stoltz en André Odendaal.

Swartwater wys voortaan op Dinsdae op 19:30 op SABC 2.

WAT DINK JY? SIEN JY UIT NA HIERDIE REEKS? Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!