quinnie
Ons praat met

EKSKLUSIEF! Quinne Brown (Connie van 7de Laan) gaan ma word!

“Ek gaan ouma word! Is dit nie fantasties nie?” vertel Salome Brown opgewonde oor haar dogter Quinne Brown se swangerskap.

Quinne was vyf jaar bekend vir haar rol as Connie in 7de Laan en woon nou in San Francisco. Sy het die sepie in 2004 verlaat en sy is in 2006 met die Amerikaner Ryan Huffman getroud.

Sy het reeds daar in 12 kortflieks gespeel en geniet dit om ook teksskrywer te wees en regie te doen.

Sy het ook, soos Connie, in Amerika as kelnerin gewerk en sy is nog so aktief soos voorheen. Sy behoort aan ‘n swemgroep wat gereeld in die see gaan swem en sy ry baie fiets. Sy en Ryan gaan stap ook graag.

Salome sê die baba word reeds in Maart verwag en dat Quinne eers verskeie mediese toetse laat doen het voor sy die aankondiging gemaak het.

“Dit gaan vir my baie swaar wees as my eerste kleinkind so ver van my af grootword, maar ek sal beslis vir die geboorte Amerika toe gaan.”

Quinne was aan die begin van die swangerskap bietjie naar, maar sy op drie maande fiks en gesond.

“Ek weet nie hoekom nie, maar ek voel aan dit gaan ‘n seuntjie wees. Quinne sal ‘n goeie ma vir ‘n seuntjie wees oor sy self so aktief is. As dit ‘n dogtertjie is, sal sy maar saam met haar ma moet fietsry en avonture aanpak”

Quinne het pas in ‘n kort kunsrolprent, This is Charlotte King, opgetree waarin sy ‘n meteoroloog speel wat ook mense op verskeie maniere gaan red.

“Ek kon in die kortfliek sien hoe my kind haar gate uit geniet hoog bo die lug in ‘n lugballon. En jy moet haar mooi Amerikaanse aksent hoor!”

Sy is dit eens dat Quinne en die aantreklike Amerikaner ‘n baie mooi baba gaan hê.

“Hulle is beide mal oor kinders en dis ongelooflik hoe hulle kinders soos ‘n trekpleister aantrek by ‘n geselligheid,” vertel die trotse toekomstige ouma.

* Lees meer oor Quinne se loopbaan in Amerika by http://www.quinnebrown.com/

* Kyk die kortfliek hier

Só het Quinne op &aposn 2005-SARIE-voorblad gelyk

 

  • rina

    Sy is ‘n mooi mensie

  • Corne Smith

    Sy is pragtig. Ek wens hulle ‘n gelukkige lewe saam met die bondeltjie liefde.

  • Johlene Agenbag

    Sy is ‘n natuurlike pragtige vrou en nou gaan sy eers blom met die vreugde wat oppad is.