patricia_lewis
Ons praat met

Patricia Lewis verloor 8 kg (binne drie maande!)

“Dis wonderlik om weer in my ‘maer jeans’, ‘n nr. 30, te pas en dit was nie eens nodig om honger te ly nie. Omdat ek gesonder lewe, lyk my vel ook mooier as ooit. Ek weeg 55 kg en is 1,65 m lank. Ek mik nou vir 53 kg, hopelik oor so drie weke,” vertel ‘n energieke Patricia vanuit Ballito in KwaZulu-Natal.

Sy sukkel die afgelope drie jaar reeds met insulien-weerstandigheid en het om dié rede moeite gehad om die kilogramme af te skud. “Ek is nie ‘n gym-meisie nie. Ek haat die treadmill. Dit maak my van my kop af. Maar ek het verlief geraak op Zumba-danse. Al die mammas in my kind, Max (7½), se skool was saam met my in die klas. Dis soveel fun. Enigiemand, van 8 tot 80, kan dit doen.”

Nadat sý soveel gewig daarmee (en met haar gesonder eetplan) verloor het, het sy besluit om haar eie “Boere-Zumba”-passies te ontwerp vir ‘n oefen-DVD* wat oor drie maande uitgereik word.
“In dié DVD dans ek in oefenklere op my eie danstreffers soos ‘Superster’, ‘Doodgewone man’ en ‘Hero’. Daar is selfs passies op vir kinders wat heeldag voor die televisie sit en geen oefening kry nie.

“Mark [Whitfield], my man, is nóú mal oor my en was ook mal oor my toe ek vet was. Dis ‘n goeie ding. Ek besef hy is ‘n keeper. Maar die lekkerste ding op die oomblik is om in al my ou klere te pas. Dis net só vervullend. Ek sien kans vir enigiets.”

*Die DVD word oor sowat drie maande uitgereik en sal waarskynlik R100 kos.

  • natascha labuschane Kaapstad

    Ja om gewig af te skud beteken eetgewoontes verander, meer oefening huisves ‘n gesonde liggaam. Dis lekker om weer in die ou nommers in jou kas te pas. Ek ook nou al 8 kilos verloor en daar nog so 5 om te gaan.

  • Andrien

    wow,nou ek ook lus vir zamba solank dit nie zuma is ….lol

  • Suzanne

    ek kan nie wag vir die DVD nie! Zumba is so duuuuuuur!

  • Clarabel Swanepoel

    Probeer gerus AntaGolin deur MNI, doen wondere vir Insulien weerstandigheid!

  • Lizel

    Patricia, jy lyk soos ‘n ander mens! Kyk net daardie skraal gesiggie. Baie baie mooi.

  • Carla

    Ek is baie bly dat sy die gewig afgeskud het. Maar ‘n mens moet versigtig wees om nie te veel proteiene in te neem nie. Diere produkte veroorsaak ongelooflik baie suur in die liggaam, so, vir die liggaam om daarvan ontslae te raak gebruik die liggaam ‘n ‘buffer’, en daardie ‘buffer’ is die mineraal kalsium. Die liggaam onttrek dus kalsium uit jou bene en tande, die gevolg later in jou lewe is verotte tande en osteoporose.

  • Anita Carstens

    Het verlede jaar 21 kg verloor en wil nou die laaste 15 verloor vir my teiken gewig. dis n lewenswyse verandering en nie n dieet nie.. vergeet van shakes en inspuitings en jouself uithonger.. dit werk nie.
    Geen brood aartappels en pasta nie.. Baie hoender vis en vleis en groente..en natuurlik jou 8 glase water n dag.

  • elize

    Sjoe ek is so jaloers ek moet 25 kg afskit is diabeties 2 ek begin elke Maandag en teen Woensdag begin ek weer verkeerd eet ek is ook by die gym maar gaan ook net sowat 3 keer per maand hou so aan Patricia

  • Wanda du Plessis

    Clarabel, die AntaGolin het ek ook al gesoek maar geen apteek het dit nie, hulle se dit is uit voorraad. Het jy dit self ook gebruik en is die gewigsverlies vinnig? Ekself het 28 kl verloor deur die regte dieet te volg tov insulienweerstandigheid maar sukkel om die laaste 10 af te skud. Ek oefen 5 dae in ‘n week maar ek gebruik ook hormoonaanvulling en vermoed dit is waar die probleem le.

