janice
Ons praat met

Ons gesels met die forensiese patoloog, dr. Janis Amatuzio

Hoekom word mense so gefassineer deur die dood en al die grusaamhede in hierdie soort reekse?
Daar is ‘n fassinasie met die manier hoe mense leef, want om die dood te ondersoek is niks anders as om die lewe te ondersoek nie – en ons almal kry ‘n kans om te sien hoe mense regtig dink. Jy’t seker al gehoor van die gesegde “gedagtes word dinge en geloof word biologie”. Forensiese patologie en die ondersoeke na die dood is ‘n intieme reis na hoe ‘n mens sy lewe leef.

Wat presies doen ‘n forensiese patoloog?
Hy of sy is ‘n mediese dokter wat spesialiseer in patologie. Patologie het te make met die identifisering van ‘n siekte, hetsy dit anatomies of klinies geskied. In anatomiese patologie kyk ons na weefsel en in kliniese patologie word die liggaamsvloeistowwe in ag geneem. Forensiese patologie kyk dan na patrone van beserings of siektes wat ‘n skielike of ongewone dood veroorsaak.

Watter karaktertrekke maak van iemand ‘n goeie forensiese patoloog?
‘n Oop kop! Jy moet observeer, nie oordeel nie. Jy moet ‘n raaisel kan oplos en genoeg lewenservaring hê. Jy moet al wyd geleef het! Want jy sien, om die dood te ondersoek gaan halfpad oor wat jy weet en die ander helfte oor wat jy voel. Jy moet jou gut kan vertrou.

Beskryf die proses van ‘n ondersoek. In watter stadium tree jy in of praat jy met ander mense wat ook betrokke is?

Ons werk nou saam met wetstoepassers. Maar ons vra “wat het gebeur?”, hulle vra “wie’t dit gedoen?”. En dis ons werk om namens die dood “te praat”. Wanneer ‘n liggaam gevind word, of iemand is in ‘n huis of ‘n hospitaal oorlede, word wetstoepassers ingelig. Wanneer hulle seker gemaak het dat die area veilig is om te betree, laat hulle die mediese ondersoeker weet. Hy of sy het gewoonlik ‘n speurder by hulle.

Onder my jurisdiksie is daar 70 of 80 mense wat vir my werk. Hulle is my oë en ore op ‘n misdaadtoneel. Hulle moet uitvind wie die persoon is, uitvind wat gebeur het – wie’s die familie, wat gaan met die eiendom gebeur en of dit wel ‘n misdaad is.

Wanneer dit ‘n kriminele dood is, word die forensiese patoloog ook uitgeroep na die toneel. Ons moet die toneel ondersoek, ons moet oor agtergrond-inligting beskik en dan doen ons ‘n lykskouing. Sonder een van hierdie ondersoek-faktore kan ons nie uitvind wat regtig gebeur het nie.

Ek’t geleer om vir die mense naaste aan my te sê hoe lief ek hulle het. Want as jy elke dag met die dood te make het, weet jy hoe gou iemand van jou weggeruk kan word. – Janis Amatuzio

Jy het jou man op ‘n misdaadtoneel ontmoet?
Ja, in Minnesota. Toe ek op die toneel aankom, het my kar in sneeu vasgeval en hy moes my uithelp. Hy was woedend. Maar ek neem aan hy het my registrasienommer afgeskryf, want later het hy my gebel en uitgevra vir ‘n aand.

Was dit vir jou moeilik toe jy begin werk het, en het dit ‘n effek op jou daaglikse lewe?
Ja, toe ek laat in die 1970’s begin werk het, was die polisiemanne bykans almal mans, en hulle was nie gewoond daaraan om ‘n vrou op die misdaadtoneel te sien nie. Ek’t eenkeer op ‘n toneel aangekom toe ‘n polisieman vir my sê ek moet wegkom daar. Toe ek sê ek is die mediese ondersoeker was sy opmerking: “Wat word van die wêreld?”
Ek’t geleer om met passie te leef, nie angs nie. En ek waardeer my geliefdes! Ek’t geleer om vir die mense naaste aan my te sê hoe lief ek hulle het. Want as jy elke dag met die dood te make het, weet jy hoe gou iemand van jou weggeruk kan word.

