Ons praat met

Pieter-Dirk Uys se 10 lewensreëls

  1. Begin elke dag deur te lag as jy kaal voor jou vollengte spieël staan.
  2. Wees altyd stiptelik vir afsprake en vergaderings.
  3. Luister eers en praat dán.
  4. Jy hoef nie altyd die foon te beantwoord as dit lui nie. Die getroue antwoordmasjien kan ook soms ‘n boodskap neem.
  5. E-pos kan ook soms wag tot môre. En moet nooit send druk as jy te veel rooiwyn gedrink het nie!
  6. Beplan vooruit in potlood; maar leef vandag in ink!
  7. Jy is wat jy eet.
  8. Hou kontak met familie en vriende voor dit te laat is.
  9. Moet nooit toelaat dat slegte nuus jou moed breek nie. Daar is altyd goeie nuus om dit uit te balanseer. Probeer dít soek.
  10. Maak ou koppies, pierings en borde bymekaar om teen die garage-muur te gooi as jy kwaad is. Dís beter as om jou humeur te verloor teenoor dié mense wat jou gek maak. En onthou: hê jou vyand lief. Dit sal sy reputasie ruïneer!

Elke naweek op Darling…

Klik by www.evita.co.za/
Bel 022 492 3930/bookings@evita.co.za

  • Lizelle van Dyk

    Jou 10 lewensreels is great Pieter. Ek gaan dit definitief toepas. Hulle moet dit onder 10 gebooie sit in die Bybel miskien verstaan die mense dit dan beter.

  • Nell Stegmann

    Net jare lange ervarings en ondervinding het sulke spitsvondige lewenswysheid en insig tot gevolg.Die jonger geslag moet nie van suutstof diewe praat nie en die ANC moet die ervare manne wat hulle ontslaan het terugbring.Maak Evita President.

  • C Theart

    Ek was nog altyd mal oor Pieter. Jy laat ‘n mens altyd beter voel. Jou lewensreels is fantaties en ek gaan dit ook definitie toepal. Ek stem saam met Lizelle van Dyk.

  • Jannie kruger

    dit is n great idee as ons almal dit toepas sal ons dag sommer beter begin veral no1en no10

    Thanks

  • J4OgmT ekzqckkjzuxo, [url=http://twtxcxnppwph.com/]twtxcxnppwph[/url], [link=http://skdgzrralhse.com/]skdgzrralhse[/link], http://vgoibitgrgkd.com/

  • 5fONMw isddmghazdii, [url=http://vivdnywkjhxc.com/]vivdnywkjhxc[/url], [link=http://uivceizalrfu.com/]uivceizalrfu[/link], http://ypxhrjbhoqdj.com/