  • Dominique Kotze

    My advies aan alle mense daar buite wat probeer gewig verloor……Weighless is die antwoord!! My man het 30.2 kilo’s afgeskud in 5 maande……dis nie ‘n dieet nie……dis ‘n gesonde lewenstyl wat jy vir die res van jou lewe kan volg…….jy kan selfs uiteet en selektief wees……slaaie vir voorgereg, biefstuk, heel aartappel en suurroom vir hoofgereg…….geen nagereg…….jou vrugte gaan eet by die huis……..of as jy wil kroek…….cappucino met skuim………jy kan as jy wil……."you are the master of your own mind…." en stap tenminste 3 keer n week…….vinnig en ver genoeg (4 blokke soontoe en terug)

    STERKTE!!

  • Catryn

    Waar sal ons die DVD kan koop. Watter tipe winkel?

  • isabel

    Ek het 26kg in 4 maande verloor met Herbalife en gereelde oefening. Ek is "verslaaf" aan my 10km draffie elke oggend.. En 2 jr later (2012) handhaaf ek steeds my gewig, danksy Herbalife en gereelde oefening.
    Herbalife is nie ‘n dieet nie, dis ‘n MIRACLE

  • thea

    Ag dankie tog !!. Patricia dat jy die dvd so goedkoop maak. Nou kan ek ook Zumba stem saam Zumba is te duuuuuur!!! Net bang ek betaal daai klomp geld en dan raak dit weer n wit olifantjie in die laai. Kan nie wag vir jou dvd nie. Gee vir ons n paar van jou diete saam met dvd dit sal awesome wees.!!

  • Antjie

    Ek wens net Patricia wil haar hare meer natuurlik dra. Wat lengte en kleur betref. Plse

  • Suzanne de Wet

    Hier is ‘n ander Suzanne wat dink die Zumba geld is die moeite werd – soek net vir ‘n instruktrise wat self genoeg energie insit en moeite doen om baie verskillende danse af te wissel sodat dit nie eentonig raak nie. Gewaarborg om gewig te verloor saam met ‘n gesonde eetplan. EN SENTIMETERS! tot my man glo aan Zumba.

  • Wendy

    Toe ek die foto oopmaak vra my 3 jarige…mamma, is dit Barbie? So sal oor twee weke zumba koop v my Barbie lyf…

  • Elaine Roos

    Patricia, wil jy nou vir my sê almal wat 63kg weeg is vet. Skaam jou. Ek dink eerder 53kg is regtig te maer en ongesond. Hierdie hele artikel skreeu watter nonsens kan ek nog vir die publiek vertel om geld uit hulle te maak.

  • Freida Venter

    Dit is lekker om gewig te verloor, ek het reeds 20kg afgeskud, wil nog 10 gaan, eet reg en gesond.

  • Magdel

    Geluk patricia. Ek en sy is dieselfde lengte… maar nie gewig…. weet darem nou ook nie of ek soooo maar wil wees nie, net klein bietjie maarder. Dit is ‘n pluspunt dat die video so goedkoop gaan wees want dieete en oefen programme en dvd’s is gewoonlik baie duur! Geniet jou nuwe lyf patricia en al jou ou klere, haha.

  • Attie

    Attie. Toe die pers so 2 tot 3 weke terug skielik begin om te vertel van Patricia wat so VET is en insulien probleme het moes ons al besef hier kom ‘n bemarkingsfoefie. Terselde tyd is sy deur mense gesien by winkel-komplekse en was sy toe alreeds skraal.
    Alles net om nog ‘n ou geldjie te maak

  • Susan

    Susan het gesê – Wat van die onaktiewe skildklier? Sit self met dié probleem! Patricia lyk stunning! Stem saam met die haarkleur en styl….change is as good as a holiday….Hoop die dieet is ook in die DVD….Hoop regtig nie dis ‘n foefie nie…….lol

  • Michelle Venter

    @ Elaine: Ek hoor jou oor die moontlikheid dat 53kg dalk te min is om te weeg, maar vir Patricia se lengte (1,65m) is dit reg. Sy lyk nie ongesond maer nie en dit is die belangrikste. Ek weeg ook 63kg en is nie vet nie, want ek is 1.77m, so dis reg vir my!

