164826_121194231282845_100001768057568_134375_7239721_n
Ons praat met

Platteland: Steve en Lianie verklap wat agter die skerms gebeur

Dinge op die Platteland is heeltemal omgekeer. Hanna en Steve is ‘n paartjie, Bok en Leanie wat gewoonlik sing is hoofakteurs en Sarie se styl-en sosiale redakteur is ‘n koerantfotograaf…

Kamera, ligte, aksie!

Die verfilming van die Afrikaanse rolprent; Platteland het Vrydag 9 Januarie 2011 in die Vrystaatse dorp; Vrede, begin. Platteland is die breinkind van Sean Else en Deon Opperman met ‘n  groep akteurs wat elke Afrikaner en sy alma-mater se aandag trek.

Platteland handel oor ‘n boervrou wat byna als verloor en van voor af op haar eie moet begin.

Die twee hoofrolle word deur Bok van Blerk en Leanie May vertolk. Daar is ‘n hele paar “sangers wat hulle lyf akteur hou” soos Steve op sy facebook-blad sê! (Behalwe vir die twee hoofrolle; Hofmeyr, Jay du Plessis, Vaughn Gardiner en Karlien van Jaarsveld) Hanna Grobler speel Steve se goldigger vrou. Sy sê in ‘n vorige onderhoud met sarie.com: “Ek het nog altyd goeie meisies gespeel, maar dié keer is dit glad nie die geval nie!”

Izak Davel  sê oor die prent op sy Facebook-bladsy: “…eks op die stel van die nuwe fliek Plattelanders vandag. Vroeg oggend al begin… dis baie exciting!”

Paul Luckhoff(wat ook in Stander verskyn het)Ivan Zimmerman (Koert Weideman van Egoli ) en Annette Engelbreght (Maggie van Tonder in Orkney Snork Nie) speel ook in Platteland.

(Kyk ook uit vir Sarie se styl-en sosiale redakteur, Fanie Cronje, wat ook in die rolprent verskyn.)

Agter-die-skerms

Aksie in die strate van Vrede
Op stel
Izak Davel en Ivan Zimmerman
Steve en Lianie
   
   

Steve en Lianie hou behoorlik dagboek van die verfilming op hulle facebook-blaaie: Lees hulle inskrywings  van die eerste paar dae van verfilming hier:

Lianie May sê op haar facebook-blad:

11 Januarie 2011

Ons is op Vrede, besig om te skiet aan die fliek Platteland, wat Junie vrygestel word!Gister my eerste scene gehad teenoor Steve Hofmeyr! Wat `n ongelooflike akteur en mens, ek was `n groot fan van Agter elke man, nou act ek teenoor hom, al die akteurs is great, die produksie span is great, Sean Else is great, wat `n voorreg om deel te kan wees van hierdie fliek! Ons is hier tot 31 Januarie! Hou julle op hoogte, lief jul xxx”

13 Januarie 2011

Het gister `n hele dag scene shoot gehad in die bank,in Vrede, daar was nie vrede nie…ha ha,baie spanningsvolle toneel gewees,heel dag,maar so die moeite werd met Steve, David Clatworthy,Andre Odendaal (ook ons great acting coach),Paul Luckhoff-almal legends,Izal Davel wat `n briljant scene,Ashley Saunders,Neels Clasen,Wynand van Vollenstee, great akteurs!Dankie ook aan tannie Kriek,Oom Japie,Johan Bothma en die ekstra’s vir jul bydrae!Ons waardeer dit so!Wat meer kan ek se, soveel wonderlike akteurs, great hardwerkende produksie span,make-up,wardrobe! Ongelooflike harde werk van Sean Else, kan nie wag vir die eindproduk! xxxxxx

14 Januarie 2011

Nog `n dag op stel van Platteland vandag,het `n toneel gehad teenoor Vaughn Gardiner (wat `n wonderlike entjie mens met baie talent) en julle sal nie glo `n toneel teenoor Maggie van Tonder van Orkney Snork nie (Annette Engelbreght), vir my – tannie Annette, so so voorreg, ek was `n groot Fan van Orkney Snork nie, sy is nog dieselfde, wonderlike talentvolle mens, ek kan nie glo ek ontmoet al hierdie legendes! More rehearsal heel dag, Sondag skiet ons toneel tussen my en Steve,ek leer so baie! Was altyd `n droom om te ‘act’! I am blessed! Lekker nagrus vir julle almal, lief jul.

15 Januarie 2011

More oggend vroeg opstaan, ja julle het reg geraai: make-up en hare eerste ding! Dan die toneel wat ons skiet tussen my Steve! Vir julle wat gevra het, die fliek se naam is Platteland wat Junie/Julie op die big screen sal begin wys, ons sal jul op hoogte hou! Lekker slapies almal…dankie vir een en elke boodskap, mooi wense en omgee en ondersteuning….dit beteken so so so baie! Lief julle xxx

Steve op sy Facebook-bladsy:

Dag een, Sondag 9 January 2011

Eerste dag op stel. Ek werk my vrek vanaf 05.30 tot 19.00. Op die foto kan jy vir Bok sien in die eerste toneel in ‘n fliek (teenoor my). Het al amper die hele Vrede ontmoet. Eks lus en leer hulle ‘n optog reel in protes reen hul eie padgate. Ek love die Vrystaat. More is dit ek, Liani en Jay, ook sy eerste fliek. Vroeg ini bed. x

Dag twee, Mandag 10 January 2011

 Dag twee dou voor dag. Een vitamine B inspuiting en ‘n taai toneel tussen myself en Jay (my seun). Ons sing ook saam. Hy’s ‘n sterk jong akteur. Sean direct soos ‘n skeepskaptein. O ja,daars ‘n leeu buite my slaap kamer.

Dag drie, Dinsdag 11 January 2011

Die dorpie Vrede is in rep & roer. Ons is in dag 3 met die verfilming van Plattelanders. Ek geniet my knorrige bad-ass rol baie, moes selfs gister pyp rook, maar dis ‘daai sangers wat hul lyf akteur hou’, wat jou asem gaan wegslaan. Jay, Liani & Bok, knap werk. Dis n mooi dorp die met mooi mense en opgedonnerde paaie. Ek reel sommer n optog. Ek plaas later fotos.  Tussen in lekker chats gehad met Ivan Zimmerman. Talentvolle man. Na more is ek 2 dae af. MOET Jhb toe om my seuns te gaan sien. Ek skiet hierdie fliek met brongitis onder lede. Dit maak alles moeiliker.

Dag 4:

Goeie ding ons skiet binnekant anders het Vrede se son ons gekou. Gister het ek saam met Paul Lukoff, Izak Davel & Lianie May binne ‘n bank gewerk. Ek moet so ses bladsye dialoog leer. Daar heers ‘n geweldige gees tussen almal. Jy weet as jy werk aan iets wat ‘n verskilgaan maak. Ek dink ek het al blad geskud met die helfte van Vrede. Die dorpenaars maak ons werk maklik. Drie dae af van vandag. Vrede sien my eers Sondag weer. Hier staan ek en Lianie reg vir aksie.

Dag 7:

Vroeg Sondag aksie in die strate van Vrede. So 70 extras was vandag hier om op en af te loop. Dis taai werk vir enkele sekondes op die skerm. Ek sien (en onthou) hoe die jonger akteurs nie kan wag vir aksie en jaag tonele nie. Harde maar goeie dag op stel. Dan terug jaag Jhn toe. Vanoggend Kaap toe vir die skip Walvisbaai toe. As jy my langs die pad kry, gee my ‘n Super C. Hier staan hy… Mike Ferreira. Bliksem van formaat.