Cameron van der Burgh wys sy Olimpiese goue medalje in SARIE. Oktober 2012
FOTO Phyllis Green

Cameron van der Burgh wys sy Olimpiese goue medalje in SARIE. Oktober 2012 FOTO Phyllis Green

Ons praat met

Olimpiese kampioen Cameron van der Burgh wys sy foto-album

Daar is ’n betowering aan ’n Olimpiese goue medalje wat jy nie in woorde kan beskryf nie. Wanneer dit in die palm van jou hand lê, kry dit ’n lewe van sy eie. Dit is asof jy die veggees, bloedsweet en oorwinning wat daarin opgesluit is, kan vóél. En jy is nie eens die een wat dit gewen het nie!

Cameron, voel jy nou soos ’n superster?
Ek dink baie mense sien my nou as ’n held of superster omdat ek op ’n “wêreldverhoog” presteer het. Maar ek voel steeds soos Cameron, soos ’n gewone mens. My verhouding met Jana en my familie het nie verander nie. Ek voel eerder daar kom groot verantwoordelikheid saam met ’n Olimpiese medalje. As jy in ’n posisie van mag is en jy kan mense se lewens verander, moet jy dit doen. Dit is hoekom ek besig is om die Cameron van der Burgh-stigting op die been 
te bring.

Vertel meer daarvan.
Ek beplan projekte om armoede te verlig. Ek sal nie so ’n groot verskil kan maak soos die regering deur byvoorbeeld huise te bou nie, maar dit sal wonderlik wees as ek ’n honger kind vir net ’n halfuur van sy lewe gelukkig kan maak deur vir hom 
kos te gee.

Jy het in ’n onderhoud gesê jy het nou bereik wat jy wou in jou lewe. En dit op 24. Wat lê nog voor?
Ek wil baie aandag aan my stigting gee. Ek moet gaan sit en dink oor my nuwe swemdoelwitte. ’n Borsslag-swemmer se goue jare is tussen 24 en 28. Dis hoekom ek voel die volgende vier jaar behoort my beste swemjare te wees -‒ ás ek nie ’n besering opdoen nie. Ek wil my titel by die volgende Spele gaan verdedig. Die belangrikste is om gemotiveerd te bly. Ek raak so vinnig verveeld . . .  Maar ek is nie

Blaai saam deur sy foto-album:

Skaars ses maande oud.

Skaars 6 maande oud

Ek (middel) saam met my ouer broer, Andrew, en my ma, Bev.

Saam met broer Andrew en ma Bev

My eerste provinsiale swem-medaljes. ek was 10.

Sy eerste provinsiale swem-medaljes.

Saam met die swemmer Jessica Pengelly in 2007 by ’n toekennings-
geleentheid van Swem Suid-Afrika.

Saam met swemmer Jessica Pengelly

My eerste groot
medalje (brons in die
 50  m-borsslag) by die 
Fina-wêreldkampioen-
skap in Australië
 in 2007.

Sy eerste groot medalje

Hier is ek in Doebai saam met my ouboet, Andrew, en pa, David.

Saam met broer Andrew en pa David.

Ek en die bekende Franse sjef Eric Lanlard.

Saam met bekende Franse sjef Eric Lanlard.

In Monaco saam met die ontwerper Tommy Hilfiger.

Saam met ontwerper Tommy Hilfiger in Monaco

Ek en Jana 
in 2010 by die Wêreldbeker-sokker 
in Kaapstad.

Cameron en Jana by die 2010 Wêreldbeker in Kaapstad