riana_cover
Ons praat met

Riana Nel gesels oor haar mooimaak-roetine én haar troue!

Riana Nel ken optree en toer alte goed. Maar sy sê elke optrede is steeds vir haar opwindend! Sy kom ook vinnig agter dat sekere dinge nie op die verhoog werk nie. “Deesdae probeer ek vir die pret rooi lippe dra, maar dit smeer aan die mikrofoon af en druk dan patroontjies op my ken!”

Sy was die afgelope naweek in Windhoek, haar geboortedorp, vir die AKTV-Pluimpies se toekenningseremonie. Gewoonlik sal haar ontwerper, Anel Botha, haar vergesel en help om haar rok toe te rits of vas te ryg, maar dié keer moes Riana se pa dié rol vervul.

Riana en haar pa

“Dit was vrek snaaks! Hy was my date in die warmer as warm Windhoek! Wat ’n handsome date was hy nie!”

Maar op haar troudag “in die middel van nêrens” gaan Anel Botha en haar 8 bruidsmeisies vir Riana  aantrek.

Riana is verloof aan die Pretoriase sakeman Cornel de Beer.

Haar eerste sekulêre album, Die moeite werd, wat sy twee jaar gelede uitgegee het, het dubbele platinumstatus bereik. Vóór dit het haar gospel-albums en optredes haar in die plaaslike musiekbedryf gevestig.

Sy het ook onlangs ’n duet, “Eens in ’n leeftyd”, saam met Bobby van Jaarsveld opgeneem vir sy nuutste album, Wat geld nie kan koop nie. Sy het dié proses baie geniet. “Hy is pret en ek geniet hom! Ons het respek vir mekaar en ek leer baie! Dit was ’n eer om saam met hom te werk!”

Riana en Bobby

En as alles goed gaan, is haar tweede sekulêre album teen die einde van die jaar op die rakke! “Ek skryf dat dit bars, maar julle sal moet sien!” sê dié verloofde sangeres, want daar sal ’n troue en ’n honeymoon ook nog moet inpas!

Riana is ook vir drie Ghoema-toekennings benoem: Beste Vroulike Kunstenaar, Liedjie van die Jaar en Beste Musiekvideo. Jy kan vir haar stem!

HOE STEM JY?

‘n SMS kos R 1.50 elk en daar is ‘n beperking van net 20 stemme per kategorie per unieke selnommer; SMS SLEGS die kode (bv. A6) na 41 808 en nie die kunstenaar se naam nie. Die wenners word Sondag 14 April 2013 by Carnival City se BIG TOP ARENA bekend gemaak.

Lees HIER die volledige lys van benoemdes en die kode wat jy kan SMS.

Hieronder is ‘n deel uit Riana en Bobby se duet, ‘Eens in ‘n leeftyd':