Ons praat met

Ons lesers (en Armand) vra vir Steve vrae

Armand vra:

As Pa van ’n sekere ouderdom af weer kon leef, watter ouderdom sal dit wees? En as Pa in ’n sekere era kon leef, watter een sou dit wees?
Ek sal moontlik my 20’s weer wou waag, maar ai, die domheid. Ek dink Europa in die negentiende eeu was opwindend en 1938 tot 1960 in Suid-Afrika. Ek sou so graag ’n ou Austin wou ry. Of ’n DKW.

Amelia van Buren- Vanderbijlpark vra:

As jy oomblikke in jou lewe moet uitlig, watter het aan jou hartsnare gepluk?
Vakansies by my twee oumas aan albei kante van die familie, die een Engels (Pretoria) en die ander Boers (Brandfort), die Laerskool Hennenman, Grey-Kollege en ons huis in Bayswater (met ’n teer-tennisbaan), die weermag en vroeë dramaskooljare, my eerste band, oorsese reise,my kinders en my trane voor Matisse se La Danse in New York.

Yolande Edelnsky – Vereeniging vra:

As niemand naby is nie, wie is Steve regtig?
Ek woeker nie met personas nie; dis uitputtend. Ek is eintlik presies dieselfde ou op die verhoog as op die sypaadjie. Tuis is ek nogal stil. Ek is nie heeltemal seker hoe die publiek my ervaar nie, maar ek maak onderskeid tussen dié wat my ken en dié wat spekuleer oor my intensies.

Erna Maree – Pretoria-Oos vra:

As jy nie bekend was nie, wat sou jy gewees het?
My oorspronklike idee was omroeperswerk, omdat ek altyd van musiek en kommunikasie in albei tale gehou het. Maar ek sou seker die regte aangedurf het. Dis etiek wat my deesdae meer besig hou as liedjies.

Mariska Leibbrandt – Centurion vra:
Wat was jou moeilikste vak op skool? Hoekom?
Wiskunde (32%). Ek het dit net nie met syfers nie.

Anci du Toit – Johannesburg vra:

Watter oorsese stad of land waar jy al opgetree het, was vir jou die interessantste of mooiste?
Calgary [Kanada], Rotorua [Nieu- Seeland] en Amsterdam [Holland]. Kombinasies van pragskoon, kultuur, geskiedenis en vars lug.

  • Annette Kruger

    Steve Hofmeyr bly die oulikste man in die bedryf. Ek dink hy kan enige iets verkeerd doen en hy sal elke keer vergewe word omdat hy die Afrikaners se hartsnare elke keer aanraak met wat hy vir die Afrikaner beteken. Disa die klien dingetjies in die lewe wat iets beteken.

  • Corrie du Preez

    Weet jy wat Steve jy bly ‘n fantastiese mens, en Armand is net so ‘n goeie mens. Die mense kan maar se wat hulle wil, wys my een Suid-Afrikaanse Blanke mense wat so opstaan vir die Arikaners. Jy en Bok van Blerk is lyk my al mense wat opstaan vir ons. Baie dankie. En moenie worry wat die mense van jou se en dink nie. Daar is baie van die onbekende mense wat meer geraamtes in die kas het as jy, dis maar net oor jy beroemd is dat al jou goed moet uit kom. En jy sorg teminste vir jou kinders al is hulle buite die huwelik gebore. Jy is fantasties met al jou kinders!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • Ems Armfield

    Ek is seker daarvan dat Steve in enige iets sou uitblink hy het alles en nog meer en dit is waarom so baie van ons agter hom staan maak nie saak of hy iets verkeerd gedoen het of nie. Sy eerlikheid en die feit dat hy nooit n moord kuil van sy hart maak nie maak hom die persoon wat almal voor lief is. HOU SO AAN STEVE. MIS JOU OP FACE BOOK????????

  • yolandie botha

    Steve jy is die beste!!!! Hou so aan ons staan agter jou!!!

  • johan

    Ek wens Steve wil vir ons afrikaaners hier in chile kom kuier !!! Ek bly in pretoria,blou bul maar werk hier in chile

  • Charlotte en Don Gibbs

    Steve, jy sal nie wéét wat jou besoek verlede maand vir ons Suid-Afrikaners hier in Londen beteken het nie! Ons het nou sommer weer ‘n wip in ons stap! Dankie, jy’s FAB … moenie jou steur aan mense se negatiewe praatjies nie! Hulle’s net jaloers … suur druiwe … of hulle ken jou nie! Ons weet van beter. Groetnis uit Engeland. Ons sien uit na jou volgende konsert!

