Ons praat met

Randall Abrahams (van Idols) se hartsdinge

“My vrou, Gabriella. Wat meer kan ek sê?”
Sy ander liefdes is …

Talulah, die "cross-pom"

Paul Smith-loafers

The Trash Can Sinatras

My hond, Talulah.
Gabby het haar vir
my by die DBV gekry.
Sy’s ’n “cross-pom”
volgens haar rekords.
Maar in my oë is sy
net ’n (nie te) stout,
bedorwe, spesiale
hond en ek is baie lief
vir haar.
Paul Smith-loafers.
Ek is gek na
skoene. ’n Goeie paar
is baie meer stylvol
as ’n kledingstuk wat
vinnig uit die mode
gaan.

The Trash Can Sinatras –
Obscurity Knocks E.P.

Dis ’n voorbeeld
van my passie vir
plate versamel.
Ek het die liedjie
vaagweg onthou uit
my dae as omroeper
by UCT Radio. Ek het
die web gefynkam om uit
te vind wat dit was en
dit toe opgespoor
by ’n tweedehands-
musiekwinkel
in Kaapstad. Dis selfs beter
as wat ek onthou het!

North Face-baadjie.
Dit word koud in Jozi!
Lenco-draaitafel.
Ek hou baie van
opgeneemde musiek,
veral viniel.
Ek het 2 Lenco
L75-draaitafels oorgebou
met ’n voetstuk gemaak
deur Hein Havenga @ SoundStructures.

The Elegant Universe
deur Brian Greene.

Die fassinerendste en betowerendste
boek wat ek nóg gelees het.

The Cold Six Thousand
deur James Ellroy.

Die tweede episode van sy
weergawe van gebeurtenisse
in Amerika tydens die 60’s.
Fiksie, maar waarskynlik baie
na aan die waarheid.

Singapoer. Ek het al Maleisië,
Thailand en Hongkong besoek.
Daar is soveel skatte. En ek moet
binnekort Japan en China toe
gaan! Maar die stadskind wat ek
is, was mal oor Singapoer.
Bruce Springsteen-kaartjies.
Ek het The Boss op die verhoog gesien.
En op 3 verskillende toere – ’n
ongelooflike kunstenaar!