Ons praat met

Ryk Neethling se voorspellings vir ons swemmers by die Statebondspele

Ryk Neething, Suid-Afrika se voormalige Olimpiese Swemmer, deesdae aan die stuur van sy swemakademie, die Ryk Neethling Swemskole Beperk, is sommer baie opgewonde oor die prestasies van die Suid-Afrika swemmers by die Statebondspele in New Delhi, Indië.
 
Oor Cameron van der Burgh, sê hy: “Hy is op die oomblik vierde in die wêreld en mik vir `n Olimpiese medalje. Ons dink nog nie als is honderd persent nie. Ons is sy bestuurder en daar is nog werk, maar ons is bly vir hom dat hy so goed vaar. Ek dink hy gaan vanaand in die 50 meter borsslag goud wen!“
 
Hy dink ook Wendy Trott gaan vanaand `n bronsmedalje losslaan.
 
“En dan is daar die nuwe swemsensasie Chad Le Clos wat nog nie so wyd bekend is in Suid-Afrika behalwe in swemkringe nie. Hy gaan nog groot dinge behaal. Waarskynlik `n bronsmedalje in die 200 m wisselslag.“
 
Ryk is ook baie trots op Gideon Louw, ook een van sy akademie se swemmers wat `n tweede plek in die 100 meter behaal het.
 
“Ons kan baie goed voel oor hoe ons swemmers vaar. Daar is nog `n paar mense wat hier by die huis gelos het, wat nog meer medaljes kon gewen het. Hier is baie goeie potensiaal…“