  • Hennie Theart

    Dit is eers as jy nie meer in Suid Afrika is nie, dat dinge vir jou begin
    krap, en dat jy besef wat afrikaans beteken.
    Van die dag toe ek jou in "Agter elke man" gesien het, het ek geweet hier is probleme. Nie probleme "probleme" nie…maar positief gesien.
    Jou musiek was nog altyd vir my uniek, en baie goed/mooi….ek kan dit nie regtig beskryf nie….afrikaans is mooi as dit reg uitkom!!
    Jou tv program "dis hoe dit is" is ‘n voorbeeld van hoe afrikaners dinge doen. Dit was wonderlik om daarna te kyk.
    Doen jou ding soos jy dit die beste sien en kyk en luister verby die mense en hul probleme wat hulle joune wil maak.
    Hoop as ek weer in Suid Afrika kom om ‘n goeie cd of dvd van jou te kan kry. Die laaste wat ek van jou het is ‘n dubbel cd waar jy "Niel Diamond" sing.
    Hou so aan Steve…!!!

  • PETRO

    BLY SOOS JY IS EN ONS IS LIEF VIR JOU EN WAARDEER JOU VRIENDSKAP VAN 21 JAAR ONGELOOFLIK BAIE…….ONS KAN SAAM’N BOEK SKRYF OOR AL DIE JARE SE WEDERVARINGE.

  • ROOIES

    STEVE, JY BLY TOPS

  • Ronel Godfrey

    Ek lees nou eers Steve se boek, "mense van my asem". Hy is ‘n mens met ‘n persoonlikheid soos min, hoogs intelligent. Dalk, net dalk sou die woorde wat dood gspreek het oor hom in die media en mense self, aangewend word om hom as mens te ervaar en te waardeer……hy is die "een in ‘n miljoen mansmens".

  • Lee

    Hi Steve,

    Dankie dat jy opstaan vir die Afrikaners, ons wit afrikaners het nog nie die konsep van as almal saamstaan, het ons ‘n stem onder die blad nie. Ek wens dat jy nooit sal verander nie en ek dink jy is Koning!!

    Lee

  • Elrika

    Steve jy is die beste en jy weet dit !!! Baie geluk……
    Doen nou ‘n goeie daad….neem Warren Eliot onder jou vlerk….genade daardie jongman het diepte…ongelooflike talent….leer hom om jou hoogtes te bereik….hy het dit…hy kan !!!

  • Adele

    Steve jy is die sout van die aarde! bly soos jy is.

  • Jolandie

    Steve sal altyd my gunsteling kunstenaar bly, of dit nou in tv-programme of musiek is. Al sy cd’s maak gereeld ‘n draai in my motor, en net soos vir hom het hulle ook vir my sentimentele waarde. Sommer BAIE!!! Doen so voort Steve!!!!

  • Jakki

    Steve is inderdaad ‘n mens mens:

    Hy maak ook foute, en erken dit.

    Hy staan op vir dit waarin hy glo. Lê nie op die kantlyn en kritiseer ander nie.

    Hy is hoogs intelligent, skryf diep liedjies, is super sexy en bly nederig.

    Hy het al die ou liedjies en hul kunstenaars weer op die "map" geplaas. Alles gaan nie oor homself nie.

    Die inhoud van sy TV-program is nagevors en die aanbieding daarvan is puik.

    You go STEVE, ons sal jou altyd ondersteun. Ignoreer dié wat jaloers, naywerig en kleingeestig is.

  • gert

    ag stevie jy is n pragtige mens – wink wink

  • Steve, mense kan se wat hul wil. Jy is miskien nie die ideale man nie maar jy is ‘n pa 1000 en ‘n vrek goeie kunstenaar. Jy sal altyd een van die bestes bly wat SA het.

  • Kathleen

    Steve jy sal altyd my gunsteling bly. Moet nooit verander nie, bly net soos jy is. Tops!!

  • Etienne

    Daar is maar ‘n handjie vol "Suid Afrikaners" wat regtig omgee vir Afrikaans, en jy is nommer 1 op daai lys. Jou musiek is fantasties, en ek dink absoluut jy is in ‘n ander klas as die res van die sterre. Wat van jou nog ‘n beter mens maak, is die feit dat jy jou foute dadelik erken en dit regstel, dit maak van jou ‘n besondere mens. Steve, jy is ‘n kampioen !!!!

  • Rolene Van Loggerenberg

    Ek lees al jare die huisgenoot, en vandag is die briewe daar van die Huisgenoot skouspel wat dan nou so wonderlik was. Wel ek dink nie so nie al was ek nie daar nie want wat is skouspel sonder Steve. Ons land het vreeslik baie goeie sangers en sangeresse maar, ek weier om skouspel te gaan kyk, nie voordat hulle Steve weer terug nooi nie. HY is "Mnr Suid Afrikaanse Musiek".
    Rolene van Loggerenberg.