Hoe ontspan jy?
Dis nogal moeilik. Ek probeer mediteer en ek woon in ‘n gebied met baie bome. Ek gaan stap gereeld en bring tyd saam met my honde, perde en my man deur. Ek probeer om nie sinies te word nie en herinner altyd myself dat hierdie mens iemand se seun, dogter, broer, suster, vrou of man is – en dat hulle ook net mens is.

Wat dink jy van programme soos CSI? Kyk jy daarna of dink jy dis te onrealisties?
Ek’s ‘n aanhanger! Dit het die forensiese wêreld ‘n hupstoot gegee. Voor OJ Simpson se verhoor in 1994 het ons programme soos Quincy en Murder She Wrote gehad. Nou’s daar NCIS, CSI, Law and Order – noem maar op!

In NCIS praat die patoloog, Ducky, met die lyke. Praat jy soms met hulle?
Ja, ek doen dit! Ek’s mal oor Ducky. Ek vra soms: “Nou wat het regtig met jou gebeur?”
Dan sê die jong dokters altyd: “Dokter Amatuzio, dis oukei as jy met hulle praat, maar as hulle begin terugpraat is ons weg!”

As jy enige moord in die geskiedenis kon ondersoek, watter een sou dit wees?
Die sluipmoorde op voormalige Amerikaanse presidente John F. Kennedy of Abraham Lincoln.

Skok enigiets jou nog?
Ja, dinge ruk my steeds. Ek’t nie te lank terug nie ‘n lykskouing op ‘n jong mens gedoen wie se kop byna afgeruk is in ‘n motorongeluk. Ek’t behoorlik teruggesteier toe ek hom sien. Erge trauma bly vir my erg.

  • Elba Mulder

    Wat ‘n interessante mens! As ek my lewe kan oorkry, is dit beslis wat ek sou wou doen! Groot aanhanger van CSI, NCIS. Ek dink humor is beslis ‘n MOET in hierdie beroep.

  • Natasha

    ek is ‘n gr9 meisie wat nou vak keuse moet doen en ek vind die werk wat jy doen baie interessant en wil graag in die inrigting gaan van patologie, maar spesifiek in jou rigting in en ek doen nou al navorsing oor watse vakke ek benodig op skool en niemand het vir my ‘n antwoord, nie kan jy my dalk help?

  • http://vedbandtqqzg.com/ xcqbmok

    DcA5nR rmbfsypyfadh, [url=http://sigwvfvupqvo.com/]sigwvfvupqvo[/url], [link=http://yjwuouhfrsgg.com/]yjwuouhfrsgg[/link], http://ugilvkcomexd.com/

  • http://icaijvjfvgur.com/ fkaeosygrmn

    G55JqD xooqlmgrajsk, [url=http://waamfwyaitex.com/]waamfwyaitex[/url], [link=http://bfydnjqzkqmf.com/]bfydnjqzkqmf[/link], http://xbhcanyeaure.com/

  • Leandri

    Helo my naam is Leandri en ek is ok ‘n gr9 meisie en ek wil ok graag min of meer weet watse vakke ek moet he om in die rigting in te gaan want ek wil baie graag in die rigting gaan van Forensiese patologie.Dankie

  • Chanè Raath

    Hai, ek is nou in Gr.12. Ek wil baie graag weet waar die beste plek sal wees om vir Forensiese Patologie te gaan studeer…? =]

  • Marice

    Hello my naam is Marice
    Ek wil graag n forensiese patoloog word. Watter vereistes het ek nodig om dit te kan studeer? Baie dankie

  • Quintin du Toit

    Ek is in graad 7 en moet ‘n taak doen oor my beroep. Ek stel belang om eendag ‘n mediese speurder te word. Kan u asb vir my se waar is die beste universiteit en hoekom stel u dit voor. Watter vakke moet ek neem vanaf graad 8 om my droom te kan bereik.
    Baie dankie.

