Ons praat met

Ryk Neethling: ‘Ek’s net ‘n boerseun van Bloem’

Hoe patrioties is jy?

Ek is al R50 miljoen aangebied
 om vir ’n ander land te swem. Ek
 het nee gesê.

Hoe het jy jouself gemotiveer
 op die dae dat jy net nie wou 
swem nie?

Opgestaan en dit eenvoudig gedoen. Dis op sulke dae dat kampioene gekweek word.

Jy is ’n voorstander van naskoolse opleiding, ook vir sportmanne.

Ja, Cameron van der Burgh het al vir my gesê hy
 is verveeld met die rekeningkunde wat hy swot. Toe sê ek vir hom ’n sportloopbaan is so kort, jy moet iets anders hê. Deur te studeer leer jy ook om jou loopbaan – én lewe – veel beter te bestuur.

Jy is Cameron se bestuurder,
 nie sy afrigter nie. Wat leer jy hom nog?

In die lig van [die gevalle helde] Lance Armstrong, Tiger Woods
en Oscar Pistorius leer ek hom om belangrike besluite te neem wat
 sy loopbaan kan beïnvloed. Soos
 hy sukses behaal, moet hy ook sy doelwitte aanpas. Ek leer hom ook om nooit oor sy teenstanders te praat nie en hoe om die publiek te hanteer. As jy bekend is, word elke ding wat jy doen, ontleed.

Hansie Cronjé, die voormalige SA krieketkaptein, het ook foute gemaak, maar hy was jóú held.

Ja, hy was ’n ongelooflike hero vir my. Ná sy dood is mense se monde so groot. Ek sou my dood geskaam het as ek ander so moes beswadder. Het hierdie mense self al iets noemenswaardigs bereik? Het
 hulle al self ’n span gelei?

Ryk Neethling

Lees die volledige onderhoud met Ryk Neethling in die Julie-uitgawe van SARIE. Nóú op die rakke!