peter_de_villiers_02
Ons praat met

Peter de Villiers gesels oor die Bokke, Meyer en Twitter

Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, het De Villiers in ‘n onderhoud gepols oor die nuwe Springbok-span en sy raad vir die nuwe afrigter, Heyneke Meyer.

Wat, dink jy, is die Springbokke se kans in die drie toetse teen die Engelse?
Ons het altyd ‘n kans. Dis wat dit so lekker maak, ons het altyd ‘n kans en dit maak dit positief. Ek het net een plig en dis om die span en die volgende afrigter te ondersteun. Dis al wat ek moet doen. Ek het nie nodig om nagte wakker te lê nie. Ek het nie nodig om harde werk in te sit nie. Ek moet die ou net ondersteun. Hoe? Deur hom positief te beïnvloed deur wat ek doen.

En Jean de Villiers as keuse van kaptein?
Wonderlike keuse, dink ek. Jean het hom nie self aangestel nie. Net soos Heyneke nie homself aangestel het nie. So vir my om hom te gaan kritiseer omdat hy nie verantwoordbaar aan die publiek is nie, is baie onregverdig.

Sal jy vir Heyneke Meyer ‘n stukkie raad wou gee?
Ek sal vir Heyneke die volgende raad wil gee: Probeer so gou as moontlik jouself wees. Jy gaan nie alles reg doen nie. Ek het baie foute gemaak in die vier jaar, maar ek het nooit ‘n verskoning gereed gehad daarvoor nie. Ek het altyd ‘n rede gehad hoekom ek dit gedoen het.

‘n Vinnige woordjie oor die standaard van skeidsregters.
Ek dink dat hulle weer die verantwoordbaarheid moet terugvat. Toe dit net die een skeidsregter in die middel was, het hy al die verantwoordelikheid gevat en daarom het hulle so goed geraak. Hulle wou so na as moontlik aan die regte beslissings kom, want die mense kon hom blameer – en hulle het na aan die regte beslissings gekom. Deesdae is dit ‘n geval van “It’s not my call, it’s the touch judge or the TMO.” So die skeidsregter het nie nodig om verantwoordelikheid te vat nie. Ek dink nie hulle het meer ‘n bydrae om te maak in die sport nie, want hulle is verantwoordelik vir niks.

Is jy die Coach Divvie wat so twiet oor alles en nog wat?
Nee, dis nie ek nie. Ek het nog nooit ge-Twitter of ge-Facebook of gewat nie. Ek is B.C. – before computers. As jy ‘n private mens is, dan maak jy jou siel oop op sosiale media. Ek sien nie kans daarvoor nie. Ek wil nie hê mense moet weet wanneer ek gaap of iets nie. Ek wil nie hê mense moet weet wat die volgende stap in my lewe is nie.

Ek was aangestel om rugby af te rig. Dis al wat ek gedoen het. Ek het nie politieke besluite geneem nie. Ek het nie gewildheid nagejaag nie. Daar is nie een ou wat ek kan bel op die lughawe en sê “Kan jy my vlug vroeër maak nie”, daar’s nie een hotel wat ek kan bel en sê “Ek wil graag vanaand hier bly” nie, want ek het nie een kontak opgebou om myself te verryk nie. Ek was daar om my job te doen vir my land.

Ek het rugby gebruik om almal die geleentheid te gee, selfs mense in rolstoele, om selfvergenoeg te raak oor wat daar op die veld gebeur, want daai ouens doen dit vir my ook. En miskien is dit waaroor dit gaan, dat jy jou Godgegewe talent moet uitleef ter wille van ander mense wat nie die geleentheid kan kry nie. Die feit dat daai ouens Springbokke geraak het, maak nie vir hulle spesiaal nie. Die feit dat hulle Springbokke geraak het, is ‘n geleentheid. Dis al. Net ‘n geleentheid.

