FOTO: Fiona MacPherson

FOTO: Fiona MacPherson

Ons praat met

PJ Powers: ‘Ek is ’n oorwinnaar’

Nadat haar biografie, Here I am, verlede jaar uitgereik is, beplan die immergroen PJ Powers ’n gelyknamige dokumentêre rolprent, ’n kompilasie-CD van al haar treffers voor Kersfees en ’n tweede boek … Sy is terug – met mening!

Supersjiek en slank sit sy voor my en drink fyntjies haar koppie rooibostee met suurlemoen.

Penelope Jane Dunlop, beter bekend as PJ Powers, die bekroonde rock-ster van die jare tagtig, tóé met big hair, uitgewaste denims en pikswart oogomlyner, lyk nou eerder asof sy in ’n modetydskrif hoort. Met haar funky blonde haarstyl, swart mini en kouse, groen snyersbaadjie, parmantige rooi tekkies en keurige Afrika-bykomstig- hede laat sy ’n paar koppe in die koffieplek in Melville draai.

Haar oë blink, sy praat rustig en beskryf haarself as ’n oorwinnaar.

“Weens my drankverslawing het ek voor my ommeswaai alles verloor: my romantiese verhouding, vriende, huis, motor, werk – maar ek het intussen soveel bygekry.”

Sy is nou al ses jaar “skoon”. Op 9 Januarie 2009 het sy haar laaste drankie gedrink.

“Moenie vir my vra hoe ek dit weet nie, maar ek het volle vertroue dat my lewe enduit gaan uitwerk.”

Sy is deesdae besiger as ooit tevore. “Dit is moeilik om te sê hoekom. Om een of ander rede is ek die flavour of the month.”

Ek het nou die moed om te wees wie ek regtig is en beskou niks as vanselfsprekend nie.

- PJ Powers

“Drie maande gelede het ek ’n kontrak geteken by ’n digitale platemaatskappy en dié  infrastruktuur is goed vir my loopbaan.Ek leef in dankbaarheid.”

Verlede jaar is haar biografie, Here I Am, uitgereik. Dis geskryf deur die bekroonde joernalis Marianne Thamm.

Hierin draai PJ geen doekies om oor haar grootwordjare, verhoudings, vrese en verslawings nie. Die verloop van haar loopbaan word beskryf met die gewelddadige strominge van die Suid- Afrikaanse politiek in die jare tagtig en negentig op die agtergrond.

Die boek was ’n proses tot selfaan- vaarding – en het ook nuwe lewe in haar loopbaan geblaas. Daar is reeds ’n Here I Am-dokumentêr in die vooruitsig iewers in aanstaande jaar. “En wie weet, dalk ’n vollengte-rolprent waarin ek myself speel.”

Lees die volledige onderhoud in die November-uitgawe van SARIE – nou te koop!

sarie november sandra prinsloo tinarie van wyk loots nov sarie voorblad