sr0612skink11
Ons praat met

Rocco de Villiers: “Ek’s mal oor …”

Die pianis Rocco de Villiers, bekend vir die program Klop die Klawers op kykNET se show It takes 2 (tot Saterdag 31 Oktober by Theatre on the Bay in Kampsbaai), is besig om die wêreld op horings te neem. Hy tree van 5 tot 22 November ook daarin op by Montecasino in Johannesburg. Marguerite van Wyk het met hom gaan gesels oor al die dinge waaroor hy mál is in sy lewe . . .

Ek is mal oor . . . my Herbert Baker-huis in Johannesburg:

* My tuin, want dis inheems en het nie alewig water nodig nie.
* My groot geyser, want te danke daaraan kan ek lekker lank stort.
* My kunswerke, want hoe meer ek kyk, hoe meer wíl ek kyk.
* My kombuis, want dis klein, kompak en het alles behalwe ‘n louoond (laasgenoemde moet in elke huis verban word!)
* My nuwe Ralph Lauren-lakens, want ek het dit in New York, my gunsteling-stad in die wêreld, gekoop.

Ek is mal oor . . . my nuwe show:

* My kitaarspeler, want hy het tattoos!
* Die stel, want ek gaan dit daarna op my plaas in die Vrystaat as baie groot sambreel gebruik.
* Die tango’s – dit klink elke aand anders.
* Die opening van die show, want ek speel dit geblinddoek.

Ek is mal oor . . . my lewenstyl:

* My nuwe plaas in die Vrystaat, want dit gee my ‘n ruskans van die stad se gemors.
* Reis, want ek sien baie, koop baie, speel baie en drink baie cocktails.
* My kar, want dis groot, swart en ruim.
* My klavier, want dis groot, swart en lank.
* My persoonlike afrigter by die gimnasium, want hy laat my beter as die meeste mans in menopouse lyk.

Ek is mal oor my lewensmaat, die kunstenaar Clive van den Berg, want:

* Hy is slim, hou van paartie, maak lekker kos, maak mooi tuin, bring vir my tee in die bed.
* Hy bestuur altyd as ek ‘n hangover het.
* Hy laat my rustig voel en laat my vergeet van myself.
* Hy word glad nie beïndruk deur my famous vriende se ego’s nie.
* Hy is die onselfsugtigste persoon wat ek ken.

Ek is mal oor . . . Suid-Afrikaanse kookkuns:

* Malvapoeding, want dis lekker en forseer my om aan te hou oefen by die gimnasium
* Bobotie, want ek is verslaaf aan maalvleis en blatjang.

Ek is mal oor . . . die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidswêreld:

* Casper de Vries, want hy is die snaaksste mens in Suid-Afrika.
* Sibongile Khumalo, David Kramer en Laurika Rauch – hul publisiteit gaan oor hul werk en nie hul skandale nie. Ek respekteer dit.
* kykNET, want my nuwe TV-show, Klop die Klawers, is van die meeste fun wat ek nog ooit gehad het.
* My audience – ek kan steeds nie glo hulle kom terug om na my getokkel te kom luister nie.

* Klik ook by www.roccorocco.com

  • Helene

    Eks absoluut mal oor Rocco – hy toor met ‘n klavier, my tone krul sommer van lekkerkry!! Ekt’ sy show LibbeRocco by Monte Casino gaan kyk en dit wat tog oh so fabulous!! Kyk nou lekker vir hom op Klop die Klawers.

  • Suzett

    Rocco jy,t ‘n besondere talent ek wens ek was so bevoorreg om die klavier so te kan tokkel, geniet jou klavierspel en ook de passie waarmee jy lewe.

  • http://ryowznmnveap.com/ zorcapld

    5DEEMm ejbuoolpgiwr, [url=http://iecbwuegrubw.com/]iecbwuegrubw[/url], [link=http://tbhsqetvrxoe.com/]tbhsqetvrxoe[/link], http://bgsthfehjyzl.com/

  • http://fvlkfaqqiucn.com/ ayveyrlw

    da35Ro gxzooapnpygn, [url=http://dhezoukthagz.com/]dhezoukthagz[/url], [link=http://jcqjhiqwgmyg.com/]jcqjhiqwgmyg[/link], http://ppmxjitocugc.com/