sr1010oornagster01
Ons praat met

Rudi Claase baie emosioneel

Almal sak blykbaar op hom toe vir kommentaar. Hy en sy Liefling-sangmaat Corlea tree vanaand (Wo 15 Sep) in die Durbanville ouditorium op, en hy probeer nou eers net op sy optredes fokus. Die storie het ‘n week terug in die media uitgelek dat Rudi op 8 Maart vanjaar met sy bestuurder, Stephen Stewart (28), getroud is.

In die nuutste SARIE (Oktober 2010) – wat vanaf Maandag 20 September te kry is – vertel Rudi en Corlea van hul groot deurbraak in die plaaslike musiekbedryf. 

Die name Rudi Claase en Corlea Botha is op almal se lippe. Albei hul CD’s, Ons lieflinge/Our darlings en Drome, het al platinum-status bereik (verkope van 40 000). Hulle blaas nuwe lewe in gunstelinge soos “Seemeeu” van Anneli van Rooyen, maar sing ook oorspronklike liedjies wat Rudi geskryf het. Hoewel hulle as sangpaar oornag bekend geword het, het hulle hul “skoolgeld betaal”, vertel Rudi.

“Ons het hard gewerk om te kom waar ons vandag is. Ek en Corlea het aan die een talentkompetisie na die ander deelgeneem. Kyk, gesing het ons gesing!”

* Oktober-SARIE vanaf Maandag 20 September te koop.

  • heila

    Rudi, miskien moes jy dalk net eerlik van die begin af gewees het met wat aangaan in jou lewe dan was al die hartseer/deurmekaarspul jou gespaar! Ons leef in n wereld waar ons gelukkig ons eie mens kan wees deur keuses wat ons maak – julle is pragtig saam of jy nou geskei is of nie… sterkte vorentoe (en ek het vandag, na ek alreeds gelees het van jou troue/egskeiding, julle cd gekoop en ek geniet jul musiek!)

  • deon hattingh

    Wat maak dit tog nou saak, los die mense se privaat lewens tog uit. Dit moet hel wees om so deur mense bespreek te word. Hul is en bly pragtige mense, dit is hoog tyd dat ons aan mense se gevoelens dink.Werk eerder aan ons eie lewens en sien die "balke" in ons eie lewens raak. Ek en nog vele mense wens hul sterkte toe en sal hulle altyd ondersteun.

  • deon hattingh

    Wat maak dit tog nou saak, los die mense se privaat lewens tog uit. Dit moet hel wees om so deur mense bespreek te word. Hul is en bly pragtige mense, dit is hoog tyd dat ons aan mense se gevoelens dink.Werk eerder aan ons eie lewens en sien die "balke" in ons eie lewens raak. Ek en nog vele mense wens hul sterkte toe en sal hulle altyd ondersteun.

  • Karin Jacobs

    Rudi, hoekom is jy verplettered? Lig jou kop op. Jy is n wonderlike sanger en jou aanhangers is eenhonderd persent daar vir jou! Die feit dat jy getroud is, met wie ook al, het niks met jou talent te doen nie. As iemand kommentaar soek by jou vertel hulle dat jy gelukkig is en dat jy oor jou persoonlike lewe sal praat as jy hulle ook n paar persoonlike vrae mag vra. Ek vra hou – wat op aarde het jou getroude status met enigiemand te doen! (ek het amper n nie so mooi woordjie gebruik nie).
    Sterkte Rudi, ons is mal oor jou!

  • Kobie van Dyk

    Ek moet se hierdie nuus was nogal gouer as wat ek dit verwag het. Ek het altyd gedink Rudi is gay, maar dit is soos Karin se, wat het dit nou met sy talent as sanger te doen. Ons bly hier in Ghana en ek het altwee die sangpaar se CD’s saamgebring om te luister – lekker musiek as mens die huis so mis en verlang na jou mense daar.
    Om getroud te wees, is lekker, Rudi. Die lewe in alle opsigte het sy "ups and downs", maar dis jou eie persoonlike keuse hoe jy dit gaan leef. Glo, leef jou passie uit en geniet die lewe saam met jou lewensmaat. Moenie dat ander mense en skinderstories dit vir jou moeilik maak nie – dis nie die moeite werd nie!

