Ons praat met

Paula en Altus se troue: Ons voorbladgesigte praat uit

Werner Coetser (Bernard Jordaan)
“Wat ’n crazy troue. Ek hoop my eie een gaan so opwindend wees. Solank ek net nie verplig word om die wals te doen nie, ek bly vergeet watter voet moet vorentoe en watter een agtertoe. Ek dink persoonlik ou Altie sal hare op sy tande moet hê om daai storm van ’n Paula te trotseer, maar hier is ’n huwelik wat ek dink beslis gaan hou.”

Corné Crous (Kim Conradie)
“Eerstens, Paula het soos ’n droom gelyk! Dis altyd lekker om uit my Oppiekoffie-uniform te klim en die kans te kry om op te dress. My rok was egter so nou en styf dat ek my doodgesukkel het om te loop en te dans . . . selfs asem te haal. Ek kon ook nie eintlik sit nie, wat die onthaaltonele effens moeilik gemaak het! Tog het ek die troue baie geniet.”

Amalia Uys (San-Mari van Graan)

“Ek dink Paula het soos ’n absolute droom gelyk en hoop ek sal ook eendag so mooi op my troudag lyk. Vesselina is ’n uiters talentvolle ontwerper.

“Altus is natuurlik dié hunk in die Laan, en ek dink San-Mari was tog stilletjies so ’n bietjie jaloers. Haar rok was immers grasgroen! Ironie?!”

* Kry jou September 2012-uitgawe vir al die foto’s, verhale en spesiale oomblikke van dié sepietroue van die jaar!

SARIE September 2012

  • Ria Kruger

    Ek hoop net Paula word nou grot en minder van n pyn in die nek!

  • Sandra O’Connell

    Dankie tog vir SARIE se voorsmakie – het net gisteraand gestress dat Brandt (Steve H) speek in die wiel gaan wees en dat die troue ALWEER nie gaan plaasvind nie. Nou kan ek met ‘n kalmeer gemoed 7de Laan kyk tot die grootdag! Nou moet Gita nog net reggeruk word – enige nuus vir ons??

  • Benita

    Gelukkig is sommige van ons "groot genoeg" om te besef dat Paula net ‘n karakter in die sepie is en juis daarom so baie aanhangers die gewilde sepie geniet 🙂

  • Jennifer Mynhardt

    Ek dink Paula is te oulik….as mense nie van haar hou nie…Hoekom kyk jul dan 7de Laan?

  • Adèle

    Uiteindelik!!! Jippee…kan nie wag, ek is mal oor "drama queen" Paula!!…..:-)

  • Thelma de Waal

    Ek dink Paula is great, en ek is mal oor haar!! Gita moet liewers vasgevat word! In die regte lewe kom skurke nie die hele tyd weg met alles nie. Een of ander tyd word hulle vasgetrek. Net Gita nie !!