  • Clarabel Swanepoel

    @ Wanda, die AntaGolin is beskikbaaar by Dischem, Clicks, Pick ‘n Pay en Checkers. Dit werk verseker, 20kg in 5 maande.

  • Sandra

    Zumba is fabulous! Ek doen dit by die gym, jy kom nie eens agter ‘n uur is verby nie.

  • fanie

    commin

  • Elaine Roos

    @ Michelle. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek dink ook Patricia lyk pragtig. Dis net die boodskap wat sy oordra wat verkeerd is. My meisiekind is 1.67m lank en weeg 62kg en sy is nie vet nie. Ek sou baie bekommerd wees as sy nog 10 kg wou verloor.

  • Elsabe Ferreira

    Nou toe, laat kom daardie DVD. En laat ons gewig verloor.
    En ek gaan sommer nou Clicks toe om daardie AntaGolan te koop.
    Zumba!! Nog nooit daarvan gehoor nie, maar dat ek gaan dans, is verseker.
    Aan julle almal wat ‘n stryd stry, ek ken dit. Sterkte.

  • Carol

    Mooi so Patricia, jy lyk soos ‘n nuwe mens. Kan nie wag vir die Zuma DVD nie, ek gaan seker maak ek is eerste in die ry om hom te koop. Om met ekstra gewig te sit is so depressing, veral as jy nie meer lekker in jou klere pas nie en als druk en peul uit en jou jeans laat jou soos ‘n oversize Mugg & Bean muffin lyk! Viva Zumba, viva!

  • Willem Hammann

    Die uitdaging is om dit so te hou

  • riana

    Alles goed en wel, MAAR ekself wonder of dit nie haar insulienweerstandigheid is wat die gewigsverlies meegebring het nie. Ekself het sonder enige poging van my kant uit die bloute sommer binne vier maamde 13 kg verloor. Moes my hele klerekas verander van ‘n nr 38 tot my nuwe nr 32. (Is in ou taal 5’4"). Bloedtoetse vir alles onder die son het my R2 700 uit die sak gejaag, maar geen probleme opgewys nie (wel weer eens die insulienweerstandigheid bevestig). Dus my konsensie : moet my insulienweerstandigheid wees. Uit die aard van die saak moet mens mos dieetveranderings aanbing om die siekte te beheer. En dis eintlik baie gesonde veranderings. Groetnis!

  • Christina

    Ek het 28 kg verloor met ‘n gesonde eetplan, trappe klim by die werk en die afgelope 2 maande 30 min se swem per dag.

    dit is fantasties om weer in jou klere te pas wat so te se nuut in jou kas hang of soos in my geval in bokse was….

  • Anrika

    Duidelik verstaan die simpel vroumens nie wat die verskil tussen vet en oorgewig is nie…. om 8 kilogram meer te geweeg het as wat sy nou weeg meen sy was effens oorgewig, nie vet nie. Ek wens sy wil ophou om die woord vet te gebruik. Shame haar lewe was seker aan serwe. Gaan praat met iemand wat 150kg weeg en vra hulle hoe hul hulself sien en hoe hul voel, dan praat ons weer van vet. Ek is ook 1.65m en as ek enige iets onder 65 weeg lyk ek soos ‘n geraamte, so is ek dan nou te vet vir my lengte?

  • Michelle

    Elaine ek dink jy het die kat an die stert beet, sy ht ni gese almal wat meer weeg is vet nie net dat daardie gewig reg is vir haar – mense sien net altyd die negatiewe raak, – ons almal is maar net mense. Lees die artikel en haal uit wat vir jou mooi is en ignoreer die res – en Antjie ek is seker daar is mense wat oki van jou hare hou nie – hemel mense hou op so negatief wees ! ! ! dis om van te huil ,…!

