sr1112pryslose_geskenke_6_
Ons praat met

Rocco de Viliers se grootste geskenk

“My grootste geskenk die afgelope jaar is in drie paaiemente aan my oorhandig. Al drie was
telefoonoproepe.

“Die eerste was toe tannie Mona du Plessis, my eerste klavier-juffrou, my een aand uit die bloute op my selfoon bel, net om te gesels. En dít nadat ek haar 30 jaar laas gesien of van haar gehoor het. Tannie Mona se grootste geskenk het sy my egter al 30 jaar gelede gegee toe sy my daaraan herinner het dat indien jou musiek mense kan move, dan het jy geslaag.

“Die tweede was ’n oproep van Christien de Klerk van EMI Musiek. Sy het my laat weet dat my
onlangse album, Beautiful, Beautiful Piano, goue status [verkope van meer as 20 000] behaal het. Dit is ongelooflik spesiaal, veral vir ’n instrumentalis. Vir lank het ek gevrees dat ek eendag ’n katalogus van 20 albums gaan nalaat waarvan net 100 eksemplare verkoop is. Nou weet ek dat mense my musiek by hul huise luister. En dis lekker om die nuus met almal te deel.

“Die laaste, grootste en mees emosionele foonoproep was van Rosalind Morris, ’n New Yorkse
filmvervaardiger en -regisseur. Sy het my meegedeel dat ek die gekose komponis is vir die klankbaan van ’n Amerikaanse fliek, Brewsie and Willie. Jare lank skryf ek al musiek vir Britse en Kanadese televisie. Maar dié een, ’n rolprent, is baie spesiaal.

“Die nuus sou nooit dieselfde krag en emosionele uitwerking op my gehad het as dit via e-pos,SMS, faks of selfs ’n brief gekom het nie. Dankie,Alexander Graham Bell!”

  • Lundie

    Hahaha – dis nou nice. Rocco – ek is mal oor jou nuutste CD! Hou so aan!
    :-)

  • Amelia Ireton

    sjoe maar hy lyk goed met sy kort hare, ek sny my man se hare ook kort met die knipper , hy se dit is baie awesome vir die somer :) lekker dag almal , julle bly maar tops !