Ons praat met

Op die dak!

Het jy al in ‘n vierster- silwerkleurige woonwa (hulle noem dit penthouse trailers) op die dak van ‘n boetiekhotel in die middel van Kaapstad geslaap? By die Grand Daddy Hotel, Langstraat 38, kán jy. Die woonwaens – party kom van skrootwerwe in Amerika en ander is plaaslik gekoop — is almal gerestoureer en die binneversiering wissel van polkakolle tot ‘n Gouelokkies-en-die-drie-bere-tema tot baie minimalisties. Iets dus vir elke smaak. Daar is selfs satelliet-TV en elkeen het ‘n en suite-badkamer. Dis een van daardie stadsondervindings vir die avontuurlike reisiger wat ook hou van gerief. Vir meer inligting, skakel 021 424 7247 of klik op www.granddaddy.co.za