harry_chelsy
Ons praat met

Wie gaan aan Prins Harry se sy wees by sy broer se troue?

Sy eks-meisie, Chelsy Davy! Die tydskrif, Hello!, voorspel ‘n versoening tussen Prins Harry en sy vorige liefde, Chelsy Davy, ná hy blykbaar vir Chelsy genooi het om hom na Prins William en Kate Middleton se troue te vergesel.

Dié twee kuier volgens gerugte weer oor en weer, en maak selfs Kersfeesplanne saam. ‘n Vriendin van Chelsy het glo aan die Daily Mail gesê Chelsy het Kate gelukgewens en dat sy baie opgewonde oor die troue is. Al Chelsy se vriendinne voorspel dat sy wél saam met Harry by die “Troue van die Jaar” sal wees.

Bron: hellomagazine.com