FOTO Twitter @MommyMatters

FOTO Twitter @MommyMatters

Het jy gehoor?

Ontbyt kan ’n kind se dag help maak of breek & Cindy Nell help

Hoeveel keer hoor ons nie ontbyt is die belangrikste maaltyd van die dag nie? En dís eintlik ’n boodskap wat ons baie ernstig moet opneem. Want byna een uit vyf kinders gaan daagliks skool toe sonder om ontbyt te eet. 

kelloggstag

Daarom het Kellogg’s besluit genoeg is genoeg, want mense, veral kinders, se gesondheid is op die spel as hulle nie ’n gesonde ontbyt eet nie. Met hul Breakfasts For Better Days-veldtog wil Kellogg’s Suid-Afrikaners inlig oor die gevare as kinders nie van jongs af goeie eetgewoontes aanleer nie.

Die voormalige Mej. SA en sakevrou Cindy Nell en sokkerster Keagan Dolly help Kellogg’s met dié taak en besoek skole gereeld.

Kellogg’s wil deur hul veldtog help om meer as 25 000 kinders soggens te voed. Dit is deel van hul internasionale doel om teen die einde van die jaar 1 miljard ontbyte en happies vir kinders te gee.

“Kinders kan nie op ’n leë maag behoorlik konsentreer as hulle moet leer nie. ’n Honger kind kan nie eens lekker speel nie.”

- Cindy Nell, ambassadeur van Kellogg’s se Breakfasts For Better Days-veldtog

“As kinders minstens net ’n bord gesonde graankos vir ontbyt kry, sal dit hul dag baie beter maak. Vir baie kinders is die volgende maaltyd eers weer die volgende dag se ontbyt. Daarom is die rol van ontbyt in ’n kind se lewe ontsettend belangrik,” sê Cindy.

Kyk net die verskil wat dié inisiatief in Mpho se lewe gemaak het.

Vir meer inligting, besoek hul webtuiste, Facebook- en Twitter-blad.