  • Jeannie

    Ek voel ook los "Die Lieflinge/Our Darlings" uit! Wat elkeen in sy/haar privaat lewens doen, het niks met ander mense uit te waai nie! Hulle is suksesvol in hul loopbane en ek glo daar is mense wat verskriklik jaloers is daaroor. Gun asb elke mens `n plekkie in die son. `n Son wat deur God die Vader geskape is en nié deur mense nie! Onthou julle wat so skinder en klippe gooi – almal moet eendag voor die Regterstoel van God verskyn – om geoordeel te word en moenie dink as jy ander só beskinder het, dat jy vry gaan kom nie! Los in hemelsnaam net mense uit om hul lewens te leef hoe hulle wil, reg of verkeerd, wat het dit immers met julle te doen!

  • Sarena

    Ongelukkig het jy nou weereens baie duur skoolgeld betaal. Soveel baie bekendes voor jou het al hierdie stel afgetrap en dis jammer jy moes nou ook deur hierdie meul gaan. Sterkte vortentoe en ek hoop jy kan ‘n bietjie wegbreek vir ‘n paar dae om weer heel te word.

  • Stellie

    Hoekom is jy verpletterd? Kry jy dalk skaam oor wat jy gedoen het en wat steek jy nog weg? Jy het ‘n keuse gemaak en moet daarmee saamleef. Hoekom nou in so ‘n toestand wees? Wees eerder eerlik die 1ste keer – dit sal jou help om die goeie beeld wat jy probeer bou te behou.

  • BEWONDERAAR

    HOEKOM PLA DIT HOM SO HOEKOM DIE DEPRESSIE IS DIT NIE DALK DIE SPYT DAT HY DIE VERKEERDE BESLUITE IN SY LEWE GEMAAK HET NIE EN DALK VOOR DIE VADER SKAAM KRY DIT IS MOS 100% ALTYD DIE OORSAAK VAN DEPRESSIE EN SWAARMOEDIGHEID DIE BESEF DAT JY VERKEERD GEMAAK HET. RUDI MY KIND DINK OF DIT DIE REGTE PLEK IS WAAR JY WIL WEES EK IS OOK VIR BAIE JARE ‘N DEPRESSIE LEIER EN DEUR BAIE DIEP WATERS DAAROM KAN EK PRAAT WANT EK HET INTROSPEKSIE GEHAD MOES BAIE DIEP DELF OM DIE WAARHEID AGTER DIE WAARHEID TE KOM IS DIT REG WAT JY NOU GEDOEN HET. EK DINK NIE DIE MENSE SAL NEERSIEN OP DIE MUSIEK EN SANG WAT JULLE BIED NIE WANT DIT IS GEMAAK UIT DIE HEMEL MY KIND EN VRIEND IN CHRISTUS GAAN OP JOU KNIEE EN LAAT DIE HEMELSE VADER JOU UIT HIERDIE DONKERTE LEI LIEFDE IN CHRISTUS JULLE BEWONDERAAR

  • Maretha

    mense kom by. Dis sy keuse. Ons het niks met hul privaat lewe te doen nie. Gaan soek die geraamtes in julle kas en los Rudi uit.. Hy en corlea is ‘n wonderlike sangpaar en dis al wat vir ons moet sak maak. Mag hulle nog lank saam sing en Rudi jy is en bly ‘n talentvolle mens. Doen so voort

  • Anton

    Hallo Rudi

    Moet jou asseblief nie steur aan die gene wat nie n lewe het nie….jy het n LEWE en geniet dit saam met Stephen dis jul lewe!!!!!
    Ons is trots op jou en dit wat jy bereik het hou jou kop hoog jy hoef niks aan niemand te verduidelik nie!
    Sterkte!!!

  • Christa

    Rudi jou persoonlike lewe het absoluut niks met die publiek te doen nie. Jy het ‘n "awesome" talent en moenie dit weggooi a.g.v die selfgesentreerde Afrikaners nie. Ek "love" jul musiek.

