FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Ons praat met

Portret van ’n pa: Reuben Riffel

Hy is een van ons topsjefs, en nou ’n MasterChef-beoordelaar. G’n wonder sy Latika (4) en Max (1) hou daarvan wanneer hul pappa garnale en pasta opdis nie… 

Wat wil jy graag vir jou kinders leer? 

Om in hulself te glo. Om barmhartig, nederig, geduldig en vriendelik te wees. Om te verstaan dat om te gee baie meer beteken as om te ontvang.

Jou grootste uitdaging as pa? 

Om as besige sjef altyd daar te probeer wees vir hulle.

Wat doen julle graag saam? 

Ons speel, teken, bou Lego-blokkies, swem. Ons kook ook soms saam. Latika geniet dit om te kook, Max hou van proe.

FOTO: Willem Lourens

FOTO: Willem Lourens

Is jy die sjef in die huis ook? 

Ek kook soms, maar my vrou, Maryke, is in beheer van die kombuis. Sy maak heerlike gesonde geregte. Sy’s ook ’n gekwalifiseerde sjef en maak beslis beter kos as ek!

Jou kinders se gunsteling-geregte? 

Latika hou van gebraaide garnale met aartappelslaai. Max is lief vir botterskorsie-pasta.

Wat is die belangrikste les wat jy geleer het oor ouerskap? 

Dat jy altyd konsekwent en ’n goeie voorbeeld moet wees.

Wat doen Max wat jou laat lag?

Ek hou van sy vyftand-laggie. Hy lyk snaaks maar altyd so gelukkig.

Watter eienskap het jou kinders van jou geërf? 

Hulle hou van lag.

En wat moes hulle eerder nie erf nie? 

Hulle het my humeur.

Watter vyf woorde beskryf jou kroos die beste? 

Energiek, gelukkig, liefdevol, spontaan en eerlik.

• Reuben is ook ’n ambassadeur vir Samsung SA Foto geneem by La Bourgogne-plaas, tel. 021 876 3245