  • EEE

    Clarabel, Antagolin het my niks gehelp met my insulien weerstand nie, my insulien vastend getoets laas week was 29!!!!! dit help party mense en ander nie.

  • Isobel

    Hoe word jy getoets om uit te vind of jou liggaam ‘n insulien probleem het?

  • Dikkes

    Ai tog mense kan nooit iets goeds sien in iemand anders nie. As ek Patricia was sou ek nie eers my geheim met ander gedeel het nie. Hulle net gelos het om verder te skinder en sleg te sê. Jy gaan na ‘ endokronoloog toe wat dmv bloedtoetse vasstel of jy insulien weerstandig is. Is self so gehelp deur een en het 17kg verloor deur by Weighless aan te sluit en sy medikasie te gebruik. Hou tog op om net altyd fout te vind.

  • Ina Pay

    Maer is nou maar net mooi!!!!!!!

  • Elize Verwaaij-Mare

    Ek het ook die insulien weerstandigheid, onderaktiewe skildklier en het 25kg opgetel in 3 maande sonder dat ek regtig oormatig eetgewoontes gehad het. Ek sukkel om dit af te skud, het 10kg verloor oor ‘n jaar en het nog 15kg om te gaan, ek het ‘n maand terug AntaGolin begin gebruik en sal maar sien hoe dit vorentoe gaan, ek gaan maar aanhou met draf/hardloop, geen groot etes in die aand nie, vrugte en joghurt/en ander gesonde kos deur die dag! Wie weet miskien voel ek ook binne die volgende jaar weer soos ‘n ander mens, dit het ek wel agter gekom as jy 47 is, verloor jy nie maklik die kilo’s nie, dit klou soos ‘n neut aan ‘n wolkombers aan jou lyf!

    Wel gedaan, Patricia jy is ‘n inspirasie vir ons almal, en ja sy is ongelooflik kort, dus kan sy nog minder weeg as wat sy tans weeg, even 55kg sal vir haar lengte werk.

  • Lindsay Batteson

    She looks great and will be glad if her system can help others! Just kills me when she covers her face up like that – have seen her without make-up on and she has the delightful freckles and natural beauty…such a pity!

  • ZUMBA INSTRUCTOR!

    Ek is ‘n Zumba Instrukteur, en asb julle, Zumba is beskikbaar in meeste dorpe, gaan soek gerus op http://www.zumba.com vir ‘n instrukteur in jou area, teen meestal R20/R30 per klas…jy hoef nie alleen die dvd’s in jou sitkamer te doen nie.
    En aan Patricia, wardeer wat jy wil doen, maar asb moenie Zumba verander na BOERE ZUMBA toe nie, ons instrukteurs betaal baie geld om gekwalifiseerd te word. En met baie moeite doen ons ons werk wat ons "LOVE", dit sal bitter swak wees om copiereg musiek en dans passies te steel om jou eie sak te vul met R’de… Nie net is daar gewone Zumba nie, ons het instrukteurs gekwalifiseerd in Aqua-Zumba, Zumba Toning, Zumbatomic (kids) en ZumbaGold (bejaardes). So geen mens sal Zumba se plek kan invat nie, Zumba is al 10 jaar aan die gang, en baie mense het dit al bietjie verander en probeer geld maak met hulle "nuwe oefen program" en hulle was ALTYD deur ZUMBA hof toe gevat,
    Hou asb eerder jou op die verhoog met jou mooi stem.

  • Cindy

    So excited that she loved Zumba – not so excited that she is brining out her own DVD set as Zumba is trade marked and licensed ….pretty sure she’s breaking the law :(