  • Sylvia

    Rudi jou privaat lewe is jou eie niks te doen met my of enige iemand nie moenie met die media praat nie jy gaan net nog meer ongelukkig wees oor al die los praatjies. Bring vir ons binnekort ‘n nuwe CD uit maar uit jou pen dat jy en Corlea ons kan vermaak met al julle liefde en sang julle is beautifull ek is baie lief vir julle twee en sal altyd julle CD’s koop. Hou jou kop omhoog

  • Luciene

    Hoe het hy dan gedink gaan dit ‘n geheim bly as hy in ‘n opebare hof trou. Ek het niks teen gays, en gay regte nie, maar regtig, dit was nie baie slim gewees nie. Het hy dan gedink dit sou ‘n geheim bly??

  • ELBEL

    Ruda, kom oor jouself. Jy is die enigste een wat ‘n bohaai oor niks maak nie, of gebruik jy dit vir media aandag? Hou op en gaan aan met jou lewe, soos die res van die mense op die planeet.

  • Kobus

    Mense se oppinie beteken niks – GOD – DIE SKEPPER VAN DIE HEELAL het duidelike voorskrifte rakende hierdie aangeleentheid.Dit is te vinde in ‘n boek genaamd die Bybel.(Kyk veral oorspronklike 1933 vertaling)

  • henk

    adam en eva het ook weggekruip maar dit het nie gehelp nie. as jy nonsens aanvang het dit die gawe om jou in te haal.

  • Klara

    Rudi het sy geld gemaak uit die hoofsaaklik konserwatiewe Afrikaner, deur te maak asof hy heteroseksueel is, en liedjies saam met Corlea gesing asof sy sy droomvrou is. Ek moet sê, as lid van die publiek voel ek bietjie teleurgesteld in Rudi dat hy nou "geskok" is en nie vroeër met die waarheid vorendag gekom het nie. Hoekom sing hy nie eerder vir ‘n man nie? Hoekom nie eerder hand-aan-hand met ‘n man op die strand stap en hom omhels nie? Dit sal dan mos die waarheid wees. As Rudi homself wil wees, moet hy heeltemal uit die kas klim en nie ter wille van misleiding en geld sy seksuele keuse probeer wegsteek nie.

  • Satiros

    Wat verskriklik vernederend moet wees vir die arme man met wie hy getroud is, is die vraagstuk oor waar hy dan nou eintlik sou inpas as die leuen nie uitgekom het nie? Of sou hy net so lekker saam die geld uit die bedrogsul bestee het? Bedrog bly bedrog, of jy nou die kunstenaar se privaatlewe en sy werk van mekaar kan skei of nie. Hierdie ou het sy "dubbele" privaatlewe in die kollig gebring en voorgehou as deel van sy werk. Net maak nie net van hom ‘n uiterse (en dom!) bedrieër, maar ook ‘n bedrieër van ‘n "kunstenaar"

  • Arina Schloms

    Ek het, nadat ek dit lank terug gehoor het dat Rudo GAY is, vir my kinders gesê, "Wel, hy mag Gay wees, maar met sy Godgegewe talent roer hy ons almal se hartsnare!!! Ons is steeds mal oor jou/julle en sal jul altyd ondersteun. Elke mens het keuses in die lewe, en op die ou end van die dag, moet jy kan saamleef met jou besluit! (Ek moet sê, "what a whaste"!!)

    Mag jul sangloopbaan van krag tot krag gaan!

  • Carika

    Kom nou mense. Hou op oordeel. Genade los die man uit. Wat hy in sy privaat lewe doen het niks met niemand te doen. Hoe sal julle voel as julle ou klein sondetjies so aan die klok gehang word. Onthou net ook….. die Bybel se baie baie duidelik dat ons nie mag oordeel nie. Iemand wat nie weet nie sal nie verstaan nie. Dis oor hierdie konserwatiewe veroordeling wat hy dalk reeds nie uit die kas geklim het nie. Toemaar Rudi, more het hulle weer iemand anders se foute om oor te veroordeel.

