fireshot_capture_203_tammy_farrell_i_ubuhle_ubuhle_com_profile_aspx_tammy_farrell_
Ons praat met

Ryk Neethling se meisie die nuwe gesig van Triumph

Sy antwoord ‘n paar vrae vir sarie.com:

Hoe voel dit om die nuwe gesig van Triumph-onderklere te wees?

“Ongelooflik! Ek is so opgewonde. Triumph is ‘n gevestigde handelsnaam in Suid-Afrika en om gekies te word as verteenwoordiger is ‘n wonderlike geleentheid.”
 
Wat sê Ryk (Neethling) van alles?

“Ek het mos vir jou gesê!” was sy antwoord. Ryk is baie bly vir my en is baie ondersteunend.
 
Hoe het jy en Ryk mekaar ontmoet?

“Ons het in die begin van die jaar by Val De Vie in die Paarl tydens ‘n polo-wedstryd ontmoet. Ryk is betrokke by die ontwikkeling daar en is ook besig om ‘n wyn te ontwikkel. Ons is voorgestel deur ‘n gemeenskaplike vriend en het sommer dadelik geclick.
 
Wat is jou skoonheidsroetine?

“Ek reinig en bevogtig elke oggend en aand my gesig, en gaan slaap nooit met grimering aan nie. Ek drink baie water en oefen gereeld.”
 
Wat is jou gunsteling-tydverdryf?

Ek is oor die algemeen baie besig, want ek werk en studeer gelyk. Ek studeer tans by die Universiteit van Kaapstad waar ek my nagraadse diploma in geoktrooieerde rekeningkunde doen, so naweke hou ek daarvan om uit te eet en ‘n bietjie te kuier. Ek is ook mal oor die buitelewe en draf gereeld in die berge of chill net op Kampsbaai se strand of in Pretoria saam met Ryk.
 
Wie is jou rolmodel?
 
Om eerlik te wees, ek het nie regtig een spesifieke rolmodel nie, maar wat ek in mense bewonder, is eerlikheid en hardwerkendheid. Mens kan so baie in die lewe bereik as jy jou kop daarop sit. Niks kom maklik nie, maar met harde werk kan jy amper enige doel bereik.
 
Wat is jou gunsteling-klerehandelsnaam?
 
Ek gaan deur sulke fases, maar op die oomblik is dit Country Road by Woolworths. Mens kry altyd iets daar, of dit nou ‘n gemaklike T-hemp is of ‘n cocktail-rokkie. Hulle het die mooiste klere.


Die geleentheid, The Beauty of Triumph, was by die elegante 15 on Orange Hotel in Kaapstad. Die beoordelaars was onder meer die huidige Triumph-skoonheid en Top Billing-aanbieder, Lyndall Jarvis, Randall Abrahams van Idols en 5FM-aanbieder, Poppy Ntshongwana.
 
Die ander 9 finaliste was: Hazel Joubert, Kerryn du Rand, Carol Makhathini, Marike Wessels, Aurelia Nxumalo, Kesiah Frank, Charne Jade Slee, Taryn Kim Cornelius en Ntombi Ngubane.

Kyk dié video van zimbio.com

 


  • Mercia Smith

    Sy is pragtig :0)

  • Sonja

    Sonja Baie Geluk ek weet nie wie is die mees bevooreg Ryk of Truimph,voorwaar n wennermet haar voete plat op die grond

  • Sonja

    Sonja Baie Geluk ek weet nie wie is die mees bevooreg Ryk of Truimph,voorwaar n wenner met haar voete plat op die grond

  • Sonja

    Sonja Baie Geluk ek weet nie wie is die mees bevooreg Ryk of Truimph,voorwaar n wenner met haar voete plat op die grond

  • http://ygpnvaopofgt.com/ mcbunaeedwl

    U6KVxF bcauafxluewf, [url=http://apesttjpvrke.com/]apesttjpvrke[/url], [link=http://xszqatcqazgx.com/]xszqatcqazgx[/link], http://wossubaoxeui.com/