Ons praat met

Oscar Pistorius oor sy biografie, Oscar

Jou boek het eers in Italië verskyn en toe hier. Hoe so?
Ek is genader deur ‘n Italiaanse uitgewer wat graag my verhaal wou publiseer en ek het toe saam met ‘n Italiaanse joernalis gewerk om my verhaal neer te pen. Daarna het ek ‘n uitgewer hier gekry. Dis toe uit die Italiaans vertaal deur Tossie Lochner.

Hoe voel dit om jou verhaal in boekvorm te sien?
Ek is baie trots daarop. Ek glo dis ‘n inspirerende verhaal. Maar ek hoop dis nie net inspirerend nie, maar ook insiggewend. Dit sal almal laat sien hoe my ouers en my gesin my soos ‘n normale kind help opgroei het. En ek dink dis ook nogal snaaks, veral van die kindergoete wat gebeur het.

Ek lees in jou boek jy het twee paar skoene gehad as kind, ‘n goeie paar en ‘n paar met Micky Mouse op. Vandag is jy glo net so mal oor skoene  (soos ek), maar dat jy jou voetgrootte kon kies, wat ek natuurlik nie kon doen nie!
Ja, daai Mickey Mouse-skoene was my gunsteling, totdat Carl, my broer, my kunsbeen met my skoen aan as ‘n kaskar se briek gebruik het. Daarna het Mickey net ‘n halwe gesig oorgehad. Die skoene was net nie dieselfde daarna nie. En ja, ek kon kies hoe groot ek my voete wou hê. Ek dra nou ‘n nommer 9, want dis die mees algemene grootte vir mans en ek kry darem altyd skoene in dié nommer. Sjoe, ek het hope skoene – seker so 80, 90 pare. Ek hou van gemaklike maar mooi, deftige skoene. Die sole moet sag wees en die skoen moet plat wees. Dan dra ek natuurlik baie sneakers, veral as ek gemaklike klere aanhet.

Oscar het die afgelope naweek 4 goue medaljes by die Paralimpiese Wêreldbeker-byeenkoms in Manchester, Engeland verower.

*Lees ook die uittreksel uit Oscar se boek in SARIE se Junie-uitgawe.

  • 7NSCsk ldgregxbgabb, [url=http://pkqkertzowri.com/]pkqkertzowri[/url], [link=http://lupwvhkuzscw.com/]lupwvhkuzscw[/link], http://ooxfifodaftt.com/

  • Fiona Mc Clarty

    Wat n ongelooflike man, aantreklik, stunning, ‘n ware inspirasie en held! Ek wens ek kan ‘n week saam met hom deurbring net om sy lewenslus, en grootse deursettingsvermoee in te drink!

  • Marie’

    Jy is ‘n ongelooflike man, jy het nooit moed verloor nie jy is ‘n inspirasie vir baie mense en ook ander atlete, wens my seun kon ‘n week saam met jou deurbring hy doen ook atletiek.

  • T.Oosthuysen

    Jy is my 2 kleinseuns se held. Hulle is baie trots op ‘n foto van hulle twee saam met jou. Dis aan die begin van die jaar 2012 by Midstream college geneem. Ons in SA is trots op jou en ek is seker jy is ‘n internasionale rolmodel.
    T.Oosthuysen