  • Eleanor van Niekerk

    Die B is baie belangrik in Zumba! Ja, dat mens resultate met Zumba kan kry is beslis maar ek hoop Patricia noem liefs haar program iets anders. Ek is ook ‘n gekwalifiseerde Zumba Instruktrise en ek was in 2010 by die Zumba Fitness Convention in Florida V.S.A. Moet asseblief nie wat Patricia gaan uitbring op DVD verwar met Zumba nie. Zumba het sy oorsprong in Columbia met Beto Perez, ons betaal ‘n lisensie fooi om aan die Zumba netwerk te behoor, tot sowat US$180 per ses maande. Hulle verskaf die musiek en logo’s wat ons mag gebruik. Ons kan nie bekostig dat elke Jan Rap en sy maat die handelsmerk afwater en gebruik vir eie gewin nie. Vir verdere inligting omtrent die ware ZUMBA, gaan soek gerus jou naaste instrukteur op http://www.zumba.com of kontak my gerus by nor@telkomsa.net

    ZumbaGroete

  • Inge

    Wel gedaan, Patricia!! Ek glo jy voel fantasties! Jy inspireer my om ook van die oortollige vetjies, wat net nie wil wyk nie, ontslae te raak! Sal beslis jou DVD aanskaf!

  • frank

    kontak my vir Herbalife navrae

    frank

    0832352271

  • Michelle

    Hoeveel mense is breindood !!!!!!!!! Sy het nie gese mense wat meer is vet nie sy het gese SY WAS VET – elke mens het die reg om te besluit wanneer jy vet is ek het vriendinne wat 3 kg wil verloor en hulself as vet beskou omdat dit nie hul doel gewig is nie ,…….. los die arme vrou uit – as jy nie van haar hou nie hou op lees ! En noem jou zumba wat jy wil Patricia dis jou volle reg – you go girl , vergeet van die suurgatte ! ! ! !

  • Susan van die Wes-Kaap

    Ai tog, dit gaan oor gewig wat ons almal graag wil verloor. As jy nie wil verloor nie sal jy nie die berig lees nie. Dit gaan nie oor Patricia nie ook nie oor wat sy sê is vet nie, dit gaan oor wonderlike inspirasie vir elkeen wat minder wil weeg en dan beter voel en lyk in wat jy dra. Baie dankie Patricia, ons is lief vir jou met jou grimering wat jy dra (ons dra dit almal wat wil goed lyk), met jou pragtige lang blonde hare waarmee jy tevrede is, met jou mooi en opgewekte stem en omdat jy ons almal so lus maak vir die lewe en om saam jou te Zumba!!! Patricia bo!! De Hel met al die ou suurknolle!! Dis mos hoe die lewe is, vol jaloesie en ons wil sommer almal mekaar dagvaar. Loer minder oor jou skouer en kyk vorentoe, dis waar die geluk en vrede lê.

  • lizelle le roux

    Ek het 5 om te verloor!Hul se as mens soos glucophase en antagolin gebruik sal dit vinnig werk!Is dit veilig?Ek oefen ook elke dag en sukkle om te verloor!

  • lynda Mendoza

    Alles gaan net oor geld en rykdom vir daai dom apteek blond met die mooi stem.

  • Susan

    Eks reg daarvoor. Kan Antagolin oor die toonbank gekoop word, My Zumba le en wag. Mooi so Patricia.

  • Anna

    We’ll gedaan,haal my hoed af vi jou.Sal beslis dvd koop .n mense is wat jy eet
    So gee asb n dieet saam jy lyk goed

  • Anna Ahllers

    Ek is so bly Patricia is weer aktief! Ek gebruik self AntaGolin vir insulienweerstandigheid en voel fantasties. Die medikasie wat vir my voorgeskryf was, het my soos ‘n vetmaakkalkoen laat gewig aansit. Dit het ek nou al omtrent alles verloor – binne 4 maande 15kg! AntaGolin het ‘n dieet beskikbaar op hul webwerf, alhoewel ek dit nie volg nie. Ek eet net gesonder en vind dat al my ‘cravings’ vir soetgoed en selfs brood, verdwyn het.

  • Elsa

    Waar kan ek dvd van Patricia Lewis koop?

  • Natasha

    Ek sukkel ook met insulienweerstandigheid :( wa kry mens die vidoe ? …. Asb 13kg opgetel in 3 maande :(

  • Vidi Diergaardt

    lyk na dans pret, waar kan ek die DVD kry?

  • elaine ferreira

    Waar koop ek die Zumba dvd – ek woonagtig in Mosselbaai!