Ons praat met

Rolanda verlief op regisseur van nuwe Afrikaanse fliek

En op ’n punt het sy besef sy’s oor daardie vreeslike hartseer (van al haar vorige gebroke verhoudings). “Ek het net gelukkig begin voel, vreeslik tevrede. Ek en my kietie, vroeg in die bed. Wanneer jy voel jy’s gek daaroor om op jou eie te wees, dán is jy reg vir ’n verhouding. En as daar iemand is wat net so in jou wêreld inpas, dan’s dit ’n bonus.”

Toe gebeur dit, toe skuif daar een so mooi netjies in haar wêreld in. “Hy’s die regisseur van Wolwedans in die skemer. Jozua Malherbe. Hy’s 30, so ek’s ’n cradle snatcher,” sê sy en lag. “Ons het op stel ontmoet en het totaal en al op ’n professionele vlak gewerk. Maar daar was so nou en dan sulke oomblikke, so ’n smile. En stadig maar seker ontwikkel daar toe so ’n ietsie.”

Sy trek haar bene op en haar voete krul oor mekaar van skaamheid, laat haar soos ’n klein dogtertjie lyk. “Maar omdat ek in die fliek was, het ek besluit niks gaan gebeur nie. Want dis daai tipiese cliché, die aktrise wat nou met die regisseur . . . Ek meen dis so embarrassing, ek skaam my eintlik dood. Ek skaam my dood dat ek verlief geraak het op die regisseur.” Sy lag hard, lekker.

“En ek kon my verkyk aan hom, ek het letterlik soos ’n verliefde na hom gestaar.” Hoe lyk hy? vra ek.

Tall, dark and handsome,” giggel sy asof dit ’n noodwendigheid is. “Nóg ’n cliché. Og, hy’s oulik. Hy’s baie, baie oulik.” Dan, asof rede skielik intree: “Maar dis nog baie vroeg, jy weet. Soos my ma altyd sê, tyd sal leer,” maak sy haar na in ’n hoogdrawende stem.

Tyd het sy nou baie. Om in die tuin te werk, met Charlotte (haar kat) te speel, en haar gunsteling-tydverdryf: om deur liefdadigheidswinkels te snuffel vir oulike goed vir haar klerekas en huis. “Soos my ma sal sê: ‘Oe, al hierdie junk. Oe nee, Sussie, gaan jy nou daai ding koop? Gaan jy nou daai ding in jou huis sit?’ Maar sy’s nou al gewoond daaraan, sy weet nou al dis my ding.”

Jozua Malherbe op stel van Wolwedans in die skemer

Jozua op die stel van Wolwedans in die skemer (bron: www.facebook.com/wolwedans)

Werksgewys het sy nog nie planne nie. “Ek wil myself net verryk, ek wil my siel weer vind, ek wil simpel goed doen en voel dis oukei. Ek moet leer om weer vreesloos te wees, soos toe ek jonger was, vóór Binneland. Ek moet dit terugkry.”

n Oomblik se twyfel, ’n oomblik se vrees. “Ek’s nou lekker grootbek, nè, want ek’s nog net twee weke uit die sepie . . .” Dan waai sy die onsekerheid weg.“Maar ek vertrou my vermoë en my talent; dat ek iets sal kry. Ek’s nuuskierig om te sien wat gaan word van my. Dis lekker, man. Ek hou daarvan om nie alles so uitgestippel te hê nie.” Ja, die tyd sal leer, soos haar ma sal sê. Maar vir nou, vir eers is sy net Rolanda Marais.

Sluit aan by Wolwedans in die skemer se Facebook-bladsy

Kyk die lokprent van Leon van Nierop se Wolwedans in die skemer


  • Susanna

    Jy mag miskien ‘n oulike mens wees, Rolanda (en mooi is jy verseker), maar van toneelspeel weet ek nie so mooi nie. In Binneland was jy nooit ‘n oortuigende karakter nie..jy het absoluut onnatuurlik opgetree…dit was net te "gemaak". Miskien as jy in ‘n fliek speel sal dit iets heel anders wees, maar ek twyfel al klaar of ek Wolwedans in die skemer wil sien…omdat jy daarin speel….jammer, dis my beskeie mening.

  • Annette Kruger

    Seker maar hoekom mense uniek is en smaak verskil. Ek is weer mal oor jou.

  • Die Frederick

    Susanna,
    Vertel vir ons oor jou misrabele bestaan en wanneer jy die see gaan inloop!

  • Louise

    Ai Susanna, wat se baat vind jy nou daarby om hierdie comment te maak. Kon jy maar nie net jou BESKEIE mening vir jouself gehou het nie. Meeste van ons kyk Binnelanders en weet nie hoe jy dink Rolanda is nie oortuigend nie. Soos jy gelukkig se dis JOU mening. Gelukkig het ander ook hulle menings en ons hoop Rolanda vat joune met ‘n knippie sout. Rolanda jy is stunning in alle opsigte.

  • Susanna

    Siestog Louisa en Frederick…is dit nou nodig om julle speelgoedjies uit julle kotjies te gooi omdat iemand nie saam met julle stem nie? Hoe oud is julle? Tien? Ek het my mening gegee en is ten volle geregtig daarop. Dankie Annette Kruger, dat jy volwasse en wys is om in te sien dat mense uniek is en dat SMAAK VERSKIL. Ek het hoeveel maal dieselfde sentiment met ander mense gedeel op FB wat ook so gevoel het…ek is dus nie die enigste een nie.

  • ELIZE

    Shoeeeee! Susanna, maar jy is omtrent GROEN. Wat doen jy vir n lewe? Het jy dalk probeer toneel speel en gefaal? As jy niks goeds het om te se nie: BLY DAN EERDER STIL!!!!

  • Retha Snyman

    Rolanda is sonder twyfel ‘n goeie aktrise. Nog meer belangrik, in die werklike lewe is sy aantreklik, vriendelik & sonder fieterjasies. Nogal ‘n skaars kombinasie deesdae.

  • Karin

    Mal oor haar manier van aantrek!

  • Essie

    Rolanda, Jy is pragtig! Jy KAN toneelspeel. Ek is mal oor jou in Binneland! Hou so aan meisiekind en moet jou nie aan die "suur druiwe" steur nie!