FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Ons praat met

Pasella se Paul Rothmann praat oor die model aan sy sy ná sy egskeiding

Sedert sy egskeiding het Pasella-aanbieder Paul Rothmann opnuut die vuur in hom ontdek. Besef geluk is in jouself. En daar is ’n sexy model aan sy sy …

Paul, wat al verskeie titels ingeryg het as Suid-Afrika se sexyste man, is ’n diep denker. ’n Filosoof en digter, geïnspireer deur wysgere soos Sokrates en Nietzsche. Die lewenswaarhede waaroor hy so tussendeur filosofeer – tot sy vriende se frustrasie,
bieg hy – is wat hom deesdae meer as ooit aanvuur. Dan is daar ook sy verhouding
met die sexy model Candice Boucher …

Vra jy hom of hy nou gelukkig is, moet jy keer dat hy eers vir jou ’n diep ontleding van die woord “geluk” gee.“Ek het ’n liefde ontwikkel vir etimologie: die studie van die oorsprong van woorde,” verduidelik hy. “As jy weet wat woorde beteken, kry jy ’n nuwe begrip daarvoor.” En jou woorde is net so belangrik soos jou dade.

Sedert hy en Monique Joubert sowat twee jaar gelede geskei is, streef Paul daarna om homself te wees. Om die lewensfilosofie wat hy herontdek het, volkome uit te leef.

Toe sy pad einde 2012 met dié van Candice kruis, het hulle dadelik gekliek, vertel hy.
“Dit was met die verfilming van Pasella se jaarlikse swemklereprogram waarvoor ek op Hangklip in yskoue water in ’n klein wit Speedo moes rondloop!” lag hy.

Sy is onweerstaanbaar beeldskoon, dit weet almal.

“Ek weet dit klink na ’n cliché, maar haar mag en werklike skoonheid, dit wat haar sexy maak, spruit uit ’n vuur binne haar. Ek voel daardie vuur aan in haar teenwoordigheid, sien dit in haar oë. Soos my broer se dogtertjie gesê het: Candice se oë is soos edelgesteentes. Ek dink nie eens sy self besef hoeveel mag sy in haar oë het nie, dis wat haar so wonderlik maak.”

Hulle het dieselfde belangstellings en omdat sy as model baie reis, deel sy ook die beginsel van onafhanklik wees, self gelukkig wees, sê hy. Hulle leer mekaar nog ken en sien mekaar min omdat sy boonop in die Kaap bly. “Maar,” verskyn daai kuiltjieglimlag weer, “ons het ’n vurige verhouding.”

Hy’s versigtig om te gou te sê hy het ’n sprokiesliefde gevind. “Noudat ek in ’n nuwe verhouding is, maak dit nie skielik van my ’n vervulde persoon nie. Ek was nog nooit iemand wat gesê het ek sal eers gelukkig wees as ek my lewensmaat vind nie.”

Candice en Paul

Paul en Candice doen die Bloukrans-reksprong FOTO: Instagram @candiceboucher

Paul en Candice doen die Bloukrans-reksprong
FOTO: Instagram @candiceboucher

FOTO: Twitter @candiceboucher

FOTO: Twitter @candiceboucher

FOTO: Twitter @candiceboucher

FOTO: Twitter @candiceboucher

FOTO: Instagram @candiceboucher

FOTO: Instagram @candiceboucher

*Dít is ’n verkorte weergawe van die onderhoud wat in SARIE Maart 2014 verskyn.