Ons praat met

Robbie Wessels se nuwe TV-rol

Jy’s een van die dae te sien in die rol van die bemarkingsbestuurder Adam in Getroud met rugby. Was dit lekker om weer voor die kamera te wees?
Yes, dit was ‘n amazing experience om saam met die Getroud met rugby-span te werk. Ek het my karakter en die mense baie geniet.

Is Adam ‘n moeilikheidmaker of ‘n goeie ou?

Adam is ‘n baie lojale, hardwerkende en slim sakeman met baie ondervinding in die sakewêreld.

So jy gaan nie skrum of pale toe skop nie?
Nope, Adam is nie baie sportief nie, want hy kan nie meer so goed sien nie. So nee, hy’t op skool al sy rugbytokse opgehang.

Raak Adam verlief op een van die vrouekarakters?
Ja, hy raak verlief op … Ek dink nie ek moet al die geheim uitlap nie, maar hy raak wel verlief.

Is daar enige ander TV-rolle vir jou in die vooruitsig?
Nie op die oomblik nie. My laaste een was die rol van Manie Mol in die fliek 100 meter leeuloop.

Terug by Robbie. Hoe gaan dit met jou CD Kaalvoet?
Dit gaan goed met Kaalvoet. My aandag was nou baie by Getroud met rugby en die movie, maar ek doen weer ‘n lekker paar shows die jaar om my nuwe songs te promote.

Wanneer sien ons 100 meter leeuloop op die grootskerm?
Binnekort. Dit begin middel September rond en is komedie vir die hele gesin.

  • Henda Gous

    Mooi so, Robbie!( my kleinseun kan nie "Robbie Wessels"

    sê nie – hy sê: " Robbie Wedstryd") Ek is baie bly vir Theuns Jordaan se groot sukses – ons het so lanklaas iets nuuts van hom gehoor. Doet so voort!