Ons praat met

Oubaas van 7de Laan deel sy gunsteling-sêgoed

* Die sooibrand steek my vandag weer dwars in die krop.

* Ek is amptelik afgevaardig om die kookkompetisie te veroordeel.

* My Hildatjie is ‘n vrou van inborste en soos ‘n rasegte pedigree Frieskoei is sy haar gewig in goud werd.

* Ek is nou so ontsteld, ‘n slang kan my vang.

* Ek praat nou onder korrupsie, maar…

* Daar hang ‘n naarheid van epidermiese proporsies oor my.

* Die mannetjie het die pad lelik verbyster geraak.

* Nee, my disselboom klop…

* Die mense het so baie van my gevleuelde woorde gehou, hulle’t my ‘n staande ovulasie gegee.

* Die polisie het ‘n kondoom om die deli getrek en die skarminkels in ‘n lokval verlei.

* Ons samel geld in vir die minder behoeftiges.

* “Almal weet Netta Nortjé, die Matrone van die tehuis vir beswaardes, is ‘n bobaas koek.”

* “Kyk, ek wil nou nie ‘n gegewe perd deur die bek klap nie…”

* “Op hierdie deurlugtige okkasie voel ek my genope om ‘n paar gevleuelde woorde te spreek.”

* “Ek gaan weer my lippe afkou. My tande water sommer.”

  • heila

    Hy laat mens lag met sy snaakse en somtyds verkeerde/agterstevoor woorde… en ek dink op die stadium het ons ‘lag’ baie nodig!

  • Hes

    Ek is mal oor sy sê-goed – ons gebruik dit nou al selfs in ons eie huis. Ek hou veral van die name wat hy so verkeerd kry soos byvoorbeeld: Kabeljou vir Kabelo en Altoos vir Altus.

  • Corne Combrinck

    Ag hy is te KOSTELIK… Bietjie verstrooid, maar ‘n ou Steunpilaar vir al die laners…

  • Louise

    Agge nee wat, aan die begin was dit regtig snaaks en kon mens lekker lag. Nou raak dit darem te dik vir ‘n daalder. Alles moet mos altyd oordoen word. Ek vind dit lankal nie meer snaaks nie en sit die klank dadelik af as Oubaas iets te se het.

  • tanja

    hoe so aan oom oubaas. as jy nie meer se goed het nie, is daar nie meer n 7de laan nie.

  • Louise

    Ek is nou baie bly dat ek my intekening op Sarie gekanselleer het. My kommentaar is uitgevee. Ek wonder hoekom?! Dit het heel onskuldig gese dat ek nie van Oubaas se gevleunde woorde hou nie. Dit is tog jammer. Ek sal nooit weer ‘n Sarie koop nie.

  • Maryke van SARIE

    Hi Louise. Alle kommentaar op sarie.com word gepubliseeer tensy dit mense se basiese grondwetlike regte aantas. Maar ons probeer om kommentaar so gereeld as moontlik te publiseer (minimum van twee keer ‘n dag) omdat ons a.g.v die werklading alle take moet prioritiseer. Ek hoop dat jy verstaan en dat jy sal voortgaan om jou sienings op sarie.com met ander te deel. Want ons moedig almal juis aan om saam te praat!

  • Anna-Marie

    Ag nee wat, dis oordoen. Een snaakse woord of frase op n slag sal sin maak, maar nie so aaneen nie. Daar IS n paar frases wat regtig snaaks is, maar dit raak deesdae n bietjie irriterend.

  • Trudie van Greuning

    KOSTELIK! Ons gesin geniet hom! Maak hy sy eie ‘blapse’ of word dit deur ‘n skerp skrywer geskryf? Die name is skreeu snaaks! Die mense wat dit nie geniet nie, moet maar die TV afskakel, maar ek is seker hulle sal nie want dan kan hulle nie kla nie! Ek wens ons het so ‘n kleurryke karakter in die familie gehad! Ek sou hom gekoester het en veel vroliker deur die lewe gegaan het.

  • Tina

    Dus nou vir jou lekker want jy kan jou eie comedy show met Oom Oubaas se sêgoed hou. Oud maar nog nie koud. Hou so aan Oom Oubaas.

  • Riana

    Overgesetsynde en desnieteenstaande sal Oubaas se karakter heeltemal verander as hy sy gegewe gevleuelde woorde in die bek moet klap. Hoe sal ons dan nou ooit weet waar Dawid sy koekebana begrawe het? Ek ken mense wat nooit ‘n episode van 7de Laan mis nie, bloot net om vir almal te vertel hoe ‘n simpel sepie dit is en hoe die karakters hulle irriteer 🙂

  • Christa

    Ek hou baie van Oom Oubaas se gevleuelde woorde. En wanneer hy vir Vince Mince sê.

    Groete

    Christa

  • Karin

    Ons geniet hom ook, veral nou met die bouery by Charmaine-hulle. Mpho word Paw-Paw en Goodman word Bad Boy! Baie skerp!

  • Bell

    Ek stem, sou oom Oubaas se sê goed moet verander dan moet sy karakter verander.And that defeats the purpose of oom Oubaas.As hy jou irreteer- kyk iets ander op tv.

