Ons praat met

Ontmoet Pippie Kruger se ouma, Loesje Barnard

“Dit voel of jy weer van vooraf kinders grootmaak. Dit is net lekker, van begin tot einde. My dogter, Anice, het Arno met ’n vaste roetine grootgemaak, so hy is maklik. Ek wys dikwels vir hom foto’s van sy ma en pa, en as Erwin op die plaas kom kuier, is hy baie opgewonde.

Hy begin nou praat en sê ‘Mamma’ en ‘Pappa’. Dit is soms byna hartseer om te sien hóé goed hy aanpas. Dikwels is hy dae lank by die hospitaal en dit kan nie vir hom maklik wees nie, maar dis asof hy verstaan dat hy maar net sy beste voetjie moet voorsit.

Ek het ’n ongelooflike man, as jy ’n span is, trek twee die wa. Die Here loop ’n pad met ons gesin. Hy hou ons sterk. As die ‘af’ oomblikke kom, dan huil ek so ’n paar trane, en besef ek kan Sy hand neem óf ek kan alleen staan.

Die mense se gebede dra ons ook. En die hospitaalpersoneel is ongelooflik – van skoonmakers, die sekerheidsmense tot die dokters.

Anice is baie sterk, maar as sý ‘af’ is, dra ek haar en andersom. Sy is nog mý ‘baba’. Ons is baie na aan mekaar. Ek het haar as kind al geleer: Maak die beste van elke dag, maak tyd vir mense, vergeet van die televisie, gee mekaar nét liefde en kyk altyd boontoe! Ons is ’n bevoorregte gesin.

Ek weet Pippie gaan heel teruggegee word. Die Here maak klaar wat Hy begin. Kyk net al die wonderwerke wat reeds elke dag met haar gebeur. Dis net liefde wat ons staande hou.”

* Pippie het daardie aand derdegraadse brandwonde oor sowat 80 persent van haar lyfie opgedoen nadat ’n bottel vuuraansteekmiddel in haar pa, Erwin, se hande ontplof het.

  • Erika en Marius Botha

    Aan die Kruger familie ons bid vir julle! Die Here sal julle deur dra! Liefde

  • Hestie van Zyl

    Whow, net vanoggend weer vir julle en vir ons almal se kosbaarste Pippie gebid. Dankie dat jy weet dat dit wat God begin het sal Hy klaar maak. Fil 1:6 sê dat die Vader met ons sal besig wees tot op die dag van JESUS Christus. Julle is voorwaar ‘n wonderlike familie, en God sal julle eer omdat julle in eenheid in Christus staan. Jesus het vir alle pyn en seer en stukkend ook aan die kruis betaal, en daarom staan ons daarop dat Pippie volkome genees en herstel. Dankie JESUS vir U LIEFDE vir hierdie hele gesin. Mag Vader julle van krag tot krag end-uit dra en julle in oorwinning leef.

    Ons is sommer baie lief vir julle en sal altyd die Here dank vir Sy groot genade vir julle elkeen.

    xxxx

  • Sylvia van der Westhuizen

    Daar is net een Geneser en ons dank Hom vir die genesing van Pippie. Liefde tannie Sylvia xxx

  • Denize Burger

    Wat ‘n wonderlike ouma & ma!

  • Roelf Foord

    Ouma Loesje, jy is voorwaar ‘n kind van God. Ek kry elke keer ‘n knop in my keel as ek die Huisgenoot optel, of in die koerant van Pippie se wonderwerke lees. Ons bid vir julle hele gesin en glo saam met julle dat hierdie verhaal ‘n baie mooi einde gaan he.

  • André

    Goed om te hoor dit gaan goed met Pippie. ‘n Mens kan maar net jou hoed afhaal vir die meisiekind. BRAAF

  • Wilma Josey Venter

    Pippie Prinses… Almal se liefkind… dankie Ouma Loesje dat jy na klein Arno omsien. Dit is ongelooflik hoe die Here se Hand oor Pippie en Anice gehou word. Ons is DAAR vir julle ALMAL.. ons dra julle in ons gebede… Wilma Josey Venter en die PROJEK KOMBERSIE Span.

  • BARRY

    OUMA IS N FATASTIESE MENSE JYS N WARE OUMA WAT HAAR KLEINSEUN MET SOVEEL DEURNIS GROOT MAAK JYS SUPER OUMA MAG JY RYKLIK GESEEN WORD.

  • Elize

    Sterkte vir die pad voorentoe. Ek glo God gaan Pippie in die toekoms gebruik om vir mense Sy amazing krag te wys. Julle is werklik n dapper familie. Mag God se goedheid julle elke dag volg en vul met liefde.