  • Juanita

    Steve, jy is die beste!!!! My hart se punt…

  • bets barnard

    ai Steve, ek’s baie trots op jou. ek weet nie of jy nog Rustenburg Koof kan onthou toe het jy net begin met jou sang loopbaan. jy’t daar op getree en het die beoordeeling van die ou manne wie die grootste maag het en my ouman het dit gewen. toe het ek al vir my mensies gese hou die toekoms dop hier’s ‘n Afrikaner seun wat gaan naam maak. en dit het waar geword. ek en my famielie geniet jou sang en die manier wat jy vir onse Afrikaans op staat. en nog meer trots op jou dat jy so mooi na jou seuns kyk. hoe so vol en ek bid dat jy die Hand van Bo op jou lewe sal voel en vir ons nog meer Christelike liede op CD sal bring.

    jy bly maar die beste.

  • bets barnard

    ai Steve, ek’s baie trots op jou. ek weet nie of jy nog Rustenburg Koof kan onthou toe het jy net begin met jou sang loopbaan. jy’t daar op getree en het die beoordeeling van die ou manne wie die grootste maag het en my ouman het dit gewen. toe het ek al vir my mensies gese hou die toekoms dop hier’s ‘n Afrikaner seun wat gaan naam maak. en dit het waar geword. ek en my famielie geniet jou sang en die manier wat jy vir onse Afrikaans op staat. en nog meer trots op jou dat jy so mooi na jou seuns kyk. hoe so vol en ek bid dat jy die Hand van Bo op jou lewe sal voel en vir ons nog meer Christelike liede op CD sal bring.

    jy bly maar die beste.

  • Christine von Waltsleben

    Steve as jy dit het,het jy dit verseker. Jy bly my nommer een.

  • vyymep

    gIaulC uithllfwrrin, [url=http://anpswnbydpec.com/]anpswnbydpec[/url], [link=http://algjzrxnkrbd.com/]algjzrxnkrbd[/link], http://gitclfggfnit.com/

  • ggyoqa

    RXMy0Q uuanbtkykjxv, [url=http://xorcswqfcbfc.com/]xorcswqfcbfc[/url], [link=http://viriycvnhwia.com/]viriycvnhwia[/link], http://fkceemkzocrd.com/

  • Robert

    Hallo Ihr Zwei!Als Ihr uns Euren Hochzeitstermin mitteiltet, haben wir uns rsieig gefreut! Es ist ja nichts Neues, dass wir schon immer bissel darauf gewartet hatten Stefan hatte, genau wie bei Andrea und Jf6rg, von Stund an nur noch die Gestaltung der Hochzeitstorte im Kopf und meine ersten Gedanken waren natfcrlich: was zieh ich blodf an So schnell wie in diesem Jahr wurde es wohl noch nie Mai!Plf6tzlich rfcckte noch die Sorge um Oma`s Gesundheitszustand in den Vordergrund. Der Wille, Euren schf6nsten Tag auch noch erleben zu dfcrfen siegte!Allein fcber die Vorbereitung des Polterabends kf6nnte man Bfccher schreiben. Alle Beffcrchtungen, ob`s Essen reicht, ob`s nicht zu kalt ist usw. unbegrfcndet! ( typisch Mutter )Ihr hattet alles perfekt vorbereitet, mehr als genug angeschafft und es gibt bestimmt keinen von den fcber 200 Polterern , die diesen besonderen Himmelfahrtstag vergessen werden.Danke auch den vielen fleidfigen Helfern!Als ich am 27.05.06 mit den Hfchnern aufstand, um mich noch vor Eurer Trauung um das Geburtstagskind Oma Charlotte zu kfcmmern, war sicher nicht zu unterscheiden, ob mehr Wasseraus den Wolken, oder aus meinen Augen kam!Klitschnass anschliesend mit dem Rad zum Friseur, immer krampfhaft an Axel`s Worte denkend Mutter, jammere ja nicht rum, dass es ausgerechnet heute regnet !!!!Aber die da oben hatten ein Einsehen, sogar die Sonne lies sich noch sehen. Als Jf6rg dann mit dem Hochzeitsauto Axel abholte, um ihn zu seiner Braut zubringen, wars mit dem letzten Funken Ruhe vorbei Ob Standesamt, Kirche, die eigentliche Feier, alles wurde perfekt, wunderschf6n und unvergesslich!Wir sind stolz und dankbar, dass wir erst bei Jf6rg und Andrea und jetzt bei Euch soetwas Einmaliges erleben durften und wfcnschen Euch ein Leben lang alles Glfcck der Welt!Eure Eltern