FOTO: Meliza Myburgh / Lééf Tydskrif

Ons praat met

Pasella-aanbieder en aktrise Crystal-Donna Roberts gesels oor haar nuwe kêrel

SARIE het onlangs met Pasella-aanbieder en Vallei van sluiers-aktrise Crystal-Donna Roberts gesels. En sy het dít verklap oor haar nuwe kêrel …

Fluit die voëltjie reg – hét jy ware liefde gevind?

Dit is beslis my eerste gesonde verhouding. Schalk Cornelessen [hy is 27] is gentle en twee jaar jonger as ek. Ons het onlangs saam ingetrek in ’n woonstel in Boston, Bellville. Hy is algemene bestuurder by ’n koffiekettinggroep. Ons is albei mal oor makadamianeut-koffie, draf, Japannese animasie-rolprente, sci-fi (District 9 is ongelooflik, trots Suid-Afrikaans, boonop met ’n plaaslike held) en kook, veral lekker lamskerrie; ek is mos ’n goeie Kaapse meisie! Hy bederf my elke aand met die heerlikste voetmasserings.

Van waar jou slanke voorkoms?

As ek draf, voel ek soos ’n kryger. In my kop speel die liedjie “Eye of the Tiger”. Dink terug aan die oermense: hulle het gedraf, geloop of geswem. Daar was nie joga, Pilates, gewigte of spinning nie. In Oktober verlede jaar het ek dié wonderlikste high nog gevoel nadat ek ’n 10 km-wedloop voltooi het.

Bertha le Roux Julie 2014 jul july

Lees die volledige onderhoud met Crystal-Donna in die JULIE-uitgawe van SARIE.