sr0909skoonnou
Ons praat met

Uma Thurman nuwe gesig van Givenchy

Jy vier volgende jaar jou veertigste verjaarsdag – hoe voel dit om ‘n “ouer” vrou in Hollywood te wees?
Ek hoop ek raak ‘n bietjie volwasse, want ek was die grootste deel van my lewe hopeloos onvolwasse, wat my kinderlik hou – maar dis omtrent tyd dat ek groot word! Dis nie vir my ‘n negatiewe ding nie. Ek voel persoonlik dat dinge beter raak. Ek geniet my lewe soveel meer as wat ek voorheen het, en ek het selfs meer vertroue in my fisiese voorkoms.

Jy het nie altyd soveel selfvertroue gehad nie en is geterg oor jou voorkoms toe jy jonk was. Hoe het jy dit oorkom?
Selfs toe ek op vyftien/sestien modelwerk begin doen het, is my voorkoms as “vreemd” beskryf. Eers toe ek die babavet verloor het, het my gesig begin sin maak. Ek onthou hoe ek by my ma gehuil het dat die kinders spot en sê ek is lelik en dan het sy gesê: “Toemaar, hulle sal dit nie oor 10 jaar se nie.” Ek wou haar so graag glo, want dit máák seer. Boonop was my ma ʼn klassieke skoonheid (haar ma was ʼn model) – nie soos ek nie, sonder ‘n groot neus, simmetries en perfek, byna soos Christy Turlington. Ek het drie broers gehad en kuiergaste wou altyd sien hoe lyk die dogtertjie. Wanneer hulle my ontmoet, het hul gesigte merkbaar geval en hulle het nie geweet wat om te sê nie, dan sê hulle maar: “O . . . sy lyk soos haar pa!”

Wat van klere – hoe belangrik is mode vir jou?
Ek gee nie genoeg om oor mode nie – ek benodig hulp daarmee. As ek my chaotiese huis-uitrustings wil aantrek, kry ek nooit weer die regte bostuk of onderstuk nie. Dalk moet ek hulle aan mekaar vaswerk – bring terug die jumpsuit! Miskien is dít hoekom ouer vrouens jumpsuits dra, sodat hul nie die bostuk of onderstuk kan verloor nie.

Ek geniet mode regtig baie, maar dit vereis harde werk. Daardie vroue wat jy elke dag met ʼn ander handsak in ‘n ander kleur in die koerante sien – hulle moet seker iemand permanent aanstel wat net na hul klere omsien. Ek weet nie hoe hulle dit doen nie, dit beïndruk my regtig.

Jy sê jy gym nie en jy draf nie, so wat doen jy om so fantasties te lyk?
Umm . . . Ek drink baie water en ek eet gesond – ek eet ook ryk, ek’s lief vir my botter, maar als in matigheid. Ek probeer moeite doen met my gesondheid: ek sal byvoorbeeld ‘n rou sap-dieet volg vir ‘n paar dae, dis vir my reinigend, maar ek doen dit omdat dit my laat goed voel – en wanneer jy goed voel, lyk jy ook beter.

Ek sien jy rook wel?
Ek hou op, ek begin weer, hou op, begin weer. Ek hou meer op as wat ek begin, maar sodra ek deur ‘n stresvolle tyd gaan, val ek terug in die gewoonte. Dis ‘n regte beslommernis en elke keer sê ek vir myself ek sal myself nie weer daardeur sit nie. Maar ek dink heimlik glo ek aangesien ek al voorheen opgehou het, sal ek weer kan ophou. Dan raak jy vasgevang – dis ‘n nagmerrie.

Ek’s spyt dat ek as tiener op hoërskool sedert die ouderdom van 13 toestemming kon vra om na die rook-area te gaan. Ek het my ma gevra om daarvoor te teken omdat al die cool kinders soontoe gegaan het en ek nie saam met hulle sou kon uithang as sy dit nie teken nie. “Asseblief mamma, ek belowe ek sal nie rook nie!” Arme mamma.

Dinge het nou verander, jy kan nie meer in skole rook nie, maar daai tyd was dit nog die in-ding om te doen.

Dra jy elke dag parfuum?
Nie elke dag nie, want dit sal dit bederf. In my gejaagde lewe onthou ek nie altyd nie, maar wanneer ek wel onthou, is dit gewoonlik ‘n goeie teken dat ek daai ekstra minuut gevind het om goed te voel oor myself en waarheen ek op pad is.

Hier is die advertensie vir inspirasie!


 ■ Vir nog vrae uit hierdie onderhoud, gaan loer in jou September-SARIE.

Ange ou Démon Le Secret kos R600 vir 30 ml EDP.

  • http://zwjqoephtchw.com/ qufwvgpxf

    RWvYTD lvptwmejyevt, [url=http://mteawavrieox.com/]mteawavrieox[/url], [link=http://xdsqliufybvo.com/]xdsqliufybvo[/link], http://izweawoggxlm.com/