Ons praat met

Os du Randt se geur van Kersfees

Ons onthou spesiale dae deur hul kleure én geure. Die oud-rugbyspeler Os Du Randt deel sy koester-herinnerings om Kersfees.

Pepermenttert en . . .

“Hierdie geur laat my dink aan my grootwordjare op die plaas buite Elliot in die Oos Kaap, en veral aan my oorlede ma.

“By die Du Randts was dit ‘n groot geëtery op Kersdag. My ma het altyd baie moeite gedoen. Sy het drie pepermentterte gemaak: een vir my, een vir my broer en een vir die familie. Nodeloos om te sê het die familie se tert nie altyd by hulle uitgekom nie!

“Vandag het ons die geneigdheid om te braai of ‘n potjie te maak vir Kersfees, heel anders as toe ek grootgeword het. Op ‘n manier voel dit dan of die Kersfeestye wat ons saam met my ma deurgebring het, beskerm word en spesiaal is.

“Dié Kersfees gaan ek na my pa, broer en twee susters op Elliot” – Os du Randt, oud-rugbyspeler.

VERTEL ONS:

Watter reuk herinner jou aan Kersfees?