  • Marie Otto

    Ek geniet 7de laan vreeslik. Dit is so ‘n aangename verandering van die klomp suur knolle wat mens elke dag teekom. Oom Oubaas jy is te dierbaar vir woorde, die skrywers moet net dat jy meer sulke segoed uithaal.

  • Chris

    party mense kla gedurig as jy nie van program hou nie kyk iets anders [waar jy ook gaan fout vind] so maklik soos dit

  • Sarie

    Ons het n bietjie humor in ons lewe nodig. Daar is deesdae nie veel om oor te lag as jy na die nuus kyk en koerant lees nie. Mense wat nie van 7de Laan hou nie moenie kyk nie. Ek dink persoonlik dis n halfuur se vermaak wat n mens weg voer van al die geweld.

    Sarie

  • Rebekka

    Ek moet vir mr. Meintjies komplimenteer met die uitdrukking op sy gesig toe hy vir Errol aangekyk het oor die party by die huis. Kyk, dit was woorde in n duisend.met so n kyk sal n kind maar twee keer dink om tee te praat. Jy is n vader in pa skoene!

  • Alta Groenewald

    Oom Oubaas, jy is die beste

  • Alta Groenewald

    Kyk, almal is geregtig op kommentaar, maar as mens sulke kommentaar soos Louise hier bo het, maak dit my sommer kwaad….
    7de Laan is bloot ‘n storie, en ons geniet die storie, as jy dan nie daarvan hou nie, moet dit nie kyk nie, dan sal niemand jou irriteer nie. Dis eenvoudig so maklik soos dit.
    7de laan bly bo……dis vermaak met epidermiese proporsies…..

  • marianne

    Inderdaad boetie dus lekker om na ‘n lang dag af te skakel en jou net te geniet met al die 7 de laan karakters. Hou so aan

  • Tertia Jacobs

    Tertia
    Oom Oubaas is bobaas !
    Hy laat die volk lag en ons het dit baie nodig . Hy hou Afrikaans jonk .

  • Leigh Ockhuizen

    Oubaas, te kostelik..sonder sy sè goed in 7de laan nee wat "dit sal nie deeg nie"

  • QNqotD nnjowowhsens, [url=http://jijdgzogjxlp.com/]jijdgzogjxlp[/url], [link=http://etnruylivwzp.com/]etnruylivwzp[/link], http://rgsadcksyfnc.com/

  • Clarika

    Ag nee regtig, Louise! Isidingo of Soul City is dan maar jou voortand! Los ons 7de Laan net hoe dit is! Dis AFRIKAANS en vroeg genoeg sodat ons almal daarna kan kyk. Die kinders geniet dit verskriklik en ek leer sommer dadelik die regte weergawe van wat oom Oubaas uiter vir hulle. Kinders verstaan nie altyd sulke beeldspraak nie en nou kan hulle ook daarop let om mooi te luister as iemand hulle name noem en hoe om dit korrek uit te spreek. Mens moet nie altyd praat soos jy luister nie!
    Oom Oubaas Bo! Vat liewer vir Dawid weg. Hy verwar die jonger geslag bietjie en stuur vir Zander na Louise toe.

  • Kleintjie

    Net n Vraag aan mense soos Louise wat die boodskap gelos het
    ""Louise het gesê:
    Ek is nou baie bly dat ek my intekening op Sarie gekanselleer het. My kommentaar is uitgevee. Ek wonder hoekom?! Dit het heel onskuldig gese dat ek nie van Oubaas se gevleunde woorde hou nie. Dit is tog jammer. Ek sal nooit weer ‘n Sarie koop nie.
    12de Apr. 2010, 16:34""

    AS jy nie van Sarie hou nie, en jy het jou Sarie gekanselleer, wat maak jy dan op Sarie se Web werf? En nogal 2 keer op 1 dag… lol !!!

    En ek gaan ook aanraai jy leer n bietjie van Computers, want

  • kate

    Nee kyk ek is mal oor oubaas hy is baie goed in die rol wat hy doen. As oubaas nie daar is nie hoe sal die rol wees ek sal se oom oubaas hou aan wat oom doen. 🙂

  • Jenni

    Oom oubaas jy is regtig pragtig en jou sê goed is so pragtig ek en my man (wat engels is) wil ons dood lag en probeer altyd na die tyd dit op bring in ‘n geselskap en dit is pret..Wie jou sê goed uitding is regtig snaaks

  • hettie van staden

    Oubaas is tops. En ook al die ander. Ons mis hulle as ons hulle vir ‘n week nie sien nie. Wat het van Gita geword?

  • GETRUNECHIA SMITH

    DUS WONDERLIK OM 7DE LAAN TE SIEN OP TV DIT IS REGTIG ONTSPANNEND .NIE NET VI JOU AS OUER NIE MA WEL VI DI JULLE HUISGESIN. BAIE DANKIE AAN 7DE LAAN

  • RITA

    EK GEE NOU REGTIG NIE OM WAT DIE TANNIES MET DIE NAT BLOEMERS TE SE HET OOR OOM OUBAAS SE VOLKSVREEMDE SE-GOED NIE, EK LIEF HOM MET DAAI BEK EN AL WANT HY LAAT MY LAG EN "LAGAFLEIDING" KRY ONS MAAR MIN OP TV VANDAG!