FOTO: Marijke Willems

FOTO: Marijke Willems

Ons praat met

Rolanda Marais en Christia Visser oor hoe om dieselfde karakter te speel

In Ballade vir ’n enkeling het die Rolanda Marais en Christia Visser dieselfde rol vertolk. Hulle is in verskillende fases van hul loopbaan, maar hulle deel ’n intuïsie vir karakters.

ROLANDA

Hoe het jy en Christia saamgewerk om een karakter in Ballade te vertolk? Jy ouer, sy jonger.

Ons het bymekaargekom om oor Lena se karakter te gesels sodat daar raakpunte is – soos die manier hoe sy ’n verfkwas vashou, of hoe sy lag. Ek en Christia het baie dieselfde idees gehad en ek dink ons het dieselfde intuïsie vir karakters. My rol is net ’n donkerder weergawe as volwassene.

Jy is al die nuwe Anna-Mart van der Merwe genoem. Voel jy al jy het dit gemaak as aktrise?

Ek het geweldig baie respek vir haar en dis ’n eer om net in dieselfde sin genoem te word. Maar ek het nog nooit gedink ek het dit al gemaak nie. Ek is nou 37 en wonder elke keer of ek goed genoeg is, of die regisseur dink ek doen my werk reg. Ek dink ek gaan op my oudag steeds onseker oor myself voel. Maar die uitdaging hou dinge interessant.

GUNSTELINGE

Parfuum of rooi lipstiffie?

Ek is mal oor rooi lipstiffie, ek het 6 skakerings!

Lief vir soet of sout?

Soet. Maar eerder jellie-lekkers as sjokolade.

Oggend- of aandmens?

Oggend – ek is in ’n beter bui as ek vroeg opstaan.

DVD of fliekteater?

It’s always better on the big screen!

CHRISTIA

Hoe voel jy daaroor dat mense jou al die nuwe Rolanda genoem het?
Dis ’n groot kompliment. Sy is een van my gunsteling-aktrises, en toe ek haar leer ken het met Ballade, was sy nog plat op die aarde ook. Ek wil nie die nuwe sy wees nie, sy moet nêrens gaan nie!

GUNSTELINGE

Parfuum of rooi lipstiffie?

Parfuum – my gunsteling is Cool Water van Davidoff.

Lief vir soet of sout?

Albei! Biltong en sjokolade is my stapelvoedsel.

Oggend- of aandmens? Aand. Ek bly baie laat wakker.

DVD of fliekteater?

Hang af van my bui, maar ek geniet ’n braaitjie en DVD tuis.