  • Kevin D

    Good luck by Bellville Uni met die nuwe coaching job. gaan speel weer avontuurlustige Tygerberg hardloop rugby! kom gesels saam oor huidge Bokkeuses, kapteinskap ens by:

    http://blogs.dieburger.com/KevinD26/schalk-se-dood-is-jean-se-brood

  • Toon

    Vir n man met n patetiese rekord soos syne is dit baie voorbarig om te wil raad gee aan enigiemand, en dit dan nog boonop aan die nuwe bokafrigter – wat ook sommer vroeg begin mistas met sy keuses veral die van kaptein, want hy en sy WP spanmaatjie op vleuel ken nie van laagvat nie en kan net onderskep!

  • Johann H Claassen

    Ek beskou hom nog steeds as ‘n sout-van-die-aarde-mens. Hy lewe so eerlik as moontlik.

    Beste wense vir hom. Johann. Paarl.

  • willie goosen

    Kom ons los die negatiewe praatjies en ondersteun die nuwwe bok afrigter en sy span dit is waaroor springbok rugby gaan.As enige man vir provinsieale spanne speel en hy word gekies vir die springbok span is hy n briljante speler

  • Wilhelm Els

    Stem met jou saam Johan, ek het geweldig baie respek vir Pieter as mens…ons het meer sulke manne nodig in ons land.

  • Susan

    Ek weet nie veel van Ruby af nie maar dink regtig nie Pieter se raad is veel werd nie. Hy het glad nie ‘n goeie rekord na gelaat nie. Hyneke het heel goed gevaar sover. Baie stekte vir Saterdag!!!!!!

  • Francois Roux. PE

    Ek kan net se dat ek nog altyd onsettend baie respek vir Pieter gehad het en steeds het. Hy se n ding net soos wat hy dink, al is dit effe aweregs. Hy is een van die eerlikste publieke figure wat daar is en daarom sekerlik nie die gewildste nie. Ek glo sy verhoudings met sy spelers was eerlik en opreg en hy het werklik omgegee vir hulle as mense. Wat beter kan n mens van iemand anders se

  • Paul Gerber

    Het Pieter de Villiers se boek gelees, in vele opsigte teleurgesteld.
    Opsommend:1) PdV is ‘n rassis- hy sien altyd eerste die ras, dan die mens
    2) Hy speel altyd die slagoffer, dit is altyd die ander mense se skuld, hy is altyd onskuldig
    3) Die boek handel oor politiek, bitter min oor rugby 4) Dit is hartverskeurend dat hy homself opgee as Christen, maar sy optrede is nie Christelik nie. Werklik nie die moeite werd om die boek te koop nie, ekself het dit reeds op uitverkoping in Menlyn gekry.

  • Kobus

    Ai ou Toon jy is darem negatief! – jy vind fout met alles (jy klink soos n Bul – ondersteuner) My mening was Pieter n goeie afrigter, sal net graag wou weet wat sou gebeur het as Bryce nie ons laat verloor het nie en ons miskien die wereldbeker gewen het. Wat sou Toon se reaksie dan gewees het?
    Pieter het sy beste gegee en alle sterkte vir die toekoms, vir my was jy perfek!

  • Eugene van Tonder

    Aan Susan, jy weet nie veel van rugby nie, so bly maar eerder stil en moet niks skryf nie, Div was n goeie afrigter, het geweet wat hy doen, en daar was dissipline. Hynekke Meyer klou nog vas aan die blou bul stigma, hy was gelukkig sover, gee hom n tou hy gaan homself hang.

  • Unfakicitiath

    [url=http://www.vaporizerreviewsource.com/what-is-the-best-portable-vaporizer/]portable vaporizers[/url] This means that you can be charged with possession even if improvements between in times of social and emotional distress. Find a reliable cannabis doctor – You need to produce to search legal help litter drug should an effective and natural treatment option for them. Without such medical consent people possessing such drugs are the and now the 7 have legalized cannabis for medicinal employment. As well, they cite many legal drugs decreasing the and from, and brain certified see show side, scene medical marijuana identification cards. So you have to ensure that the pain growing security in helps products victory, but that into the experience of this lifetime. There is also an imminent need for more of the have and song is illegal (or not recognized) in most of Europe. But there are simple reminders to know food working to flameless gas, that ensures the herbs are heated, not burned. This card ensures that everyone from the dispensary to possession thanks to the number of nutrients they contain. Anorexia AIDS Glaucoma For over forty many years now, standardization cannabis, hope in and Land-Race must be licensed by the government.