  • Marilee

    Ek Is 13 jaaar oud em in gr.7 ek moet ‘n taak doen oor my beroep en ek wil graag in ‘n rigting van patologie gaan. maar ek weet nie na watter college ek moet gaan om dit te studeer nie en watter vakke ek sal moet neem van gr.10 af nie! asseblief help my!

  • Marilee

    Ek Is 13 jaaar oud em in gr.7 ek moet ‘n taak doen oor my beroep en ek wil graag in ‘n rigting van patologie gaan. maar ek weet nie na watter college ek moet gaan om dit te studeer nie en watter vakke ek sal moet neem van gr.10 af nie! asseblief help my!

  • Marilee

    Ek Is 13 jaaar oud em in gr.7 ek moet ‘n taak doen oor my beroep en ek wil graag in ‘n rigting van patologie gaan. maar ek weet nie na watter college ek moet gaan om dit te studeer nie en watter vakke ek sal moet neem van gr.10 af nie! asseblief help my!

  • Marilee

    Ek Is 13 jaaar oud em in gr.7 ek moet ‘n taak doen oor my beroep en ek wil graag in ‘n rigting van patologie gaan. maar ek weet nie na watter college ek moet gaan om dit te studeer nie en watter vakke ek sal moet neem van gr.10 af nie! asseblief help my!

  • Marilee

    Ek Is 13 jaaar oud em in gr.7 ek moet ‘n taak doen oor my beroep en ek wil graag in ‘n rigting van patologie gaan. maar ek weet nie na watter college ek moet gaan om dit te studeer nie en watter vakke ek sal moet neem van gr.10 af nie! asseblief help my!

  • Marilee

    Ek Is 13 jaaar oud em in gr.7 ek moet ‘n taak doen oor my beroep en ek wil graag in ‘n rigting van patologie gaan. maar ek weet nie na watter college ek moet gaan om dit te studeer nie en watter vakke ek sal moet neem van gr.10 af nie! asseblief help my!

  • lizi marie

    ek is lizi marie in graad 9 ek staan op ‘n moeilike besluit van my lewe ek wil graag ‘n Forensiese patoloog word en ek moet my vak keuses neem ek wil net weet of u my kan help deur vir my te se presies watter vakke ek benodig vir die beroep. ek sal dit baie wardeur.

  • Marlene van der Merwe

    Hi,

    Ek wil graag forensies studeer as ek is klaar is met skool. Ek is huidiglik in graad 11 en wil graag weet watse vakke ek moet he om verder te kan gaan studeer vir forensies. Ek het nog een geleentheid op skool om van vakke te verander is dit dalk moontlik om vir my die inligting te kan gee sodat ek die regte vakke kan kies.

    Dankie

    Marlene van der Merwe

  • Kevin Christensen

    Hello, my naam is Kevin ek is in graad 9 ek is mal oor NCIS en ek wil graag eendag ‘n forensiese patoloog word. Sal mevrou my asb sê waater vakke ek volgende jaar moet neem.

  • JACOLINE SAAYMAN

    MY SUSSIE IS HUIDIG IN GR 10 EN WIL `N FORENSIESE PATOLOOG WORD MAAR ONS WEET NIE WATSE VAKKE SY NODIG HET NIE KAN U MY ASB SE WATTER VAKKE SY NODIG HET.

  • Siobhan Taljaard

    My naam is Siobhan Taljaard…My passie is om forensie patalogie te studeer. Ek moet vakkeuses doen vir graad 10-12. Graag wil ek my vakkeuses weet , of ek ‘n VOO sertifikaat benodig en laastens wat is die slaagvereistes vir goedkeuring. Hierdie inligtin is vir my ongelooflik belangrike , want ek moet ;baie belangrike besluit neem wat my toekoms direk raak.