  • Erica Herbst Louw

    Nou verstaan ek hoekom is Pippie so ‘n sterk dogtertjie met ‘n veggees wat min kindertjies van haar ouderdom het. Haar Ma het haar so geleer en haar Ouma het haar Ma so geleer. Julle is gereeld in ons gebede en as almal saam bid vir julle, word ‘n eenheid geskep en waar ‘n eenheid is, gebied God sy seen. Liefde vir julle!!

  • Lydia Smith

    My 4 jarige dogtertjie is mal oor Pippie. Toe sy op die voorblad van die Volsblad verskyn kon die koerant weggooi want as sy gaan slaap, slaap Pippie saam met haar (toe gemaak onder die duvet). Ons bid dat sy vinnig volkome sal herstel en is baie trots op haar vordering.

  • Odette

    Dit is wonderlik om te sien dat deur so moeilike tyd n famielie so saam staan,Pippie is n pragtige kind met krag wat baie van ons wens ons sou kon he,Mag God se liefde julle as n famielie net sterker maak.En weet dat ons elke dag ons gebede vir julle op dra.En aan ouma,Jy is n wonderlike mens met n hart van goud.

  • Alletta November

    dankie here dat u weer u hand van geneesing gewys het en dit aan n dogterjie van 4 as ons dag vir dag lees van ouer mense wat beswyk het aan hulle brand wonde is dit weereens net genade wat pippie gedra het tot huur en u here was dag vir dag langs haar bed om haar was te hou en sit nog steets langs haar bed ,dankie here sy is n groot bemoediging in my lewe en ek sal altyd dankbaar wees vir wat u in haar lewe gedoen het…sterkte my blom en hou goeie moed

  • Alida Vos

    Wat ‘n lieflike Ouma en daardie moedige Pippie steel jou hart.

  • Denette Westraadt

    Julle is almal "amazing" mense – wat julle juk op ‘n manier dra wat vir baie van ons net ‘n voorbeeld is!! Dit kan nie maklik wees nie en daar is seker baie dae wat julle ook maar net mens is en die kragte minder is as ander dae!! Maar dankie dat ons kan sien hoe opregte geloof en liefde vir mekaar lyk!!! Baie sterkte vir wat nog wag en weet dat daar soveel mense is wat vir julle bid!!!

  • Trippie

    Pragtige getuienis !
    Trippie het sommer baie lief geword vir Pippie.

  • Joey Combrinck

    Wat ‘n pragtige getuienis is dit nie. Ek haal ook Loesje aan "as jy ’n span is, trek twee die wa". Wat ‘n les vir oud en jonk…. Ons almal kan gerus stil raak en die familie aan die Hemelse Vader opdra , en ook hulle voorbeeld volg. Hoe klein is ons probleme nie teenoor hierdie familie s’n nie en tog hoor ons hul nooit kla nie – net lofprys kom oor hul lippe. Ek bid dat die Here elkeen van hulle sal seen, versterk, sal dra en dat die pad vorentoe (wat nog baie lank is) meer gelyktes as steiltes sal he.

  • Riekie Trollip

    Dit is wonderbaarlik dat jul geloof julle groot hartseer en pyn van kleine Pippie help dra. Ons VADER is groot en julle stap die pad nog heeltyd saam HOM. Ons bid saam julle vir ‘n vinnige herstel van die ou ptagtige ou dogtertjie, sy is ‘n engel kindjie. Anice en Ouma Loesje GOD het jul vir mekaar gegee en dit is wonderlik om te lees dat jul daar is in alles tye vir mekaar, min families het daai band. Pippie pop ons hoop in ons harte saam mamma hulle dat jy baie vinnig sal herstel en weer voluit kan lewe, jy is ‘n vergtertjie.

  • Anita Niemann

    Aan die Kruger gesin ons God is groot en sal jul hierdeur dra baie sterkte ons bid dat Hy vir Pippie volkome sal genees. Anice hoe bevoorreg is jy om nog ‘n moeder te he wat jou so bystaan met jul seuntjie. Baie sterkte ook aan haar ons bid vir jul.

  • Retha

    Ek wil graag weet wie sien om na Anice? Wie hou haar lem skerp? Sy en haar man, word hulle verhouding versorg? Ek dink sy kan die MA VAN DIE JAAR toekenning kry. Baie sterkte vir julle!!

  • Ankie Campher

    Hier vanuit Australia…..ons bid!!…Our God is a God of miracles….
    Wat ‘n getuienis om die ouers en grootouers met soveel liefde en vertroue in God te sien…
    xxx

  • Gerda Pretorius

    Pippie is voorwaar ‘n klein vegtertjie en het almal se harte gesteel, haar ma is ongelooflik – moederliefde in aksie – haar ouma ‘n "dubbele mamma" wat daar is vir haar kinders, all the way, maar moenie vergeet van die pa en oupa wat hulle elke tree ondersteun en bystaan nie, dikwels die fondamente waarop hul krag gebou is.
    Ons bid vir julle almal!!