  • Ella

    Wie gedink het Rudi is NIE gay nie, gaan seker met oogklappe deur die wêreld. Dit het egter niks te doen met sy talente nie, waarom ‘n bohaai daaroor opskop? Het almal nie maar net AANGENEEM dat hulle ‘n paartjie is nie? Om saam liefdesliede te sing, beteken nie dat enige kunstenaar in ‘n verhouding met sy sangmaat is nie. Ek dink Rudi maak self te veel van ‘n ophef hieroor, dit maak geen verskil aan sy aanhangers nie.

  • Wilma Schutte

    Ag asseblief Rudi, hou op om martelaar te speel! Die waarheid kom een of ander tyd uit. Dit sou baie makliker gewees het as jy van die begin af eerlik was. Of het jy gedink mense gaan met oogklappe deur die lewe? Dis buitendien glad nie so erg nie, wie gee om wat jy in jou privaat lewe doen?

  • Ina

    Julle mense is belaglik. Daar was nooit enige teken dat hulle ‘n couple is nie. Dit is ook duidelik deur hulle self gese. Hoekom probeer om mense se loopbane te bederf. Rudi het n talent wat mense net oor kan droom en hy moet dit aanhou uitleef. Rudi, jy moet net aangaan met wat jy doen en raak dikvellig, soos steve. Kort voor lank kry hulle weer iemand anders beet. Voorspoed vir julle.

  • http://bogmwxuaxuii.com/ oecfvj

    5kv9nv nclyilkxxlkw, [url=http://rftvpbmbcomj.com/]rftvpbmbcomj[/url], [link=http://vhsryzjfliey.com/]vhsryzjfliey[/link], http://nseqsypdcgxc.com/

  • Paula

    Ek sal altyd Rudi ondersteun. Ek is Engels en is mal oor sy musiek saam Corlea.
    Ignoreer die mense, daar is baie meer van jou fans wat julle lief het.. no matter what.

    Ek wens julle wil in Ladysmith KZN kom.

  • Jeanette Dickens

    Rudi daar is niks om jou kop voor te laat sak nie. Lig jou kop op en sing vir ons want jou musiek is fantasies. Mense wat in glashuise bly wil altyd klippe gooi. Wag vir jou volgende cd. Voorspoed vorentoe.

  • Liana vd Westhuizen

    Rudi, jy is ‘n wenner SAAM met Corlea. ‘n Pragtige stem wat so mooi met haar stem harmonieer. Vergewe my, maar vir my is Corlea se stem die uitsonderlike stem. Gaan gerus aan met jou sangloopbaan. poog om jou privaat lewe so ver as moontlik uit die kollig te hou is my raad aan jou. Jou lewe is nie die soort wat ek graag aan my kinders as voorbeeld wil voorhou nie, maar jou pragtige talent is wel ‘n motivering. Sterkte vir die toekoms … Corlea, ek kan nie wag vir jou volgende CD nie!

  • Andre Du Plessis

    Rudi&Corlea daar kom n tyd in n mens se lewe wanneer jy getoets word en dan voorbereid daar voor moet wees.Ek bestudeer al 18 jaar mense, niemand is volmaak nie daarom kry n mens die struikel blok in jou lewe en dit maak jou n sukses om die waardes van die lewe in te neem, die Here het die antwoord vra hom net, mense gooi nou dalk klippies die oordeels dag kom, dan moet daar verduidelik word.Julle storie is soos die velore seun in die bybel waar daar n wil is is daar n weg.Maak nie saak wat gebeur het nie n storie het n mooi einde dis wat julle twee daarvan gaan maak, julle is 13 jaar al friende dis n volmaakte kring van kosbare liefde. So asseblief vat net hande. Daar sal n tyd kom ons gaan ontmoet daar sal n verandering wees.

  • Magda vd Merwe

    Rudi en Corlea Pas by mekaar! Ek bid dat vergifnis moontlik is en dat hulle weer saam ons lieflinge sal wees. Hierdie breuk is net satan se werk! Lief julle. Magda. 31 maart 2011